X

Voorblad

 

Die gewilde musiekblyspel Fame is op 30 en 31 Augustus en op 1 en 2 September in die Sanlam Ouditorium op die kampus in Potchefstroom opgevoer en watter opwindende, onvergeetlike fees vir die sintuie was dit nie!

Die kreatiewe span verantwoordelik vir Fame, naamlik lede van Artéma, Alabama Produksies en NWU Potch Kunste, het die gehoor getrakteer op ’n reis vol wonderlike uitvoerings deur talentvolle kunstenaars, wat studente en dosente ingesluit het.

 

Alumna Nacia Kruger het hierdie opwindende produksie geregisseer en gechoreografeer, terwyl Pieter de Bruin, die kunsdirekteur van die Artéma-opname-ateljee, in beheer van die musiek was. ’n Orkes met nege musikante het die begeleiding verskaf.

Op die voorbladfoto dans Stephen Bogatsu (as Tyrone Jackson) met Lyrinda Venter (in die rol van die balletdanser Iris Kelly).

 

FOTO: Nacia Kruger

 

 

 

Redaksioneel

Skryf gerus en vertel ons waar in die wêreld julle jul bevind en hoe dit met jul loopbane gaan, of skryf sommer oor ditjies en datjies wat julle na aan die hart lê.

 

Stuur julle briewe na nelia.engelbrecht@nwu.ac.za, faks dit na 086 614 3222 of pos dit aan Nelia Engelbrecht, Institusionele Kantoor, Noordwes-Universiteit, Privaat Sak X1290, Potchefstroom, 2520.

 

ONS HOOR GRAAG VAN JULLE!

 

Debat maak die denke oop

 

“Ek onthou hoe ek as ’n eerstejaarstudent aan die NWU nie mooi verstaan het waar die groot idees en briljante insigte is wat mense gesê het op my wag nie.

 

"Toe het ’n student genaamd Mark John Burke die Debatsvereniging in 2010 gestig, en sy visie het alles verander. Hier, ongeag geloof, kleur of klas, ongeag godsdiens, oriëntering of agtergrond, was geen idee te groot en geen bespreking verbode nie – alles is deur ’n gedeelde gevoel van respek saamgebind."

 

“Daar is soveel waarde in kritiese, middernagtelike besprekings met jou portuurgroep oor die wêreld waarin ons onsself bevind. Ek sal altyd dankbaar wees teenoor hierdie universiteit dat hulle studente toelaat om te kan debatteer.

 

“Dit is my vurige hoop dat meer hulpbronne aangewend sal word vir ruimtes soos hierdie sodat al hoe meer studente die vreugde van verligtheid (enlightenment) en van ware kameraderie kan leer ken.”

- Michelle Groenewald

 

 

Dankie aan die NWU

Michelle saam met haar vriend, Caro Janse van Rensburg, wat ook ’n trotse NWU-alumnus is. Albei was lede van die Debatsvereniging en het ekonomie studeer.

Beste mede-alumni

 

Ons laat dikwels die gekheid van hierdie ding wat ons “die lewe” noem ons daarvan weerhou om vir ’n minuut lank stil te staan en na te dink oor ’n oomblik wat iets beteken. Ek het onlangs gehoor dat ek aanvaar is om my meestersgraad aan die Universiteit van Londen by die Skool vir Oosterse en Afrikastudies te doen.

 

Ek het ook onlangs gehoor dat ek die Chevening-merietebeurs gekry het, wat hierdie nagraadse studies ’n finansiële werklikheid sal maak. Hoewel dit geen Nobelprys in ekonomie is nie, gebruik ek hierdie oomblik om erkenning te gee waar dit toekom. Niks hiervan sou moontlik gewees het sonder twee instellings, naamlik die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe en die Debatsvereniging op die kampus in Potchefstroom nie.

 

As jong akademikus het ek baie vinnig geleer dat om iets te beteken, jy moet “publish or perish”. Hoewel ek die dryfveer van talle dosente verstaan om hulle tyd en energie aan hulle navorsing te bestee, kan ek getuig van die oorweldigende meerderheid dosente wie se strewe dit is om jongmense se denke te help vorm. As dit nie vir dr Carike Claassen was wat bewustelik gekies het om baie meer te doen as wat van ’n akademikus verwag word nie, sou ek nooit die ekonomie ontdek het nie, om nie eers te praat van studie daarin by een van die topuniversiteite in die wêreld nie.

 

Prof Derick Blaauw, prof Waldo Krugell, dr Anmar Pretorius en dr Alicia Fourie het ook vir my gewys wat dit beteken om meer te wil hê, om daarvoor te werk en om te verwag dat dinge môre beter sal wees as wat dit gister was.

 

Hoewel daar geen twyfel is dat die NWU talle gebiede het waar dit kan, en inderdaad sal, verbeter nie, is hierdie die woorde van ’n dankbare student. Ek was geseënd om gevorm en beïnvloed te kon word deur die mense wat deel vorm van hierdie universiteit. Aan diegene wat al vergeet het hoe die woord “dankie” klink – ek sê baie dankie. Ek eer julle dat julle meer gedoen het as wat julle ooit gevra is om te doen.

 

Vriendelike groete

Michelle Groenewald

 

(Brief effens verkort)

 

 

 

die NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

mEER INLIGTING

KLIK

DEEL

NWU & U  |

NWU & U  |

CONTENTS

NWU & U