X
Voorblad
Die gewilde musiekblyspel Fame is op 30 en 31 Augustus en op 1 en 2 September in die Sanlam Ouditorium op die kampus in Potchefstroom opgevoer en watter opwindende, onvergeetlike fees vir die sintuie was dit nie!
Die kreatiewe span verantwoordelik vir Fame, naamlik lede van Artéma, Alabama Produksies en NWU Potch Kunste, het die gehoor getrakteer op ’n reis vol wonderlike uitvoerings deur talentvolle kunstenaars, wat studente en dosente ingesluit het.
Alumna Nacia Kruger het hierdie opwindende produksie geregisseer en gechoreografeer, terwyl Pieter de Bruin, die kunsdirekteur van die Artéma-opname-ateljee, in beheer van die musiek was. ’n Orkes met nege musikante het die begeleiding verskaf.
Op die voorbladfoto dans Stephen Bogatsu (as Tyrone Jackson) met Lyrinda Venter (in die rol van die balletdanser Iris Kelly).
FOTO: Nacia Kruger
Inhoud
nuus
“As jy ooit iemand op ’n troontjie moet plaas, doen dit dan met onderwysers. Hulle is ons samelewing se helde.” Met hierdie woorde van die Amerikaanse skrywer Guy Kawasaki in gedagte, het die alumnikantoor sy eerste byeenkoms vir onderwysers op 1 Julie 2017 gehou.
Volgens Zanele Ngobese, die kampus se alumniverhoudinge-praktisyn, bring hierdie geleentheid nie net alumni terug na die kampus toe nie, maar hou dit hulle ook ingelig oor belangrike sake rakende die NWU. “Hierdie byeenkoms skep uiteindelik ’n platform waar professionele persone – in hierdie geval onderwysers – ’n netwerk met mekaar kan vorm en terselfdertyd hulle weer tot hul alma mater kan verbind,” verduidelik Zanele.
Die uitvoerende direkteur vir korporatiewe verhoudinge en bemarking, Clement Manoko, het die alumni verwelkom, waarna verteenwoordigers van verskeie ondersteuningsafdelings die verskillende dienste en opsies verduidelik het wat vir nagraadse studies in opvoedkunde beskikbaar is.
“Die onderwysprofessie verteenwoordig die hartklop van enige generasie, want as onderwysers op hulle beste funksioneer, kan hulle die hele manier verander waarop hul studente die wêreld waarneem,” verduidelik Zanele. Sy voeg by dat die BEd-groep een van die eerste 'afdelings' van die kampus se alumnigemeenskap sal word.
Konvokasie in die soeklig
Toe was dit op 21 Julie tyd om die lig op Konvokasiesake te laat skyn. Tydens hierdie inligtingsessie het prof Marius Stander verduidelik dat die Konvokasie ’n geleentheid vir alumni skep om ’n impak te hê op hoe die universiteit bestuur word.
Marius is sedert 1979 by die kampus betrokke, eers as student en nou as dosent, en is ’n lid van die Konvokasie se uitvoerende komitee. Hy het beklemtoon dat, deur by die Konvokasie aan te sluit, alumni ’n belangrike rol kan speel in die versekering dat die gehalte en reputasie van die universiteit gehandhaaf en versterk word.
Hy het ook verwys na die betekenisvolle rol wat ’n konvokasie by bekende internasionale universiteite soos Harvard speel, en verduidelik hoe hierdie adviserende liggaam die verloop van die geskiedenis van ’n universiteit kan beïnvloed.
NWU & U“Dis ’n wen-wen-situasie”.
die NWU & U
Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.
Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.
Navigasie
>
<
VOLGENDE ARTIKEL
VORIGE ARTIKEL
KLANK
video
mEER INLIGTING
KLIK
DEEL