X

NUUs

 

Hoe werk dit?

 

Media-uitknipsels word uit die top-20 publikasies in Suid-Afrika versamel om mediadekking van beleidsonsekerheid te kwantifiseer. Hierdie uitknipsels word versamel deur 'n lys sleutelwoorde saam met die term "beleid" te identifiseer. Hierdie sleutelwoorde sluit in: inflasie, rand, belasting, staak- en protesaksies en grondwetlike wysigings.

 

'n Opname is onder 'n groep privaatsektor-ekonome in Suid-Afrika gedoen om hul "onsekerheid" te toets. Hulle is gevra of hulle dink die vlak van beleidsonsekerheid en onsekerheid vir oorsese beleggers, binnelandse beleggers en verbruikers het verhoog, verlaag, of dieselfde gebly.

 

Vyf en twintig ekonome het tot dusver anoniem deelgeneem en prof Raymond Parsons sê hulle is van plan om die groep in die toekoms te vergroot.

Die Skool vir Besigheid en Korporatiewe Bestuur het ook data van die Universiteit van Stellenbosch se Buro vir Ekonomiese Navorsing se data gebruik vir hul sakevertroue-indeks. Dié indeks bepaal die mate waartoe die politieke klimaat die doen van sake beperk.

 

Die gemiddeld van hierdie verskillende insette word gebruik om ’n totale Beleidsonsekerheidsindeks te bereken.

 

NWU meet beleidsonsekerheid

Die NWU se Skool vir Besigheid en Korporatiewe Bestuur en die Skool vir Ekonomie op die Potchefstroomkampus het 'n nuttige hulpmiddel ontwerp om die effek van besluitnemers se beleide in Suid-Afrika te meet.

Sedert die suksesvolle bekendstelling van die Beleidsonsekerheidsindeks (BOI) by 'n mediakonferensie wat in Februarie in Johannesburg gehou is, is drie kwartaallikse indeksverslae al gepubliseer.

 

Die doel van die BOI is om vir Suid-Afrikaanse besluitnemers riglyne te gee waarvolgens die gevolge van beleidsonsekerheid op die ekonomie beter verstaan en bestuur kan word. 'n Gesonde, florerende ekonomie strek tot voordeel van almal in die land en die BOI sal besluitnemers insig gee in hoe hul beleide die welstand van Suid-Afrika beïnvloed.

 

Prof Raymond Parsons van die Skool vir Besigheid en Korporatiewe Bestuur en leier van die BOI-span, sê die BOI is die eerste van sy soort vir Suid-Afrika. Dit val saam met 'n globale tendens wat reeds in Amerika, die Verenigde Koninkryk, Duitsland, Frankryk, Indië en China posgevat het.

 

Die geboorte van die BOI

 

“So te sê alle ekonomiese evaluerings wat oor die afgelope paar jaar gedoen is, assosieer die Suid-Afrikaanse ekonomie met beleidsonsekerheid,” sê Raymond. “Toe vra ek my af of dit moontlik sou wees om dit in 'n betroubare indeks op te neem wat vir die Suid-Afrikaanse konteks aangepas is.”

 

Hy het navorsing begin doen en internasionaal omtrent 'n dosyn indekse opgespoor. “Ons het toe – saam met die Skool vir Ekonomie – 'n taakspan saamgestel om 'n indeks spesifiek vir Suid-Afrika op te stel.”

 

 

Die suksesvolle bekendstelling van die Beleidsonsekerheidsindeks (BOI) by 'n mediakonferensie wat in Februarie vanjaar in Johannesburg gehou is.

Drie komponente van die indeks

 

Die Suid-Afrikaanse BOI het drie onderliggende komponente: nuusdekking van onsekerheid, vooraanstaande ekonome se menings oor die vlakke van beleidsonsekerheid, en insette van die Buro vir Ekonomiese Navorsing aan die Universiteit van Stellenbosch oor beleidsbeperkings ten opsigte van produsente se vermoë om sake te doen. 'n Voorlopige drumpel van 50 is ingestel. Enige verhoging bo 50 weerspieël groter beleidsonsekerheid, terwyl 'n verlaging onder 49 'n mindere mate van beleidsonsekerheid weerspieël.

 

Die waarde van BOI

 

Die BOI se waarde is geleë in die instrument se vermoë om mense se kollektiewe gevoel oor die beleidsomgewing oor 'n sekere tydperk te weerspieël. Suid-Afrika staar enorme uitdagings wat betref ekonomiese groei en ontwikkeling in die gesig wat slegs met behulp van 'n responsiewe, koherente beleidsraamwerk die hoof gebied sal kan word. Die BOI is goed geposisioneer om hierdie dringende imperatief te versterk.

