nUUs

 

Ons maskot, Eagi, verteenwoordig die handelsmerk-eienskappe van ʼn verenigde NWU.

 

Die arend het in talle kulture ’n positiewe betekenis. Dit verteenwoordig positiewe eienskappe wat perfek by die NWU se strategie en doelwitte pas. Dit sluit in sukses, ambisie, dapperheid, uitbreiding, nuwe lewe, leierskap en vryheid.

 

Eagi simboliseer ons toewyding om die lewe met kreatiwiteit aan te pak en uit te styg bo die res.

 

Hy verteenwoordig ook ons strewe om geleenthede te vind om uit te blink en voortdurend te verbeter.

 

Eagi vertel wat gebeur

Eagi, ons NWU-maskot, help julle om tred te hou met alles wat by die NWU gebeur. So, laat ons sonder meer na die nuuskamer toe gaan waar Eagi vir julle ’n oorsig sal gee.

Ons vertrou dat julle die volgende stories interessant sal vind:


Staatmaker deur die IFIP vereer

Dr Lynette Drevin, medeprofessor en vakhoof by die Skool vir Rekenaarwetenskap en Inligtingstelsels, het ’n IFIP-dienstoekenning ontvang. Dit was tydens die internasionale federasie vir inligtingsverwerking (International Federation for Information Processing) se algemene vergadering wat van 25 tot 28 Junie in Lissabon, Portugal gehou is.

 


Kommersialiseringspesialis ontvang gesogte toekenning

Senior kommersialiseringspesialis FR Bezuidenhout het onlangs die toekenning vir vroeë loopbaanuitnemendheid (die Early Career Excellence award) in innovasiebestuur van die Departement van Wetenskap en Innovasie en die Suider-Afrikaanse Navorsing en Innovasiebestuursvereniging ontvang. FR is van die Tegnologie-oordrag en Innovasie-ondersteuningskantoor.

 


Universiteit werk saam aan mentorskapprogram vir navorsers Die NWU en Mahidol

Prof Karl Peltzer en prof Supa Pengpid van die Mahidol Universiteit in Thailand het onlangs die kampus in Mahikeng besoek om as deel van die toekenning vir die Universiteitskapasiteitsontwikkelingsprogram akademiese en navorsingsmentorskap aan opkomende navorsers te verskaf.

 

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL


NWU-professor as regter in die Hoë Hof aangestel

Prof Elmarie van der Schyff van die Fakulteit Regte is as regter in die Gautengse afdeling van die Hoë Hof

aangestel nadat president Ramaphosa haar aanstelling hierdie week bekragtig het.

 


Die NWU se Maggie as Mev Afrika Internasionaal gekroon

Nadat Maggie Jasson van die Fakulteit Opvoedkunde onlangs teen 27 vroue in die Afrika-kompetisie te staan gekom het, is sy as Mev Afrika Internasionaal 2020 gekroon.

 


Studente pas radiobiologieteorie in die praktyk toe

Suid-Afrika het net een nasionale instelling met ’n radiobiologielaboratorium, en ’n mens kry nie aldag die geleentheid om dit te besoek nie.

 

Vir die BScHonns-studente van die Sentrum vir Toegepaste Stralingswetenskap- en  tegnologie op die kampus in Mahikeng was ’n onlangse navorsingsuitstappie na hierdie instelling in Kaapstad ’n groot hoogtepunt.

 

NWU & U  |

NWU & U  |

INHOUD

NWU & U