X

nUUs

Mezzosopraan, Aobakwe Sehoole, as Marcellina in Le Nozzi di Figaro. Marcellina, ʼn huishoudster en voormalige goewernante, hoop om met Figaro te kan trou deur ʼn ou kontrak af te dwing waarin hy onderneem het om met haar te trou as hy nie die geld kan terugbetaal wat hy aan haar skuld nie.

Figaro (Stephen Schalkwyk) en sy aanstaande, Susanna (Thembinkosi Magagula).

Opera betower plaaslike gemeenskappe

Engelstemme van die NWU se Skool vir Musiek op die Potchefstroomkampus in samewerking met die Umculo-musiekprojek, die NWU-Koorakademie en Puk Kunste, het die gemeenskappe van Ikageng, Jouberton en Potchefstroom in September geboei met inspirerende opvoerings van Mozart se Le Nozze di Figaro (die huwelik van Figaro).

Die rolverdeling van 18 sangers wissel van eerstejaar- tot vierdejaarstudente. ʼn Kamerorkes onder leiding van André Oosthuizen het hulle begelei.

Dr Santisa Viljoen, dosent in toegepaste vokale studies, stempedagogie en koordirigering aan die Skool vir Musiek op die Potchefstroomkampus, sê die produksie was ekstra spesiaal omdat al die sangers NWU-studente is en die opera hulle ʼn geleentheid gebied het om hul uitsonderlike talente ten toon te stel.

Opera vir ’n wyer gehoor

Die eerste opvoering was op 11 September in die Konservatorium in Potchefstroom. Dit is gevolg deur opvoerings op 13 en 14 September in Ikageng, 15 September in Jouberton en 18 September in die Totiussaal op die Potchefstroomkampus.

Santisa sê die vokale departement van die Skool vir Musiek het ’n uitnodiging gerig aan die direkteur van die Umculo Opera Incubator en wêreldbekende tenoor, Kobie van Rensburg (wat ook een van vanjaar se ontvangers van die gesogte NWU-Alumnitoekennings is), en Shirley Apthorp, stigter van Umculo, om dosente en studente te help met voorbereiding vir die produksie. Umculo het gereël dat die befaamde Duitse verhoogregisseur, Robert Lehmeier, die regie behartig.

Figaro vir Suid-Afrikaanse konteks

Mozart se oorspronklike meesterstuk is’n komiese opera in vier bedrywe wat die 18de-eeuse verhaal vertel van Figaro en Susanna se troudag. Wanneer Figaro uitvind graaf Almaviva is besig is om flikkers te gooi by Susanna, maak hy planne om die graaf se hand in die as te slaan. Die storie ontvou met die graaf wat uiteindelik die stryd gewonne gee en ʼn dubbele bruilof wat gehou word.

Sarah Suping sing die rol van Susanna en Edwin Padosa die rol van graaf Almaviva.Die weergawe vir plaaslike gehore is spesiaal aangepas vir die Suid-Afrikaanse konteks. Die storie speel af in ’n township-kombuis eerder as Spanje. Die opera is ook verkort. Dit is steeds in Italiaans gesing, maar studente het met Robert Lehmeier, die regisseur, saamgewerk om toepaslike Engelse dialoog te skryf om die Italiaanse resitatiewe te vervang. (Resitatiewe is die musikale voordrag in die vertellende en dialoogdele van’n opera.)

“Om seker te maak dat jonger gehore hul opera-ervaring geniet, het Umculo ook interaktiewe werkswinkels vir skoolkore en belangstellende groepe in die gemeenskap aangebied,” sê Santisa. “Deelnemers is aan die wêreld van opera en Figaro bekendgestel sodat hulle maksimum waardering vir die opvoering kon hê.”

Sy sê hulle is baie trots op die produksie. “Ons het ʼn uiters beperkte begroting gehad en dit was harde werk, maar volgens die terugvoer van die gemeenskappe was dit beslis die moeite werd.”

DIE NWU & U

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

KLIK

DEEL

<

>

Navigasie

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

mEER inLIGTING

Meer oor Umculo

Die Umculo Opera Incubator se missie is om opera as kunsvorm te ontwikkel en versoening te bevorder deur opera na verskillende gemeenskappe te neem. Hulle het ʼn hele paar musiekproduksies en opvoedkundige geleenthede in onderontwikkelde Suid-Afrikaanse gemeenskappe geloods.

Kyk gerus na die dokumentêr, The Marriage of Figaro – bringing opera to the Ikageng community, deur hier te klik.

NWU & U  |

Inhoud

Voorblad

Wenners van die NWU se Alumni-toekennings is van links Karen Meiring (Toekenning vir Sakeleierskap), dr Tanya Robinson (Navorsingstoekenning), Yvonne Mfolo (Toekenning vir Gemeenskapsbetrokkenheid), dr Theuns Eloff (Leeftydprestasietoekenning), regter Frans Kgomo (Toekenning vir Openbare Dienslewering) en Kobie van Rensburg (Toekenning vir Kuns en Kultuur). Weens dringende verpligtinge kon die ander twee wenners, Shanté Bukes (Sporttoekenning) en prof Llewellyn van Zyl (Jong Alumnus-toekenning) nie die geleentheid bywoon nie. Hul toekennings is namens hulle ontvang.

X

INHOUD

NWU & U