REDAKSIONEEL
INHOUD
Redakteur
Nelia Engelbrecht
Redaksie
Belinda Bantham
Willie du Plessis
Bertie Jacobs
Maryke Laas
Phenyo Mokgothu
Christopher Motabogi
Tumelo Muteme
Marelize Santana
Kiewiet Scheppel
Annette Willemse
Ontwerp en uitleg
Karen Viljoen
Fotografie
Redaksie en diensverskaffers
Redaksie
Nelia Engelbrecht
Tel 018 299 4937 of nelia.engelbrecht@nwu.ac.za
Die NWU & U word deur die NWU se Korporatiewe Kommunikasie-departement in Afrikaans en Engels uitgegee.
Alumniverhoudinge-praktisyns
Tshepisho Sebeela (Mahikeng) tshepisho.sebeela@nwu.ac.za
Abigail Leshope (Potchefstroom) abigail.leshope@nwu.ac.za
Suré Honiball (Potchefstroom)
Zanele Ngobese (Vanderbijlpark) zanele.ngobese@nwu.ac.za
Daar is iets magies aan Desember, en vir elkeen van ons tower dit verskillende heerlikhede op.
Vir sommige van ons herinner Desember ons aan die geur van ma se kos as ons tuiskom. Vir ander is dit sinoniem met die gevoel van warm seesand onder ons kaal voete, of aan die gelag van ons kinders of kleinkinders.
Talle mense kuier in Desember saam rondom tafels wat kreun onder vingerleklekker disse. Almal is egter nie so gelukkig nie.
Volgens die webwerf van die Verenigde Nasies se Voedsel- en Landbou-organisasie is daar meer as 820 miljoen mense wat elke dag honger ly. Dit is waarom alumnus Sydwell Sihlangu se sampioenprojek waarmee hy voedselsekerheid wil bevorder, so lofwaardig is.
Die feesseisoen is ook ’n tyd om te gee – aan diegene naby ons, en ook aan ander in nood.
Dit is waar die konsepte van “terugploeg” of “gee dit aan” so relevant is – iets wat ons alumni by die tuiskomsgeleentheid op die kampus in Vanderbijlpark gedemonstreer het. Hulle het tydens hierdie geleentheid geld ingesamel vir die kampus se Veertjiefonds, wat behoeftige studente help.
Nog ’n NWU-fonds vir studente wat sukkel om kop bo water te hou, is die nuwe Welstandsfonds vir Regstudente. Lees die artikel om uit te vind wat dit behels en hoe jy ’n bydrae tot hierdie verdienstelike saak kan lewer.
Hetsy jy die pad vat of tuisbly; vriende en familie besoek of na ’n stil plek wegvlug, geniet die magiese maand van Desember en bly veilig.
Tot volgende jaar,
Nelia en die
NWU & U-span
DIE NWU & U
Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.
Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.
Navigasie
>
<
VOLGENDE ARTIKEL
VORIGE ARTIKEL
KLANK
video
MEER INLIGTING
KLIK
DEEL
X
Voorblad
Ontmoet maatskaplike aktivis en sakeleier dr Anna Theresa Masamo Mokgokong, die nuwe kanselier van die NWU.
NWU & U