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

KLIK

DEEL

<

>

Navigasie

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

mEER inLIGTING

Die Beleidsonsekerheidsindeks (BOI) is 'n gesamentlike projek van die NWU se Skool vir Besigheid en Korporatiewe Bestuur en die Skool vir Ekonomie op die Potchefstroomkampus. Prof Raymond Parsons (regs) van die Skool vir Besigheid en Korporatiewe Bestuur is die projekleier. By hom is prof Waldo Krugell van die Skool vir Ekonomie.

Klik hier om die jongste BOI vir 2016 se derde kwartaal te lees.

 

 

NWU & U  |

Sedert die suksesvolle bekendstelling van die Beleidsonsekerheidsindeks (BOI) by 'n mediakonferensie wat in Februarie in Johannesburg gehou is, is drie kwartaallikse indeksverslae al gepubliseer.

 

Die doel van die BOI is om vir Suid-Afrikaanse besluitnemers riglyne te gee waarvolgens die gevolge van beleidsonsekerheid op die ekonomie beter verstaan en bestuur kan word. 'n Gesonde, florerende ekonomie strek tot voordeel van almal in die land en die BOI sal besluitnemers insig gee in hoe hul beleide die welstand van Suid-Afrika beïnvloed.

 

Prof Raymond Parsons van die Skool vir Besigheid en Korporatiewe Bestuur en leier van die BOI-span, sê die BOI is die eerste van sy soort vir Suid-Afrika. Dit val saam met 'n globale tendens wat reeds in Amerika, die Verenigde Koninkryk, Duitsland, Frankryk, Indië en China posgevat het.

 

Die geboorte van die BOI

 

“So te sê alle ekonomiese evaluerings wat oor die afgelope paar jaar gedoen is, assosieer die Suid-Afrikaanse ekonomie met beleidsonsekerheid,” sê Raymond. “Toe vra ek my af of dit moontlik sou wees om dit in 'n betroubare indeks op te neem wat vir die Suid-Afrikaanse konteks aangepas is.”

 

Hy het navorsing begin doen en internasionaal omtrent 'n dosyn indekse opgespoor. “Ons het toe – saam met die Skool vir Ekonomie – 'n taakspan saamgestel om 'n indeks spesifiek vir Suid-Afrika op te stel.”

 

 

Die suksesvolle bekendstelling van die Beleidsonsekerheidsindeks (BOI) by 'n mediakonferensie wat in Februarie vanjaar in Johannesburg gehou is.

Drie komponente van die indeks

 

Die Suid-Afrikaanse BOI het drie onderliggende komponente: nuusdekking van onsekerheid, vooraanstaande ekonome se menings oor die vlakke van beleidsonsekerheid, en insette van die Buro vir Ekonomiese Navorsing aan die Universiteit van Stellenbosch oor beleidsbeperkings ten opsigte van produsente se vermoë om sake te doen. 'n Voorlopige drumpel van 50 is ingestel. Enige verhoging bo 50 weerspieël groter beleidsonsekerheid, terwyl 'n verlaging onder 49 'n mindere mate van beleidsonsekerheid weerspieël.

 

Die waarde van BOI

 

Die BOI se waarde is geleë in die instrument se vermoë om mense se kollektiewe gevoel oor die beleidsomgewing oor 'n sekere tydperk te weerspieël. Suid-Afrika staar enorme uitdagings wat betref ekonomiese groei en ontwikkeling in die gesig wat slegs met behulp van 'n responsiewe, koherente beleidsraamwerk die hoof gebied sal kan word. Die BOI is goed geposisioneer om hierdie dringende imperatief te versterk.

 

Inhoud

Voorblad

Wenners van die NWU se Alumni-toekennings is van links Karen Meiring (Toekenning vir Sakeleierskap), dr Tanya Robinson (Navorsingstoekenning), Yvonne Mfolo (Toekenning vir Gemeenskapsbetrokkenheid), dr Theuns Eloff (Leeftydprestasietoekenning), regter Frans Kgomo (Toekenning vir Openbare Dienslewering) en Kobie van Rensburg (Toekenning vir Kuns en Kultuur). Weens dringende verpligtinge kon die ander twee wenners, Shanté Bukes (Sporttoekenning) en prof Llewellyn van Zyl (Jong Alumnus-toekenning) nie die geleentheid bywoon nie. Hul toekennings is namens hulle ontvang.

X

INHOUD

INHOUD

NWU & U