X

Voorblad

 

Die gewilde musiekblyspel Fame is op 30 en 31 Augustus en op 1 en 2 September in die Sanlam Ouditorium op die kampus in Potchefstroom opgevoer en watter opwindende, onvergeetlike fees vir die sintuie was dit nie!

Die kreatiewe span verantwoordelik vir Fame, naamlik lede van Artéma, Alabama Produksies en NWU Potch Kunste, het die gehoor getrakteer op ’n reis vol wonderlike uitvoerings deur talentvolle kunstenaars, wat studente en dosente ingesluit het.

 

Alumna Nacia Kruger het hierdie opwindende produksie geregisseer en gechoreografeer, terwyl Pieter de Bruin, die kunsdirekteur van die Artéma-opname-ateljee, in beheer van die musiek was. ’n Orkes met nege musikante het die begeleiding verskaf.

Op die voorbladfoto dans Stephen Bogatsu (as Tyrone Jackson) met Lyrinda Venter (in die rol van die balletdanser Iris Kelly).

 

FOTO: Nacia Kruger

 

 

 

nuus

Winterkoue skrik nie hierdie jong leerders af in hulle soeke na kennis tydens die winterskool wat op die kampus in Mahikeng aangebied word nie.

Winterskool

slyp môre se leiers

Elke jaar wanneer Mahikeng in die ysige greep van die winter vasgevang is, sak honderde matrikulante op die dorp toe vir ’n lewensveranderende ervaring wat die NWU vir hulle bied.

Soos in die afgelope dekade het die kampus hierdie jaar weer die matrikulante by die winterskool verwelkom. Die program is van 1 tot 11 Julie 2017 in vennootskap met die Gautengse Departement van Onderwys (GVO) en die *Sci-Bono-ontdekkingsentrum aangebied.

 

Deur hierdie vennootskap het die NWU 1 200 leerders van skole in die distrikte wat deur die GVO bestuur word en leerders van in en om Mahikeng gehuisves.

 

’n Leerervaring om te onthou

 

Behalwe dat dit ’n bemarkingsinstrument vir die universiteit is, bied die program vir die leerders ’n werklike leerervaring deur sommige van die beste professionele dosente in elke vak, en stel dit hulle aan die studentelewe op universiteit bekend.

 

Die winterskoolprogram bied onderrig in alle handels- en wetenskapverwante vakke, en verskaf ’n gedetailleerde vakgids om leerders met hul selfstudie te help en voor te berei vir hul eksamens.

 

Die *Sci-Bono-ontdekkingsentrum is ’n wêreldklas-wetenskapsentrum wat wiskunde-, wetenskap- en tegnologie-onderrig ondersteun en innoverende, dinamiese leerervaringe bied wat tot die opbou van Suid-Afrika se kapasiteit op hierdie gebiede bydra.

 

 

die NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

mEER INLIGTING

KLIK

DEEL

NWU & U  |

NWU & U  |

CONTENTS

NWU & U