X

Voorblad

 

Die gewilde musiekblyspel Fame is op 30 en 31 Augustus en op 1 en 2 September in die Sanlam Ouditorium op die kampus in Potchefstroom opgevoer en watter opwindende, onvergeetlike fees vir die sintuie was dit nie!

Die kreatiewe span verantwoordelik vir Fame, naamlik lede van Artéma, Alabama Produksies en NWU Potch Kunste, het die gehoor getrakteer op ’n reis vol wonderlike uitvoerings deur talentvolle kunstenaars, wat studente en dosente ingesluit het.

 

Alumna Nacia Kruger het hierdie opwindende produksie geregisseer en gechoreografeer, terwyl Pieter de Bruin, die kunsdirekteur van die Artéma-opname-ateljee, in beheer van die musiek was. ’n Orkes met nege musikante het die begeleiding verskaf.

Op die voorbladfoto dans Stephen Bogatsu (as Tyrone Jackson) met Lyrinda Venter (in die rol van die balletdanser Iris Kelly).

 

FOTO: Nacia Kruger

 

 

 

Nuus

Masego Tiro sê dit was ’n groot eer om genomineer te word vir die SATMA-toekennings waarby soveel legendes van tradisionele kuns en kultuur betrokke is.

NWU-alumna is finalis vir SATMA-toekennings

Masego Tiro, NWU-alumna van die kampus in Mahikeng, was een van die Suid-Afrikaanse Tradisionele Musiektoekennings (SATMA) 2017 se finaliste in die kategorie vir die beste kulturele joernalis vir die gedrukte media.

Masego, wat sedert Februarie 2017 ’n intern by die New Age-koerant is, was een van drie genomineerdes in hierdie kategorie. Dit volg op ʼn keuringsproses waar inskrywings aan ’n paneel onafhanklike kundiges oorhandig is om die verskillende kategorieë te beoordeel.

 

Die SATMA-toekennings wil die uiteenlopende kulture in Suid-Afrika vier en benewens om tradisionele musikante te vereer, ook aan tradisionele digters, komediante, joernaliste, dansgroepe en radioplatejoggies (DJ’s) erkenning gee.

 

“Vir so lank as wat ek kan onthou, is ek geboei deur mense en verskillende kulture, iets wat in talle areas van my werk na vore gekom het,” sê Masego.

 

’n Kind van Noordwes

 

Masego het in Gopane Village in Zeerust grootgeword en haar BA- en honneursgraad in kommunikasie op die kampus in Mahikeng verwerf. Sy is tydens haar studentejare genooi om ’n lid te word van die Golden Key International Honour Society wat aan akademiese uitnemendheid, leierskapsontwikkeling en gemeenskapsdiens erkenning gee.

 

Masego het ook as assistent in die kampus se departement Bemarking en Kommunikasie gewerk, waar sy vir die kampus se webwerf kopie geskryf het, en sy was ook deel van die winterskoolprogram vir 2015 en 2016.

 

Hoe dit alles begin het

 

Masego het as groentjie-joernalis by die The Album-studentekoerant begin werk. Sy het in 2014 by die redaksiespan aangesluit en was die adjunkredakteur van die koerant teen die tyd dat sy daar weg is.

 

Masego glo haar tyd by The Album was die begin van haar joernalistiekloopbaan. “My betrokkenheid daar het my geleer hoe om my foute in lesse te omskep, my druk in produktiwiteit en my vaardighede in sterk punte,” sê sy.

 

Die galafunksie vir die SATMA-toekennings is op 1 Oktober 2017 in Mahikeng gehou.

 

 

 

 

die NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

mEER INLIGTING

KLIK

DEEL

NWU & U  |

NWU & U  |

CONTENTS

NWU & U