NUUs

Alumna Innocentia Pitso is die voorsitter van die Jong Alumni-groep van die kampus in Vanderbijlpark. Sy is tans ’n NWU-personeellid by die Mense en Kultuur-departement op die kampus in Mahikeng.

Vir die Jong Alumni van die kampus in Vanderbijlpark beteken tuiskoms dat hulle op die walle van die Vaalrivier kan ontspan.

Alumni ‘kom huis toe’ om ’n impak te maak

As jy gedink het ’n reünie is niks anders as ’n nostalgiereis na die verlede nie, maak jy ’n groot fout.

Vir die Jong Alumni-groep van die kampus in Vanderbijlpark bied hul jaarlikse reünie – of tuiskomsgeleentheid – aan hulle die geleentheid om ’n positiewe impak op die lewens van toekomstige gegradueerdes te maak.

 

Op Saterdag 28 September het meer as 150 lede van hierdie groep vir nog ’n gedenkwaardige samekoms by hul alma mater vergader.

 

Dit was hierdie jaar die agtste tuiskomsbyeenkoms, en volgens Innocentia Pitso, die voorsitter van die groep se uitvoerende komitee, het die 2019-geleentheid alle verwagtings oorskry.

 

Die stampvol program het inheemse speletjies, ’n pretloop en die gebruiklike piekniek op die geil, groen walle van die Vaalrivier ingesluit. Die geleentheid het egter oor baie meer as net pret gegaan.

 

Gee ook aan ander

 

Innocentia verduidelik dat die jaarlikse tuiskomgeleentheid gegrond is op die filosofie om ook vir ander iets te doen.

 

Die deelnemende alumni glo dat aangesien hulle gedurende hul tyd op die kampus so baie ontvang het, hulle ook moet verseker dat ander daaruit voordeel trek.

 

Sedert die formele begin van die tuiskomsgeleentheid in 2015 het hierdie alumnigroep al amper R50 000 ingesamel vir die kampus se Veertjiefonds, wat behoeftige studente help.

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

vorige

<

NWU & U  |

NWU & U  |

NWU & U