X

Voorblad

 

Die gewilde musiekblyspel Fame is op 30 en 31 Augustus en op 1 en 2 September in die Sanlam Ouditorium op die kampus in Potchefstroom opgevoer en watter opwindende, onvergeetlike fees vir die sintuie was dit nie!

Die kreatiewe span verantwoordelik vir Fame, naamlik lede van Artéma, Alabama Produksies en NWU Potch Kunste, het die gehoor getrakteer op ’n reis vol wonderlike uitvoerings deur talentvolle kunstenaars, wat studente en dosente ingesluit het.

 

Alumna Nacia Kruger het hierdie opwindende produksie geregisseer en gechoreografeer, terwyl Pieter de Bruin, die kunsdirekteur van die Artéma-opname-ateljee, in beheer van die musiek was. ’n Orkes met nege musikante het die begeleiding verskaf.

Op die voorbladfoto dans Stephen Bogatsu (as Tyrone Jackson) met Lyrinda Venter (in die rol van die balletdanser Iris Kelly).

 

FOTO: Nacia Kruger

 

 

 

Profiele

Alumnus Olorato Mosiane reik letterlik na die sterre. Hy laat hom nie aan bande lê nie, en sy droom en plan is om ’n ruimteverkenningsmaatskappy te besit en uiteindelik op ’n reis na die ruimte te vertrek.

Beskerm ons teen die
fout in ons sterre

Die beskerming van die planeet teen asteroïed-aanvalle is ’n onderwerp wat nog altyd vir Olorato Mosiane, een van die jongste wetenskapproses-ontwikkelaars in Suid-Afrika en ’n student by die National Aeronautics and Space Administration (NASA) in die Verenigde State, geboei het.

“Wetenskap speel ’n betekenisvolle rol in die manier waarop ons ons daaglikse lewens leef. Selfs nog interessanter is hoe die wetenskap ons teen wetenskaplike rampe, soos asteroïed-aanvalle en meteoorreëns, beskerm. Dit is waarom ek die wetenskap so interessant vind,” sê Olorato.

 

Hy is in Mahikeng gebore en het daar grootgeword en sy basiese onderwys by die plaaslike Sol Plaatje Laerskool ontvang, waarna hy sy skoolopleiding aan die Internasionale Skool van Suid-Afrika voltooi het.

 

Die NWU se kampus in Mahikeng was die logiese keuse vir die volgende fase van sy opleiding.Nadat hy sy voorgraadse studies in rekenaarwetenskap en elektronika (met wiskunde, fisika en rekenaarwetenskap as hoofvakke) voltooi het, het Olorato sy honneursgraad in astronomie en astrofisika deur middel van die Universiteit van Kaapstad se Nasionale Astrofisika en Ruimtewetenskap-program voltooi.

 

Opkomende ster

 

Hy is nou terug by die NWU vir sy meestersgraadstudies in ruimtewetenskap as deel van die Suid-Afrikaanse graadprogram vir die Vierkantkilometeropstelling (SKA).

 

Olorato het in Januarie 2016 die geleentheid gekry om as een van 11 rekrute van die Jong Professionele Persone-ontwikkelingsprogram by die projek aan te sluit.

 

Hy is daarna as een van slegs drie gegradueerdes van Suid-Afrika gekies om vir ses weke lank die NASA Frontier Development Laboratorium in San Francisco te besoek.Hierdie geleentheid het beteken dat hy en 12 ander persone die geleentheid gekry het om saam met akademiese en bedryfsvennote aan NASA se Asteroid Grand Challenge te werk.

 

“Om die SKA-projek in ons agterplaas te hê, is wonderlik, maar dit is regtig iets besonders dat ons jong wetenskaplikes in die Verenigde State by NASA kan opgelei kan word sodat hulle daardie kennis terug huis toe kan bring,” sê Olorato.

 

Wanneer hy nie van ruimteverkenning en wetenskapontwikkelings droom nie, geniet hy dit om na musiek te luister en by vriende te kuier.

 

As julle dalk wonder, Olorato se fassinering met die beskerming van die planeet van asteroïed-aanvalle het niks met John Green se internasionale blitsverkoper, The Fault in our Stars te doen nie. Hy mag dalk sterre in sy oë hê, maar sy belangstelling is pure wetenskap.

 

 

 

die NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

mEER INLIGTING

KLIK

DEEL

NWU & U  |

NWU & U  |

CONTENTS

NWU & U