NUUS

Die Welstandsfonds vir Regstudente is op 1 November by die jaareindfunksie van die Fakulteit Regte in Potchefstroom bekendgestel. Personeellede van die fakulteit wat die galadinee bywoon, is agter van links, prof Wian Erlank en prof Henk Klopper. Voor van links is Gabrielle Dewey en Rolien Roos.

’n Veiling van wyn en tekeninge, soos dié wat deur kinders in Noordwes gemaak is, was deel van die program tydens die Fakulteit Regte se galadinee. Die opbrengs van die veiling, asook van die verkope van toegangskaartjies vir die aand, sal na die welstandsfonds gaan.

 

Die direktoraat Studentelewe het ook op al die kampusse verskeie projekte vir behoeftige studente, byvoorbeeld die Meal-a-Day-projek.

 

Regsfakulteit loods welstandsfonds vir sy studente

Die lewe is moeilik vir studente wat nie behoorlike verblyf het nie, wat dikwels op ’n leë maag lesings moet bywoon, en wat moet studeer sonder die basiese akademiese middele om sukses te verseker.

Dit is die harde werklikheid vir meer studente regoor die land as wat ons mag dink.

 

Die NWU se Fakulteit Regte doen ’n beroep op besighede, alumni en lede van die gemeenskap om donasies te maak vir die Welstandsfonds vir Regstudente wat onlangs gestig is.

 

Die doel van die fonds is om die lewe ’n bietjie makliker te maak vir die kampusse se regstudente wat finansieel swaarkry, deur hulle met hulle buitekurrikulêre behoeftes te help.

 

Volgens uitvoerende dekaan prof Stephen de la Harpe, is die fonds gestig nadat die fakulteit ’n opname gemaak het deur studente oor hulle welstand en buitekurrikulêre behoeftes uit te vra.

 

’n Totaal van 243 studente het gereageer, van wie 77% gesê het dat hulle finansiële of hulpbronverwante uitdagings ervaar wat hulle welstand en studies negatief beïnvloed.

 

Die studente het aangedui hulle grootste bekommernisse is kos en kruideniersware, voorgeskrewe handboeke, verblyf, vervoer, drukkoste en IT-hulpmiddels (harde- sowel as sagteware).

 

Die fonds word bestuur deur ’n paneel akademici van die drie kampusse wat aan die uitvoerende dekaan rapporteer. Hulle skakel ook met die regstudente se raad.

 

Dis waaroor studente stres

 

So het van die studente gereageer op die anonieme opname waarin hulle oor hul welstand en behoeftes uitgevra is:

 

“Die ekstra finansiële stres trek my aandag van my studies af…  Dit sal lekker wees om een minder ding te hê om oor te stres.”

 

“As ek nie genoeg geld het om gereeld huis toe te gaan nie, raak my depressie erger en my algehele prestasie en gewilligheid om te studeer word minder.”

 

“Ek kan nie studeer wanneer ek honger is nie. Ek het energie nodig. Wat handboeke betref, doen ek swak omdat daar min boeke in die biblioteek wat mens huis toe kan neem.”

 

“Ek het net een paar tekkies, en ek weet nie vir wie om dit te sê nie. Ek kan nie vir my ouers sê nie; dit sal hulle net nog meer laat stres.”

 

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

 

Donateurs wat ’n skenking wil maak, kan die volgende bankbesonderhede gebruik:

 

NWU

Absa Bank

Rekeningnommer: 670640086

Takkode: 632005

Lopende rekening

Verwysingsnommer: 2B02499/naam van besigheid

 

Indien jy ’n Artikel 18A-belastingsertifikaat nodig het, laat ons asseblief weet by law@nwu.ac.za. Vir meer inligting oor die fonds, klik hier.

 

NWU & U  |

NWU & U  |

NWU & U