X

Voorblad

Die gewilde musiekblyspel Fame is op 30 en 31 Augustus en op 1 en 2 September in die Sanlam Ouditorium op die kampus in Potchefstroom opgevoer en watter opwindende, onvergeetlike fees vir die sintuie was dit nie!

Die kreatiewe span verantwoordelik vir Fame, naamlik lede van Artéma, Alabama Produksies en NWU Potch Kunste, het die gehoor getrakteer op ’n reis vol wonderlike uitvoerings deur talentvolle kunstenaars, wat studente en dosente ingesluit het.

Alumna Nacia Kruger het hierdie opwindende produksie geregisseer en gechoreografeer, terwyl Pieter de Bruin, die kunsdirekteur van die Artéma-opname-ateljee, in beheer van die musiek was. ’n Orkes met nege musikante het die begeleiding verskaf.

Op die voorbladfoto dans Stephen Bogatsu (as Tyrone Jackson) met Lyrinda Venter (in die rol van die balletdanser Iris Kelly).

FOTO: Nacia Kruger

Nuus

previous

<

﷯ Wynand Harmse het ʼn boek oor die eerste 60-jaarperiode van die SAUK (1936 – 1996) geskryf. Die eerste deel gaan oor die geskiedenis – die groei, nuwe programdienste, mense, bestuur en kundigheid. Die politieke gedeelte kyk na apartheid se letsels en nalatenskap en die impak op die mandaat van die SAUK, asook na politieke invloed en pogings tot beheer en inmenging. Transformasie, waarvan die SAUK intens deel was, maak ’n prominente deel van die boek uit. In sy slotgedeelte verwys Wynand na die “reg tot bestaan” as openbare uitsaaier teen die agtergrond van vandag se nuwe landsbehoeftes en ’n nuwemediaomgewing.

Alumnus gesels oor nuwe

SAUK-boek

Terwyl die Suid-Afrikaanse Uitsaai Korporasie (SAUK) in Julie met ’n reeks openbare verhore oor sy redaksionele beleid begin het, kom ’n nuwe boek oor dié instansie eersdaags op die rakke.

Die NWU & U het met alumnus Wynand Harmse gesels wat vir 31 jaar, waarvan byna sewe jaar as uitvoerende hoof, by die openbare uitsaaier was. Wat onthou jy uit jou kindertyd? Ek en my ma het by my suster en swaer op ’n plot naby Randfontein gebly; my pa is voor my geboorte oorlede. Ek onthou ’n baie besige, maar produktiewe plotlewe wat ’n arm gesin aan die lewe moes hou. So het harde werk deel van my wese geword. Duidelik kon jy bo jou omstandighede uitstyg? Ja, ek is baie dankbaar vir geleenthede. Onderwyser Pierre du Plooy het my oorreed om universiteit toe te gaan – destyds iets vreemds vir ons plotmense. Hy het alles gereёl en ek het via ’n onderwysbeurs studeer. Was dit harde werk, veral toe jy vir jou BCom-graad begin studeer het? Ja, dit was, want ek het boonop elke Julie- en Desembervakansie op die treine as kelner gewerk; dit het my finansieel deurgesien. Maar my studentejare was ook lekker en uiters verrykend. Mense onderskat die waarde van studentelewe; iets wat ekstra waardevol is as jy in ’n koshuis bly. Soos klippe mekaar slyp, het my slypwerk by die voormalige Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys (PU vir CHO) en Potchefstroomse Onderwyskollege (POK) my sieninge oor die lewe verander. Ek het as mens gegroei. Om op die studenteraad van POK te kon dien en ander leiersrolle te vertolk, het baie vir my “grootword” beteken. Potchefstroom se studentelewe, saam met die Bult se gereelde snoekersessies en my deelname aan sport was net een groot lekkerte. En boonop was daar mooi meisies oral om jou! Het die dosente tot loopbaan bygedra? Dosente het ʼn groot invloed, en nie net deur kennisoordrag nie. Dosente wat vir my baie beteken het, was prof Fred du Plessis (ekonomie), prof Faul (rekeningkunde) en veral prof de Wet wat vir my statistiese wiskunde doseer het.

Wynand en Ninnie Harmse woon in Plettenburgbaai. Ninnie (née Oosthuizen) is ook ’n alumna. Sy het tussen 1961 en 1964 'n BA-graad in sielkunde en Afrikaans aan die voormalige PU vir CHO en ’n onderwysdiploma aan die destydse POK behaal.

