PROFIELE
INHOUD
Wat gedurende die eerste paar jaar van ’n kind se lewe gebeur, is deurslaggewend. Die leer wat vroeg plaasvind, beïnvloed die algehele ontwikkeling van kinders, en die volwassenes wat hulle gaan wees.
DIE NWU & U
Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.
Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.
Navigasie
>
<
VOLGENDE ARTIKEL
VORIGE ARTIKEL
KLANK
video
MEER INLIGTING
KLIK
DEEL
Alumna Michelle van Coller, wat haar BEd Grondslagfase-graad in 2007 op die kampus in Potchefstroom verwerf het, besef die belangrikheid van vroeë kinderontwikkeling.
Sy het twee jaar gelede die Baby College in Fourways in Johannesburg gestig, waar sy kinders vanaf geboorte tot drie jaar help om hul kognitiewe, sensoriese, taal- en sosiale vaardighede te maksimaliseer.
Dit maak alles sin
Babas gebruik hul sintuie om iets oor die wêreld om hulle te leer, sê Michelle. Sensoriese stimulering is gekoppel aan emosionele, kognitiewe en fisieke ontwikkeling. Al die sintuie moet met mekaar saamwerk sodat babas kan beweeg, leer en op ’n seker manier optree.
Sensoriese spel het ’n kalmerende effek op kinders en help hulle om hul woordeskat en fyn motoriese vaardighede te ontwikkel.Dit is ook belangrik vir die ontwikkeling van die sintuie self. Namate kinders hul sintuie gebruik, leer hulle hoe om sin te maak van die verskillende stimuli wat van verskillende kante af na hulle toe kom.
'n Tweede taal
Sy moedig ook ouers aan om vir hul kinders ’n tweede taal te leer voordat hulle skool toe gaan.
Daar is oorweldigende navorsing wat die onderrig van ’n tweede taal op ’n vroeë ouderdom ondersteun, aangesien ’n brein van geboorte tot op die ouderdom van drie jaar vinnig ontwikkel, en dit is wanneer taalontwikkeling die maklikste is.
Michelle voeg by dat dit moeiliker raak om later in jou lewe nog ’n taal aan te leer. “Selfs al dink mense dat die aanleer van twee tale agterstande in spraak kan veroorsaak, is dit nie die geval nie,” beklemtoon sy.
Sy sê dit is natuurlik vir ’n kind om hul woordorde om te ruil, of woorde van albei tale in dieselfde sin te gebruik, maar hulle leer gou om die tale te skei.
Michelle se raad aan ouers is om ’n belegging in hulle kinders se vroeë jare te maak om ’n goeie grondslag vir toekomstige ontwikkeling te bou.
Doen ervaring op
Met haar NWU-graad in grondslagfase-onderwys in haar sak het Michelle in 2009 na die Verenigde Koninkryk verhuis, waar sy by verskillende kleuter- en laerskole skoolgehou het.
Nadat sy in 2011 teruggekom het Suid-Afrika toe, het sy verskeie grondslagfase-klasse in en om Johannesburg onderrig.
Gereed vir 4IR
Met die vierde industriële revolusie om die draai, raai Michelle ouers aan om hul kinders vir die digitale era voor te berei.
“Ongestruktureerde speeltyd is baie belangrik vir peuters en voorskoolse kinders; hulle leer vinnig deur interaksie en gebruik hulle verbeelding.
Daar is verskillende apps wat julle as ouers kan gebruik om julle kinders te help leer, maar ek sou aanraai dat ouers en kinders saam na die materiaal kyk. Dit help om ’n verhouding te bou,” sê Michelle.
Sy raai egter ouers aan om hulle kinders nie toe te laat om digitale toestelle ure lank te gebruik nie.