NUUs

Klik op die beeld hierbo om na die uitvoerings van ons uitstekende operasangers te luister.

Yolisa Ngwexana was ’n finalis in die oorkoepelende opera-kategorie. By haar is Prof Conroy Cupido, ’n dosent by die Skool vir Musiek.

 

“Ek is baie trots op ons studente en alumni se prestasies,” sê prof Santisa Viljoen.

 

“Hulle is uiters toegewyd en het talle struikelblokke oorkom. Ek weet hulle sal in die toekoms baie goed vaar.”

 

 

Student wen beurs

 

Op 12 en 13 Augustus het Lebogang Polori, Edwin Padosa, Lindiwe Lebakeng, Yolisa Ngwexana, Melusi Shandu en Samkelisiwe Sitshinga aan die Mimi Coertse-beurskompetisie deelgeneem. Uit die nege semifinaliste was ses van die NWU.

 

Drie studente is gekies om in die finaal te sing, waar Lebogang haar uitmuntendheid getoon het en as die ontvanger van die gesogte beurs gekies is.

 

Skool vir Musiek is noot vir noot die beste

Ses sangers van die NWU se Skool vir Musiek op die kampus in Potchefstroom het die beoordelaars betower tydens die sesde internasionale Voices of South Africa-sangkompetisie wat vanaf 21 tot 28 Julie in Kaapstad plaasgevind het.

Sangers Lebogang Polori (links) en Segomotso Shupinyaneng (regs) het besonder goed gevaar tydens die sesde internasionale Voices of South Africa-sangkompetisie. By hulle is prof Santisa Viljoen van die Skool vir Musiek.

Lebogang Polori geniet die geselskap van die ikoniese Suid-Afrikaanse operasangeres, Mimi Coertse.

Segomotso Shupinyaneng, Lebogang Polori, Yolisa Ngwexana, Stephen Schalkwyk en alumni Palesa Malieloa en Nombuso Ndlandla was onder die top-25 studente wat uit honderde aansoekers gekies is om aan die kompetisie deel te neem.

 

Op ʼn hoë noot

 

Die NWU-sangers het in twee kategorieë deelgeneem: die kunslied-kategorie en die opera-kategorie, wat deur dr Prince Sicelo Nkwanyana geborg is.

 

Nombuso, Stephen, Lebogang en Segomotso is as finaliste vir die kunslied-kategorie gekies. Yolisa, Stephen, Segomotso, Palesa en Lebogang was almal finaliste in die oorkoepelende opera-kategorie.

 

Die finale uitslae is beslis ’n pluimpie vir die Skool vir Musiek.Lebogang het met die eerste plek en Segomotso met ’n derde plek in die opera-kategorie weggestap.

 

Dit was egter nie al nie. In die kunslied-kategorie was Segomotso die wenner en Lebogang het tweede gekom.

 

Geen einde aan hierdie wenpad nie

 

Die Skool vir Musiek se wenpad eindig nie hier nie.

 

Op 17 Augustus het twee alumni van die Skool vir Musiek, Thembinkosi Magagula (’n voormalige student van prof Santisa Viljoen) en Palesa Malieloa (’n voormalige student van prof Conroy Cupido), aan die SAMRO- oorsese beurskompetisie vir sangers deelgeneem.

 

Nadat hulle as finaliste in die Westerse kunsmusiek-kategorie aangekondig is, het Palesa met die eerste plek en Thembinkosi met die tweede plek weggestap.

 

Thembinkosi studeer tans aan die Maastricht-konservatorium van die Zuyd Universiteit in Nederland, en Palesa by die Hochschule für Muzik und Tanz in Keulen, Duitsland.

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

 

Vat hande vir verandering

 

Die sesde internasionale Voices of South Africa-operasangkompetisie was ’n samewerkingsprojek tussen die Voices of South Africa Trust, ’n niewinsgewende organisasie wat deur die internasionaal-erkende sanger Njabulo Mdlala gestig is, en Umculo, ’n organisasie wat deur middel van musiek tot maatskaplike verandering in Suid-Afrika bydra.

 

Umculo is gestig deur Shirley Apthrop en die Songmaker’s Guild in Kaapstad, wat die uitvoering van kunsliedere in alle tale bevorder.

 

vorige

<

NWU & U  |

NWU & U  |

NWU & U