ProfIELE

NWU-alumnus Sydwell Sihlangu het onlangs die 2019 Grassroots Innovation Programme-toekenning gewen.

 

In die kollig

 

Sydwell se sampioenprojek het by verskeie instellings erkenning ontvang, en het vir hom verskeie toekennings besorg:

 

  • 2019: ’n Toekenning van die Tegnologie-innoveringsagentskap se Grassroots Innovation Programme
  • 2018: Die NWU se Leopards Lair-kompetisie vir entrepreneurskap (tweede prys); die SAB-stigting se Social Innovation and Disability Empowerment-toekenning (finalis)
  • 2017: Noordwes se provinsiale jeugtoekenning in landbou (Provincial Youth Awards in Agriculture)

 

Hy is deur die Universiteit van Texas in Austin (VSA) in hulle Innovation Readiness Series Programme vereer, en het erelidmaatskapgoedkeuring van die Golden Key International Honour Society in Mahikeng ontvang.

 

Die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG), die Verenigde Nasies, die Europese Unie en die African, Caribbean and Pacific Group of States het hom genooi om werkswinkels aan te bied.

 

Hy het in die afgelope ses jaar meer as 30 boere van verskeie lande, insluitende Suid-Afrika, opgelei.

Sampioene: ’n snelgroeiende idee

Met een uit nege mense in die wêreld wat honger ly, kyk ’n NWU Mahikeng-alumnus na sampioene om voedselsekerheid te verhoog.

Volgens die 2019-uitgawe van die “Prevalence of undernourishment in the world”-verslag, wat op die Verenigde Nasies se Voedsel en Landbou-organisasie se webwerf bespreek word, ly meer as 820 miljoen mense regoor die wêreld honger. Daarmee in gedagte is die 34-jarige Sydwell Sihlangu vasbeslote om voedselsekerheid deur ’n innoverende sampioenprojek te verbeter.

 

Sydwell se sampioenprojek, wat aanvanklik deel van sy meestersgraadverhandeling was, het nou aan hom die Tegnologie-innoveringsagentskap se 2019 Grassroots Innovation Programme-toekenning (GIP-toekenning) besorg.

 

Die toekenning se ondersteuningspakket van R200 000 sal befondsing en ondersteuning verskaf vir sy laekoste-sampioenproduksietegnologie, bekend as die African Hut Mushroom Dome-innovering.

 

Hoe dit werk

 

Sydwell se projek behels die kweek van oestersampioene, wat gewoonlik in subtropiese streke groei, in die droë Mahikeng-gebied deur die oesreste van saaigewasse te benut.

 

Sy African Hut Mushroom Dome, wat vir kleinhoeweboere in halfdroëstreke geskik is, bestaan uit ’n bekostigbare beginnerpak vir die kweek van sampioene. Hierdie pakke sluit sampioenspore, produksiekamers (koepels) met bevogtigingseenhede, en opleidingsmateriaal vir die bemagtiging van die boere in.

 

Word ’n entrepreneur

 

“Ek is dankbaar dat my werk vir my ’n plek op verskeie platforms op die gebied van entrepreneurskap verseker het,” sê Sydwell, wat ’n BSc en ’n MSc in gewaswetenskap van die NWU het.

 

“Ek wil graag my mede-innoveerder, dr Khosi Ramachela van die vakgroep Gewaswetenskap op die kampus in Mahikeng, bedank dat hy in my werk geglo het. Ek is ook dankbaar vir die NWU waar ek my idees kon laat groei en ontwikkel.”

 

Sydwell en Khosi wil graag van die befondsing wat hulle reeds verkry het, asook van toekomstige befondsing, gebruik om hul projek te verfyn deur patenterings-, produkontwikkelings- en kommersialiseringsprosesse wat aan wêreldwye produkstandaarde voldoen.

 

“Dit sal sampioenkwekers in staat stel om die produk op enige plek in die wêreld as beginnerpak van kleinhandelaars se rakke af te koop,” sê Sydwell.

 

Sydwell, wat tans by die Universiteit van KwaZulu-Natal vir sy PhD in tuinboukunde ingeskryf is, ondersoek steeds die voordele van sampioene.

Sy doktorsgraadnavorsing gaan oor ’n medisinale sampioen, Ganoderma.

 

“Ek fokus daarop om met alternatiewe strategieë en oplossings vorendag te kom om chroniese siektes soos kanker en MIV te bestry deur hierdie sampioen te gebruik.”

 

Het julle geweet?

 

Sampioenproduksie word deur verskeie faktore beïnvloed, soos groeimedia en biochemiese faktore soos plantgroeihormone. Sydwell het die uitwerking ondersoek van verskillende plantsubstrate en groeihormone op die groei-eienskappe en voedingstofinhoud van oestersampioene in droë en halfdroë streke.

 

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

Sydwell demonstreer hoe die sampioenkoepels werk.

 

Meer oor Sydwell

 

Sydwell het ’n ver pad gekom, maar Jeppes Reef, ’n dorpie naby Malelane in Mpumalanga waar hy grootgeword het, is steeds sy tuiste.

 

NWU & U  |

NWU & U  |

NWU & U