Vrouemaand 2019

le type="text/css">p{ text-align:left;} .row { clear: left; } .seegroen{ background-color:#6C3D91; color:#ffffff; margin-bottom: 20px;}

 

Kesolofetse Olivia Lefanya
 
Kesolofetse Olivia Lefanya beoefen haar beroep as senior lektor by die Fakulteit Regte. “Ek kom elke dag met ander mense in aanraking, ek kan idees deel, kennis oordra aan die minderbevoorregtes, nuwe dinge van almal leer en dissipline en gesag handhaaf.” Dit is wat Kesolofetse sê sy die meeste van haar werk geniet. Sy voel ook dat haar waardevolste bydrae tot die NWU die vorming van goed afgeronde gegradueerdes op voorgraadse sowel as nagraadse vlak is. Vir haar beteken Vrouemaand om: “… vroue in alle fasette van die lewe te vier, om trots te wees om ’n vrou te wees, om aan al die vroue in die wêreld erkenning te gee en om te bid vir alle vroue terwyl die stryd voortduur”. Een van haar toekomsvisies vir Suid-Afrika is: “Dat dit ’n beter land sal wees om in te woon om ons kinders in groot te maak”.

Luzelle van Rensburg
 
Luzelle van Rensburg is die persoonlike assistent van die Hoofdirekteur: Sentrum vir Onderrig en Leer en is in Potchefstroom gebore en het daar grootgeword. “Wat ek die meeste van my pos by die NWU geniet, is die geleentheid om ’n verskil te maak. Om die veranderinge te sien waarvan ek deel is en wat ander mense se lewens verbeter. Ek voel dat my waardevolste bydrae tot die NWU is dat ek ’n individuele verskil kan maak in die eenheid waar ek werk, en dat die verskil wat ek maak meer mense as bloot my binnekring bereik,” verduidelik sy. Wat beteken Vrouemaand vir haar? “Vir my is dit ’n viering van ons – dit wys aan die wêreld dat ons hier is, dat ons sterk is en dat ons kan doen wat gedoen moet word.” Vir haar lê die toekoms by jongmense: “Ek wil graag sien hoe ons ons jeug bemagtig om die leiers van ons land te wees. Om te lei deur ’n voorbeeld te wees.”

Heléne Botha
 
Heléne Botha is ’n sportbestuurder vir netbal, tennis en watersport op die NWU se kampus in Potchefstroom. “Die interaksie met studente en die geleenthede wat ek deur sport kry, is wat ek die meeste van my werk by die NWU geniet,” sê sy. Sy beskryf haar waardevolste bydraes tot die NWU as: “Om aan studente-atlete die geleentheid te gee om hulle talent ten toon te stel en om hulle te lei om hulle potensiaal te bereik”. Vir haar beteken Vrouemaand die erkenning van vroue op alle vlakke van die lewe en van hulle wese. Dit vorm die net wat die samelewing toelaat om te bestaan. Wanneer sy nie by die werk is nie, geniet sy dit die meeste om in die natuur te wees. Wat is haar toekomsvisie vir Suid-Afrika? “Ek sien ’n plek waar ons respek vir mekaar het, ’n plek waar ons saamwerk, en waar ander die ware Suid-Afrika ervaar. ’n Pragtige land met buitengewone mense.”

Corene Middleton
 
Corene Middleton is ’n sekretaresse by NWU Sport en werk op die kampus in Potchefstroom. Sy is in Orkney gebore, maar het in 2012 Potchefstroom toe getrek. Wat sy die meeste van haar pos by die NWU geniet, is: “My interaksie en die ervaring wat ek elke dag huis toe neem dat ek iets nuuts geleer het, en die interaksie met die verskillende sportbestuurders, afrigters en studente, maar in die geheel gesien, is die NWU-omgewing ’n baie spesiale plek om elke dag te wees. Dit is ’n voorreg. Ek kan my kennis en ervaring daagliks met kollegas deel, en ek leer steeds elke dag.” Wat doen sy die graagste wanneer sy nie by die kantoor is nie? “Dit klink afgesaag, maar ek bring gehaltetyd saam met my kinders en man deur – dis heerlik!” Haar visie vir ’n toekomstige Suid-Afrika is een sterk woord: “Hoop!”.