X

Voorblad

 

Die gewilde musiekblyspel Fame is op 30 en 31 Augustus en op 1 en 2 September in die Sanlam Ouditorium op die kampus in Potchefstroom opgevoer en watter opwindende, onvergeetlike fees vir die sintuie was dit nie!

Die kreatiewe span verantwoordelik vir Fame, naamlik lede van Artéma, Alabama Produksies en NWU Potch Kunste, het die gehoor getrakteer op ’n reis vol wonderlike uitvoerings deur talentvolle kunstenaars, wat studente en dosente ingesluit het.

 

Alumna Nacia Kruger het hierdie opwindende produksie geregisseer en gechoreografeer, terwyl Pieter de Bruin, die kunsdirekteur van die Artéma-opname-ateljee, in beheer van die musiek was. ’n Orkes met nege musikante het die begeleiding verskaf.

Op die voorbladfoto dans Stephen Bogatsu (as Tyrone Jackson) met Lyrinda Venter (in die rol van die balletdanser Iris Kelly).

 

FOTO: Nacia Kruger

 

 

 

nuus

Meer oor die beraad

 

Die doel van die NWU se leierskapsberaad is om ’n platform te skep waarvandaan intellektuele kapitaal gedeel kan word en sodoende tot volhoubare en innoverende leierskap in besigheid, die regering en die burgerlike samelewing bydra. Die beraad gee aan individue die waardevolle geleentheid om met leiers wat op hoogte van ekonomiese en bestuurskwessies is skouers te skuur.

 

Opbrengste van die beraad sal na die Ukuvula-stigting gaan. Die stigting se visie van “maak ’n verskil deur gedeelde leer, ontwikkeling en bemagtiging van mense” word onderskryf deur die feit dat die meeste van die hulp wat gegee word in die vorm van beurse vir tersiêre onderwys is. Studente van die NWU sal dus direk by hierdie inisiatief baat.

 

 

 

“Alle Suid-Afrikaners word uitgedaag om na te dink oor wat hulle kan doen om die land te help om weer sy regmatige plek as leier binne die Afrika-kontinent in te neem – hetsy dit vanaf ’n persoonlike, professionele of samelewingsperspektief is.”

Leierskapsberaad

onderskryf nasionale beroep vir aanspreeklike leiers

Ses van Suid-Afrika se briljantste denkers in besigheid, die privaat sektor en entrepreneurskap het by die jaarlikse NWU-leierskapsberaad byeengekom om hulle kundigheid en ervaring met afgevaardigdes te deel.

Prof Dan Kgwadi, Bonang Mohale en prof Raymond Parsons neem tydens die NWU-leierskapsberaad aan ’n paneelbespreking deel.

Die tema van die beraad, wat op 10 Augustus 2017 aangebied is, was “Gedy tydens onsekerheid en kompleksiteit – ’n leierskapsuitdaging”. Die gebeurtenis was ’n dinamiese samewerking tussen die NWU en die Ukuvula-stigting, ’n organisasie sonder winsoogmerk wat gestig is om maatskaplike ontwikkelingsinisiatiewe te koördineer en te befonds.

 

Kundigheid gedeel

 

Volgens Warren Makgowe, die NWU se direkteur vir belanghebberverhoudinge wat aan die stuur van die jaarlikse gebeurtenis staan, is die beraad se visie die ondersteuning van volhoubare toekomstige groei en die ontwikkeling van Suid-Afrika en Afrika deur die beste praktyke, idees en lesse van visionêre, verantwoordelike, en vooruitdenkende leiers te ondersoek.

 

Die sprekers het die volgende persone ingesluit: prof Raymond Parsons (voorsitter van die NWU se Skool vir Besigheid en Korporatiewe Bestuur se adviesraad), Bonang Mohale (hoof- uitvoerende beampte van Besigheidsleierskap Suid-Afrika), Songezo Zibi (hoof van kommunikasie van Barclays Africa Groep Beperk), Yusuf Abramjee (voormalige wêreld-kommunikasiedirekteur van Crime Stoppers International), regter Bess Nkabinde (Konstitusionele Hof van SA) en dr Adrian Saville (stigter en uitvoerende hoof van Cannon Batebestuurders). Prof Dan Kgwadi, die NWU se visekanselier, het die verwelkomingstoespraak gelewer.

 

Ons het verantwoordelike leiers nodig

 

Hoewel die sprekers verskillende sektore verteenwoordig, was daar dieselfde sentiment in elke aanbieding, naamlik die dringende behoefte aan verantwoordelike leierskap in Suid-Afrika.

 

Met openbare wantroue wat toeneem, is dit belangrik dat leiers baie meer van die impak van hulle besluite en die behoeftes van hulle onderskeie kiesafdelings bewus word.

 

 

 

 

die NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

mEER INLIGTING

KLIK

DEEL

“In die huidige vinnigbewegende sakeomgewing is dit uiters belangrik om kennis te deel.”

Paneelbesprekings voeg waarde toe

 

Hierdie jaar is paneelbesprekings by die program gevoeg. Tydens hierdie besprekings het leiers van regoor die openbare en privaat sektor gepraat oor kwessies wat gewissel het van die belangrikheid van die gehalte van hoër onderwys, die eise van die Suid-Afrikaanse arbeidsmark en die rol van entrepreneurskap in volhoubare ontwikkeling.

 

NWU & U  |

NWU & U  |

CONTENTS

NWU & U