PROFIELE

Lungelo Chirwa is ’n jong kandidaatprokureur wat hard werk om ’n verskil te maak.

Kandidaat Lungelo Chirwa (voor, links) het tydens die borgtogverrigtinge ter verdediging van een van die beskuldigdes in die Amy’Leigh de Jager-sage in die Vanderbijlpark-hof opgetree. (Foto: News24)

 

Die sprong na die werksomgewing

 

Toe Lungelo gevra is wat vir hom die uitdagendste was van die oorskakeling van universiteit na die werksomgewing, het hy gesê die verantwoordelikhede van volwassenheid kan oorweldigend wees.

 

“Daar is ’n groot verskuiwing van jou fokus. Die een dag moet jy nog besluit of jy gaan opstaan en klas toe gaan, en die volgende dag moet jy opstaan om jou brood te gaan verdien!”

 

Lungelo Chirwa: as dit die hof behaag

Die saak laat ʼn mens dink aan ’n Hollywood-drama: spanning, spekulasie en vol onverwagte draaie en kinkels.

En in die middel daarvan is die sesjarige Amy’Leigh de Jager, en die vier persone wat beskuldig word dat hulle haar op die oggend van 2 September buite haar skool uit haar ma se arms gegryp het. Die beweerde meesterbrein agter die ontvoering is niemand anders nie as die ma se vriendin en ’n graad RR-onderwyser by Amy’Leigh se skool.

 

Tydens die onlangse hoogs gepubliseerde borgtogverhoor van drie van die beskuldigdes het Lungelo Chirwa, ’n jong regshulp-kandidaatprokureur en NWU-alumnus, as prokureur vir Pieter van Zyl (beskuldigde nommer 3 in die hofverrigtinge) opgetree.

 

Lewendige hofverrigtinge

 

Die druk het toegeneem, veral nadat News24 ’n dringende aansoek gebring het om die borgtogverrigtinge lewendig uit te saai.

 

“Dit is nie elke dag dat jy ’n saak moet bepleit in ’n vertrek vol joernaliste en nuuskameras nie, en daarom was dit belangrik om reg te laat geskied,” sê Lungelo.“In die hof kyk ons na feite en hoe die reg op daardie feite van toepassing is. Dit is die beginsel wat ons lei, ongeag die feit dat duisende mense elke beweging van ons oor die internet volg.”

 

’n Goed gebalanseerde studentelewe

 

Die keuse vir Lungelo om sy studies aan die NWU in Vanderbijlpark aan te pak, was ’n maklike een, aangesien hy in die Vaaldriehoek grootgeword het. Hy het in 2012 vir ’n BA Regte-graad ingeskryf en van die begin af entoesiasties aan die studentelewe deelgeneem – van rugby tot lid van die kampuskoor.

 

As dagstudent was hy by die Oryx-koshuis btrokke, waar hy in sy eerste jaar as die projekbeampte verkies is – ’n ervaring wat volgens hom “onvergeetlik en baie opwindend was”. Daar was groot vreugde toe die koshuis die kampus se heel eerste Kultuurdag-fees, kompleet met tradisionele Basotho-kleredrag, kos en seremoniële kostuums, gewen het.

 

In sy finale jaar by die NWU het Lungelo in die Ebukhosini-koshuis gewoon, waarna hy sy nagraadse LLB-studies aan die Universiteit van Pretoria voltooi het. Hy is tans by Regshulp Suid-Afrika as kandidaatprokureur in diens.

 

“Ek is trots op my NWU-wortels en hoe dit gehelp het om my die persoon te maak wat ek vandag is,” sê Lungelo. Een van die waardevolste lewenslesse wat hy as student geleer het, is dat hoewel ons nie almal dieselfde agtergrond deel nie, ons uiteindelik almal saam vorentoe gaan.

 

Dit is hierdie belewing van gedeelde nederigheid wat Lungelo genoop het om ’n loopbaan in die regte te volg, en wat hom inspireer om ’n verskil te maak.

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

 

Vinnige feite oor Lungelo

 

  • Wie is jou rolmodel?  Advokaat Tembeka Ngcukaitobi SC.

 

  • Enige raad vir huidige studente?
    Werk hard; dit sal op die ou einde die moeite werd wees.

 

  • Wat is op jou persoonlike “emmerskoplysie”?
    Om voor ’n volle regbank in die Konstitusionele Hof te verskyn om ’n regsgrondige argument voor te lê.

 

  • Wat is jou lewensfilosofie? Doen aan ander wat jy aan jouself gedoen wil hê.

 

NWU & U  |

NWU & U  |

NWU & U