X

Voorblad

 

Die gewilde musiekblyspel Fame is op 30 en 31 Augustus en op 1 en 2 September in die Sanlam Ouditorium op die kampus in Potchefstroom opgevoer en watter opwindende, onvergeetlike fees vir die sintuie was dit nie!

Die kreatiewe span verantwoordelik vir Fame, naamlik lede van Artéma, Alabama Produksies en NWU Potch Kunste, het die gehoor getrakteer op ’n reis vol wonderlike uitvoerings deur talentvolle kunstenaars, wat studente en dosente ingesluit het.

 

Alumna Nacia Kruger het hierdie opwindende produksie geregisseer en gechoreografeer, terwyl Pieter de Bruin, die kunsdirekteur van die Artéma-opname-ateljee, in beheer van die musiek was. ’n Orkes met nege musikante het die begeleiding verskaf.

Op die voorbladfoto dans Stephen Bogatsu (as Tyrone Jackson) met Lyrinda Venter (in die rol van die balletdanser Iris Kelly).

 

FOTO: Nacia Kruger

 

 

 

PROFIELE

Onderwyser Nikiwe inspireer die volgende generasie

Goed! Beter! Betty!

Klik op die blokkies hierbo om meer oor hierdie buitengewone vroue te lees.

 

 

NWU lewer SA se beste onderwyser en praktisyn op

Twee NWU-alumna wat passievol is oor die ontwikkeling van mense het onlangs nasionale toekennings ontvang vir die lewensveranderende impak wat hulle op mense se lewens het.

Een van die bekroonde alumni is Nikiwe Mgwigwi, ’n onderwyser by die Suncrest Hoërskool in Vanderbijlpark, wat by die 2017 Nasionale Onderwystoekenningseremonie met die louere in die kategorie: Uitnemendheid in Sekondêre Onderwys 2017 weggestap het.

 

Die ander pryswenner is Betty Mahlatsi, ’n talent- en leierskapsontwikkelingskoördineerder by Transnet Spoorvrag, wat onlangs geloof is as die Instituut van Mensebestuur (IMB) se opkomende praktisyn van die jaar vir 2016.

 

 

die NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

mEER INLIGTING

KLIK

DEEL

NWU & U  |

NWU & U  |

CONTENTS

NWU & U