REDAKSIONEEL

Prof Dan Kgwadi

Boodskap van die

visekanselier

Groete aan al ons alumni

 

Ons het die einde van die jaar bereik en dit is ’n gulde geleentheid om oor ons NWU-reis na te dink.

 

Ons het hierdie jaar op die konsolidering van strukturele veranderings gekonsentreer. Sodoende kon ons verseker dat ons ons strategie implementeer om te transformeer en om die NWU as unitêre instelling van voortreflike akademiese uitnemendheid met ’n verbintenis tot maatskaplike geregtigheid te posisioneer.

 

Ons het ook aandag gegee aan ons kultuurveranderingsprojek om te verseker dat ons ’n diverse en inklusiewe omgewing vir al ons personeellede en studente het.

 

Ons het ’n nuwe taalbeleid, en het hierdie jaar taalplanne vir fakulteite in plek gestel wat ons nou sal implementeer.

 

Die hersiening van ons taalbeleid was ook ’n belangrike strategiese inisiatief om te verseker dat ons ’n inklusiewe omgewing in en buite die klaskamer bevorder. Funksionele meertaligheid is ’n kardinale kenmerk van hierdie beleid – ons benadering is funksioneel en pragmaties.

 

Gedurende die volgende paar jaar gaan ons probeer om ons befondsingsbronne te diversifiseer sodat ons ons finansiële volhoubaarheid kan handhaaf.

 

Ons sal ook op ons digitale transformasie fokus, en verseker dat ons die ontwrigtende uitdagings wat deur die vierde industriële revolusie geskep word, in ag neem en daarop reageer. Die effek van hierdie ontluikende revolusie op ons besigheid sal beduidend wees en ons moet die voordele daarin soek om die NWU as leier te onderskei.

 

Sluit asseblief by ons aan op ons reis om ’n internasionaal-erkende universiteit in Afrika te word wat bekend is vir betrokke wetenskapsbeoefening, maatskaplike responsiwiteit en ’n sorgsaamheidsetiek.

 

Ek wens julle almal alles van die beste toe vir die somervakansie en moedig julle aan om in verbinding met ons te bly, om so ons toekomstige betrokkenheid te verryk.

 

Vriendelike groete,

 

 

 

Prof Dan Kgwadi

Visekanselier

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

NWU & U  |

NWU & U  |

NWU & U