NUUs

 

By die reünie van die 1969 Verteenwoordigende Studenteraad is van links Roelie Aucamp, Callie Coetzee en Susan Coetzee.

 

 

Bea Botha (voor), en Hennie Botha, Kobus van der Walt, George Muldner en Kobus du Plessis gesels oor die dinge van lank gelede.

 

Waar’s die dae...

Op Saterdag 14 September was nostalgie in die lug toe lede van 1969 se Verteenwoordigende Studenteraad (VSR) hul geskiedenis by die Astrovilla Lapa in Potchefstroom gevier het.

Alumni by die 1969 Verteenwoordigende Studenteraad (VSR) se funksie is agter van links Johan Schutte, Kobus du Plessis, Bea Botha, George Muldner, Kobus van der Walt en Roelie Aucamp. Voor is Carené Lubbe, Tom Larney, Callie Coetzee en Theuns Eloff.

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

vorige

<

Die 17 gaste het hul herinneringe en ervarings van hulle tyd by die universiteit gedeel. Hulle het liedjies uit vergange se dae gesing, vertel hoe dankbaar hulle vir die afgelope dekades is, en ou vriendskappe gevier.

 

Kobus van der Walt, ’n VSR-lid van 1969, was die seremoniemeester. Nicolize van der Walt, hoof van die Alumnikantoor, het die gaste toegespreek en beklemtoon hoe belangrik die VSR van 1969 se nalatenskap is.

 

Callie Coetzee, 1969 se VSR-voorsitter, en Tom Larney, die ondervoorsitter van daardie jaar, het ook vertel wat hulle van hulle termyn onthou. Herinneringe is per slot van rekening die belangrikste boustene vir die hede en die toekoms.

NWU & U  |

NWU & U  |

NWU & U