REDAKSIONEEL

Dr Hendrik Ewerts is tans ʼn projekbestuurder by Rand Water, wat die grootste waterraad in die suidelike halfrond is. Hy het tydens sy honeursjaar ʼn beurs van hulle ontvang om die verwydering van mikroskopiese alge en siänobakterieë tydens watersuiwering te ondersoek.

 

Hendrik is ook ʼn postdoktorale student aan die IHE Delft se UNESCO Institute for Water Education in Nederland.

Skryf gerus en vertel ons waar in die wêreld julle jul bevind en hoe dit met jul loopbane gaan, of skryf sommer oor ditjies en datjies wat julle na aan die hart lê.

 

Stuur julle briewe na nelia.engelbrecht@nwu.ac.za, faks dit na 086 614 3222 of pos dit aan Nelia Engelbrecht, Korporatiewe Kommunikasie, Noordwes-Universiteit, Privaat Sak X1290, Potchefstroom, 2520.

 

ONS HOOR GRAAG VAN JULLE!

Water en kultuur lê hom na aan die hart

Beste mede-alumni,

 

My keuse van ’n universiteit beskou ek vandag steeds as die beste een, omdat ek sedertdien so baie sukses – nie slegs akademies nie, maar ook persoonlik – as gevolg daarvan kon geniet.

 

Ek beskou dus my aankoms aan die NWU se Potchefstroomkampus in Januarie 2005 as merkwaardig, aangesien ek die eerste afstammeling van so baie generasies is wat die geleentheid kon kry om te studeer.

 

My keuse van studierigting was nie baie tradisioneel in vergelyking met die rigtings van baie van my universiteitsvriende nie. Ek het eers dierkunde en later plantkunde en biochemie studeer, omdat plante en diere sekerlik vir enige plaaswerker se kind niks ongewoon sou wees nie.

 

Ontdek ʼn nuwe wêreld

 

Hoewel ek hierdie bekendheid kon geniet, was die universiteit en die lewe hier baie onbekend. Dit was omdat ek gedurende die jare van isolasie in my plaasomgewing nie juis met enige ander mense (met verskillende tale en kulture) te doen gekry het nie. Juis daarom was dit nodig om ’n plek te vind waar ek kon inskakel en deel vorm van ’n groepe mense met dieselfde of soortgelyke belangstellings.

 

So het ek vinnig deel geword van ’n studentekultuurgroep op die kampus, naamlik DIVACO (Diverse Action Cultural Organisation). Hier kon ek aan verskillende aktiwiteite deelneem, soos dans, sang, drama, digkuns en leierskap.

 

Neem die voortou

 

Ek het veral baie in leierskapsaktiwiteite belanggestel. Deur my aktiewe betrokkenheid by die groep is ek in 2006 as ondervoorsitter en later as voorsitter van die groep verkies. Hieruit volg die geleentheid tot verskiesing tot die kampusstudenteraad vir 2008/2009 in die portefeulje Verenigingsraad.

 

Ek kon werklik die leierskapservaring wat ek tydens my DIVACO-blootstelling opgedoen het gebruik tot voordeel van die breër studente gemeenskap op die kampus. Een van die groot bydraes tydens my termyn was die voorbereiding en fasilitering van kampusstudente om deel te kon neem aan die nasionale verkiesing wat tydens hierdie era in Suid Afrika gehou is.

 

Lewer ʼn bydrae

 

As alumnus moedig ek dus studente aan om te deel te word van groepe soos DIVACO. Sulke betrokkenheid help hulle nie net om ’n gebalanseerde studentelewe te geniet nie, maar ook om hulle voor te berei om ’n noemenswaardige bydrae in Suid Afrika en in die wêreld te kan lewer.

Die voortbestaan studente-organisasies soos DIVACO bied ook ’n platform vir die NWU om diversiteit, transformasie, sosiale integrasies en leierskap te bevorder.

 

 

Vriendelike groete,

 

Dr Hendrik Ewerts

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

Sedert hy sy studies by die NWU in 2005 begin het, het dr Hendrik Ewerts ʼn meesters- en doktorale graad in omgewingswetenskappe behaal.

 

In 2017 het hy ook ʼn nagraadse diploma in bestuur aan die NWU se Besigheidskool verwerf en die geassosieerde redakteur vir die African Journal of Aquatic Science geword.

 

Deur die jare het hy aan verskeie nasionale en internasionale kongresse deelgeneem en talle artikels in plaaslike en internasionale vaktydskrifte gepubliseer.

NWU & U  |

NWU & U  |

INHOUD

NWU & U