X
Voorblad
Die gewilde musiekblyspel Fame is op 30 en 31 Augustus en op 1 en 2 September in die Sanlam Ouditorium op die kampus in Potchefstroom opgevoer en watter opwindende, onvergeetlike fees vir die sintuie was dit nie!
Die kreatiewe span verantwoordelik vir Fame, naamlik lede van Artéma, Alabama Produksies en NWU Potch Kunste, het die gehoor getrakteer op ’n reis vol wonderlike uitvoerings deur talentvolle kunstenaars, wat studente en dosente ingesluit het.
Alumna Nacia Kruger het hierdie opwindende produksie geregisseer en gechoreografeer, terwyl Pieter de Bruin, die kunsdirekteur van die Artéma-opname-ateljee, in beheer van die musiek was. ’n Orkes met nege musikante het die begeleiding verskaf.
Op die voorbladfoto dans Stephen Bogatsu (as Tyrone Jackson) met Lyrinda Venter (in die rol van die balletdanser Iris Kelly).
FOTO: Nacia Kruger
Inhoud
NUUS
“Beste in die wêreld”. Hierdie titel word aan net ’n uitgelese groep gegee en is ’n getuigskrif van jou toewyding aan jou kuns. Of dit nou voor of ná die naam kom, vanaf 16 September tot aan die begin van die volgende Varsity Krieket-toernooi vroeg in 2018, is dit hoe die NWU se krieketspan bekend sal staan.
Dít is nadat NWU-afrigter Conrad de Swardt se span hulle Varsity Krieket-kroon aangevul het deur die Red Bull Kampuskrieket Wêreldeindrondte in Colombo, Sri Lanka te wen.
Spelers van Suid-Afrika, Australië, Pakistan, Indië, Sri Lanka, Bangladesj, die Verenigde Arabiese Emirate en Zimbabwe het aan die toernooi deelgeneem.
Die NWU, wat Suid-Afrika amptelik verteenwoordig het, het hulle eilandgashere maklik genoeg in die eindrondte geklop deur hulle totaal van 121 almal uit in net 15.2 boulbeurte te bereik. Die NWU het hulle veldtog begin met ’n naelbyt-oorwinning van ses paaltjies oor Australië voordat hulle Indië (72 lopies), Pakistan (76 lopies) en Bangladesj (sewe paaltjies) geklop het.
Janneman Malan het die meeste lopies in die toernooi aangeteken (259) en was ook die kompetisie se waardevolste speler. Volgende op die lys was die NWU-ster Wihan Lubbe, met 152 lopies en die toekenning as die derde waardevolste speler. Die NWU se Dyllin Matthews het die meeste paaltjies geneem, met 12 op sy kerfstok.
die NWU & U
Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.
Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.
Navigasie
>
<
VOLGENDE ARTIKEL
VORIGE ARTIKEL
KLANK
video
mEER INLIGTING
KLIK
DEEL