NUUs
INHOUD
Bedryfsingenieurswese wys die pad aan
Bedryfsingenieurswese is onder die top-10- skaarsste vaardighede in Suid-Afrika. Bedryfsingenieurs optimaliseer stelsels deur kreatiewe oplossings te ontwerp wat mense, prosesse en tegnologie integreer.
Op hierdie manier maak hulle dit moontlik dat mense, tegnologie, inligting, materiale, metodes en geld produktief en doeltreffend kan saamwerk.
Klik hier vir meer inligting oor die NWU se Skool vir Bedryfsingenieurswese en studie op hierdie gebied.
Die opwekking en verskaffing van elektrisiteit is steeds ’n uitdaging in Suid-Afrika, waar Eskom enige tyd op kort kennisgewing beurtkrag kan instel en landsburgers in die duister kan laat.
Om te oorleef sal die platsak Eskom maniere moet vind om elektrisiteit meer ekonomies op te wek. Die briljante verhandeling van ’n NWU-meestersgraadstudent stel nie net ’n oplossing vir hierdie probleem voor nie, maar ondersoek ook maniere om die gebruik van natuurlike hulpbronne vir die opwekking van krag te optimaliseer.
Jean-Pierre van Niekerk se verhandeling het aan hom die gesogte Theodor Stewart-medalje besorg in die meestersgraadkategorie van die studentekompetisie by die jaarlikse konferensie van die Operasionele Navorsingsvereniging van Suid-Afrika (ORSSA) wat in September in Kaapstad plaasgevind het.
Dit help om die middernagkers te laat brand
Jean-Pierre se studieleier, prof Fanie Terblanche van die Skool vir Bedryfsingenieurswese, het sy verhandeling, wat hy in 2018 voltooi het, vir hierdie jaar se kompetisie genomineer.
“Die medalje is ’n beloning vir baie ure se harde werk, en dit beteken baie vir my loopbaan,” sê Jean-Pierre, wat as datawetenskaplike vir Standard Bank werk. “Ek glo dat dit net deur die genade van God is dat ek my studies suksesvol kon voltooi.”
Jean-Pierre is een van die eerste meestersgraadstudente wat by die Skool vir Bedryfsingenieurswese gegradueer het – ’n prestasie wat hy met sy tweelingbroer, Thomas, deel.
Die antwoord lê in wiskundige modellering
Jean Pierre se verhandeling oor maniere om die koste van kragopwekking te beperk, het gekyk na die magdom bedryfsaspekte wat kragmaatskappye in ag moet neem. Dit sluit die verouderende infrastruktuur, streng wetgewing oor vrystellings, en bedryfsbeperkings in.
“Benewens die finansiële doelwit, het die probleem van optimalisering ook te doen met voorsiening in die voorspelde vraag na elektrisiteit sodat onstabiliteit in die kragnetwerk voorkom kan word.”
Jean-Pierre sê in die lig van die omvang en kompleksiteit van die probleem, stel sy verhandeling voor dat ’n gemengde heeltallige lineêre programmeringsformule gebruik word om die uitdaging op te los van die nie-lineêre eenheidinset en omgewingsekonomiese lasreëling wat kragmaatskappye het.
“Ek het gevind dat die voorgestelde wiskundige model en oplossingsbenadering die vermoë het om ’n probleem van ’n realistiese grootte binne ’n redelike tyd op te los,” sê hy.
Jean-Pierre het in sy verhandeling ander belangrike aspekte van die probleem van kragopwekking ingesluit, soos die generering van hitte, waterverbruik, die beperkings wat onderbrekings tot gevolg het, en die onsekerheid van die vraag na krag.
DIE NWU & U
Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.
Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.
Navigasie
>
<
VOLGENDE ARTIKEL
VORIGE ARTIKEL
KLANK
video
MEER INLIGTING
KLIK
DEEL
INHOUD
X
Voorblad
Ontmoet maatskaplike aktivis en sakeleier dr Anna Theresa Masamo Mokgokong, die nuwe kanselier van die NWU.
NWU & U