NUUS

 

Besigheid in haar bloed, maatskaplike geregtigheid in haar hart

 

Dr Anna Mokgokong is aan die stuur van Community Investment Holdings (Edms) Bpk, waarvan sy ook die stigtersvoorsitter is.

 

Sy is ’n ware maatskaplike aktivis en het reeds ’n groot bydrae gemaak tot die transformasie van maatskappye op wie se direksies sy dien. Sy is ’n senior direkteur van vyf maatskappye wat op die Johannesburgse aandelebeurs genoteer is en voorsitter van drie van hulle.

 

Benewens haar uitgebreide sakekennis en  entrepreneursvermoë, het sy as voormalige voorsitter van die Suid-Afrikaanse vroue-entrepreneursnetwerk en in die Internasionale Vroueforum van Suid-Afrika gedien.

 

Dr Mokgokong is in 1998 in die Women Entrepreneurs of the World, ’n onafhanklike, internasionale netwerk van die wêreld se kragdadigste en suksesvolste entrepreneurs, opgeneem.

 

Haar ander prestasies sluit in dat sy in 1999 die gesogte SA Sakevrou van die Jaar-toekenning gewen het.

 

Daarby het die Departement van Handel en Nywerheid, in vennootskap met Trots Suid-Afrikaans en Brand South Africa, dr Mokgokong in 2015 met ’n toekenning vir leeftydprestasie vereer.  Dit was tydens die seremonie van die Suid-Afrikaanse Premier-Saketoekennings.

 

NWU verwelkom invloedryke sakeleier as kanselier

Sakeleier en maatskaplike aktivis sou ’n gepaste manier wees om die NWU se nuwe kanselier te beskryf. Maar wanneer jy haar persoonlik ontmoet, dink jy ook aan woorde soos innemend, stylvol en selfversekerd.

By die inhuldigingseremonie is van links Clement Manoko, uitvoerende direkteur vir korporatiewe verhoudinge en bemarking, prof Dan Kgwadi, visekanselier, dr Anna Mokgokong, die nuwe NWU-kanselier, dr Bismark Tyobeka, voorsitter van die Raad, prof Marlene Verhoef, registrateur, prof Linda du Plessis, adjunk-visekanselier vir strategiese beplanning en kampusbedrywighede in Vanderbijlpark, en Bert Sorgdraer, voorsitter van die Konvokasie.

Gedurende haar inhuldiging as derde kanselier van die NWU op 20 November by Feather Hill in Potchefstroom, was die atmosfeer vol opgewondenheid en afwagting.

 

Die aand het aan alle verwagtinge voldoen. Elegante eetgerei wat in die kerslig glim, en die aroma van goeie kos en wyn het die sintuie behoorlik bederf. Later, toe die akademiese prosessie in hul NWU-regalia die lokaal binnekom, het hulle ’n ekstra tikkie “ivy league”-glans bygevoeg.

 

Word raakgesien en lewer diens

 

Dr Mokgokong sê om as kanselier te dien, is ’n roeping.

 

“My mantra is: ‘Steek jou hand op, word raakgesien en erken.’ Dit is vir my ’n roeping tot gemeenskapsdiens waaraan ek my lewe gewy het.”Sy is baie opgewonde oor die volgende hoofstuk in die geskiedenis van die universiteit. “Ek glo dat diens aan die hoëronderwyssektor van ons land ’n geweldige, edele taak is, en dat dit ook ’n diens van hoop is.

 

“Ek het hierdie benoeming aanvaar terwyl ek heeltemal bewus is van die uitdagings wat nie net hierdie instelling nie, maar ook hoëronderwysinstellings nasionaal en internasionaal, in die gesig staar.”

Sy glo maatskaplike geregtigheid gaan daaroor om toegang tot gehalte-onderwys te verskaf soos dit in die Grondwet verskans is.

 

“Dit is my uitdruklike wens dat die NWU as proaktief sal wees in die opstelling van ’n agenda vir maatskaplike probleme, eerder as om slegs op die probleme te reageer.”

 

Eerste vroulike kanselier

 

Dr Bismark Tyobeka, voorsitter van die NWU-Raad, sê die inhuldiging van dr Mokgokong as die heel eerste vroulike kanselier van die universiteit versterk die universiteit se strewe om ’n bastion van gelykheid te wees.

 

Hy sê haar indrukwekkende resumé en bewese prestasierekord getuig van ’n onbuigsame toewyding aan uitnemendheid. “Dit stem ooreen met die inherente dryfkrag van ons instelling.”

 

Dr Mokgokong volg in die voetspore van Kgosi Leruo Molotlegi, koning van die Koninklike Bafokeng-nasie, en dr Popo Molefe, voormalige premier van Noordwes.

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

Vir visekanselier prof Dan Kgwadi, is die nuwe kanselier ’n vrou van eerstes. “Sy is ’n voorloper, ’n bemagtiger van vooruitgang, en nou ’n gewaardeerde lid van die NWU-familie.”

 

Hy sê die universiteit is geëerd om haar te verwelkom. “Saam met dr Mokgokong sal ons selfs sterker word en ’n groter impak op die toekoms maak.”

Kyk na die video om die glansryke geleentheid saam met ons te geniet.

NWU & U  |

NWU & U  |

NWU & U