NUUs

Kolligsteler Eagi, die NWU se maskot, onderbreek prof Daryl Balia, die adjunk-visekanselier vir kampusbedrywighede in Potchefstroom.

Clement Manoko, die uitvoerende direkteur vir korporatiewe verhoudinge en bemarking, was een van die sprekers tydens die geleentheid in Vanderbijlpark.

 

Lewe ná universiteit

 

Personeellede van die Loopbaansentrum het by die funksies waardevolle wenke gegee oor wat die lewe ná universiteit inhou, terwyl personeel van die Alumnikantoor die studente aangemoedig het om met die universiteit in kontak te bly.

 

“Daar is so baie geleenthede om aan gebeurtenisse op en weg van die kampus deel te neem, en ek hoop dat julle jul nuwe status as jong alumnilede sal aangryp,” het Zanele Ngobese, die alumniverhoudingepraktisyn op die kampus in Vanderbijlpark gesê.

 

Gedurende die byeenkoms in Mahikeng het dinamiese entrepreneur en wenner van ’n 2019-Alumnitoekenning Maggy-Emilia Maliti-Ntshwe (ook bekend as Mickey) studente gemotiveer om hulself ten volle uit te leef.

 

Dis ’n nuwe begin, nie die einde nie

Wanneer ons aan die einde van hulle finale jaar van ons studente afskeid neem, is die boodskap duidelik: dit is net nog ’n begin, nie die einde nie.

Ons verseker hulle dat ons weer van hulle wil hoor; dat ons wil hê dat hulle ons kampusse besoek, en terugploeg wat hulle geleer het.

 

Hierdie lewenslange verhouding met ons jong alumni begin by die funksies wat ons vir hulle reël voordat hulle ons kampusse verlaat om hul loopbane te begin.

 

Die funksies het hierdie jaar op 17 Oktober in Potchefstroom, op 28 Oktober in Vanderbijlpark en op 23 November in Mahikeng plaasgevind.

 

Byeen op eie bodem

 

Die NWU se ondeunde maskot, Eagi, het gesorg dat hy sy plek in die kollig kry toe hy die 365 finalejaars wat die funksie by die visekanselier se woning in Potchefstroom bygewoon het, vermaak het.

 

Hy was ook daar toe studente in Vanderbijlpark piekniek gehou het op die walle van die Vaalrivier, en toe die Mahikeng-studente in die Big Hall byeengekom het vir hulle finalejaarfunksie. Om die waarheid te sê, op die kampus in Mahikeng het Eagi self sy vere geskud toe die studente hul beste voetjies tydens ’n danskompetisie voorgesit het.

 

Ons finalejaarstudente sal binnekort by die groter alumnifamilie aansluit en diegene ontmoet wat in vorige jare hul voetspore op die kampusse agtergelaat het. Welkom, jong alumni!

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

 

Oor die laaste hekkie

 

By hierdie geleenthede het sprekers soos die visekanselier, prof Dan Kgwadi, die adjunk-visekanseliers vir kampusbedrywighede, prof Daryl Balia, prof Linda du Plessis en prof Marilyn Setlalentoa, die studente aangemoedig om toegewyd vir hulle laaste eksamens te studeer.

 

Hulle het ook die student bedank vir die rol wat hulle in die suksesverhaal van die NWU gespeel het.

 

“Dis deur julle prestasies wat ons onsself as ’n bemagtiger van uitnemendheid kan onderskei,” het Linda in Vanderbijlpark aan die studente gesê.

 

vorige

<

NWU & U  |

NWU & U  |

NWU & U