X

Voorblad

 

Die gewilde musiekblyspel Fame is op 30 en 31 Augustus en op 1 en 2 September in die Sanlam Ouditorium op die kampus in Potchefstroom opgevoer en watter opwindende, onvergeetlike fees vir die sintuie was dit nie!

Die kreatiewe span verantwoordelik vir Fame, naamlik lede van Artéma, Alabama Produksies en NWU Potch Kunste, het die gehoor getrakteer op ’n reis vol wonderlike uitvoerings deur talentvolle kunstenaars, wat studente en dosente ingesluit het.

 

Alumna Nacia Kruger het hierdie opwindende produksie geregisseer en gechoreografeer, terwyl Pieter de Bruin, die kunsdirekteur van die Artéma-opname-ateljee, in beheer van die musiek was. ’n Orkes met nege musikante het die begeleiding verskaf.

Op die voorbladfoto dans Stephen Bogatsu (as Tyrone Jackson) met Lyrinda Venter (in die rol van die balletdanser Iris Kelly).

 

FOTO: Nacia Kruger

 

 

 

nuus

Vir 'n groep studente op die kampus in Mahikeng is skoene nie noodwendig gemaak om mee te loop nie - hulle verkies dans en hardloop.

Studente in Mahikeng laat waai

Twee groepe NWU-studente op die kampus in Mahikeng wat weet hoe om hulle litte te roer, is die dansers en die landloopatlete.

Die dansgroep het aan die Rumba in the Jungle- internasionale fees deelgeneem wat in Augustus by Sun City plaasgevind het, terwyl die landloopatlete die NWU in September by die Suid-Afrikaanse landloopatletiekbyeenkoms in Potchefstroom verteenwoordig het.

 

Dansers skop stof op

 

Die dansspan het stof in die ander deelnemers se oë geskop tydens die Rumba in the Jungle-fees, ’n internasionale kompetisie waar verskillende kulture en dansstyle verteenwoordig word. Die fees sluit die volle dansspektrum in en is oop vir alle dansers, van beginner- tot professionele vlak.

 

In die baldansafdeling vir volwassenes het die NWU-dansers die eerste prys in die bronskategorie en ’n derde prys in die goudkategorie opgeraap. In die Latynse danse vir volwassenes het hulle tweede in die bronskategorie geëindig en eerste in die silwer- en die goudkategorie.

 

Landloopfanatici

 

Nog ’n groep wat die hele tyd aan die beweeg is, is die vier landloopatlete, Casper Leepile, Pule Nage, Gaopalelwe Manake en Theo Motlhala, wat die NWU by die Suid-Afrikaanse landloopatletiekbyeenkoms in Potchefstroom verteenwoordig het.

 

Casper en Theo het in die onder 23-kategorie meegeding terwyl Gaopalelwe en Pule in die senior kategorie deelgeneem het.

 

“Dit was vir my ’n geweldige motivering, en ek is seker vir die ander ook,” sê Casper. “Hardloop was nog altyd my gunstelingsport en om die geleentheid te kon kry om my universiteit te verteenwoordig in iets waarvoor ek ’n ongelooflike passie het, is waarlik ’n seëning.”

 

 

 

die NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

mEER INLIGTING

KLIK

DEEL

 

NWU & U  |

NWU & U  |

CONTENTS

NWU & U