En hoe het jy by die SAUK beland? ʼn Vriend, Barend du Plessis, wat voorsitter van ons POK-Studenteraad was, het my gesê daar’s ’n pos in die finansiesafdeling. Was jy bitter toe jy weens transformasie daar weg is? Ek is op ʼn goeie voet by my werk weg; ek het dit bestuur want ek wou ’n ordelike oorgang gehad het. Ná my diensverlating het die SAUK my vir werk op verskeie projekte gekontrakteer. Ek het gereeld ingeloer vir ’n koffietjie by dr Ivy-Matsepe Cassaburi, die raadsvoorsitter, en Zwelakhe Sisulu was tot sy dood toe ’n vriend. Ek het nie bitterheid in my gehad nie. My kolfbeurt was verby. Noudat jy op Plattenbergbaai woon, hoe hou jy jou besig? Ek en my vrou stap baie, ek lees graag nie-fiksie en ons probeer ook die mooie Suid-Kaap en Klein-Karoo – wat op ons voorstoep is – benut. Ons is baie lief vir die natuur. Ons het drie kinders en vier kleinkinders en besoek hulle graag in Pretoria, Kaapstad en Stellenbosch.

die NWU & U

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

mEER INLIGTING

KLIK

DEEL

 Vanwaar die besluit om ’n boek oor die SAUK te skryf? Omdat ek op ʼn relatief jong leeftyd op topbestuurvlak aangestel is, het ek die beplanning- en strategiese kante en die politieke druk in die voorste linie leer ken. Die SAUK was ver voor in die transformasieproses in die land en later, as uitvoerende hoof, was ek reg in die middel daarvan – en dit verdien mos om vertel te word. My opvolger, Zwelakhe Sisulu, wie ek self vir die SAUK gewerf het, het my eendag, nadat ook hy al die SAUK se diens verlaat het, aangemoedig om oor die geskiedenis, en veral oor transformasie, te skryf. “Because only you can do it,” het hy gesê. Dit was die werklike “trigger”, maar aanvanklik het ek net so af-en-toe daaraan gewerk – ek het eers die laaste twee tot drie jaar meer ernstig daaraan aandag begin gee. Die boek behoort so teen die einde van die jaar of vroeg in 2018 beskikbaar te wees.

NWU & U  |

NWU & U  |

 Vanwaar die besluit om ’n boek oor die SAUK te skryf? Omdat ek op ʼn relatief jong leeftyd op topbestuurvlak aangestel is, het ek die beplanning- en strategiese kante en die politieke druk in die voorste linie leer ken. Die SAUK was ver voor in die transformasieproses in die land en later, as uitvoerende hoof, was ek reg in die middel daarvan – en dit verdien mos om vertel te word. My opvolger, Zwelakhe Sisulu, wie ek self vir die SAUK gewerf het, het my eendag, nadat ook hy al die SAUK se diens verlaat het, aangemoedig om oor die geskiedenis, en veral oor transformasie, te skryf. “Because only you can do it,” het hy gesê. Dit was die werklike “trigger”, maar aanvanklik het ek net so af-en-toe daaraan gewerk – ek het eers die laaste twee tot drie jaar meer ernstig daaraan aandag begin gee. Die boek behoort so teen die einde van die jaar of vroeg in 2018 beskikbaar te wees.
﷯ Wynand Harmse het ʼn boek oor die eerste 60-jaarperiode van die SAUK (1936 – 1996) geskryf. Die eerste deel gaan oor die geskiedenis – die groei, nuwe programdienste, mense, bestuur en kundigheid. Die politieke gedeelte kyk na apartheid se letsels en nalatenskap en die impak op die mandaat van die SAUK, asook na politieke invloed en pogings tot beheer en inmenging. Transformasie, waarvan die SAUK intens deel was, maak ’n prominente deel van die boek uit. In sy slotgedeelte verwys Wynand na die “reg tot bestaan” as openbare uitsaaier teen die agtergrond van vandag se nuwe landsbehoeftes en ’n nuwemediaomgewing.
Die NWU & U het met alumnus Wynand Harmse gesels wat vir 31 jaar, waarvan byna sewe jaar as uitvoerende hoof, by die openbare uitsaaier was. Wat onthou jy uit jou kindertyd? Ek en my ma het by my suster en swaer op ’n plot naby Randfontein gebly; my pa is voor my geboorte oorlede. Ek onthou ’n baie besige, maar produktiewe plotlewe wat ’n arm gesin aan die lewe moes hou. So het harde werk deel van my wese geword. Duidelik kon jy bo jou omstandighede uitstyg? Ja, ek is baie dankbaar vir geleenthede. Onderwyser Pierre du Plooy het my oorreed om universiteit toe te gaan – destyds iets vreemds vir ons plotmense. Hy het alles gereёl en ek het via ’n onderwysbeurs studeer. Was dit harde werk, veral toe jy vir jou BCom-graad begin studeer het? Ja, dit was, want ek het boonop elke Julie- en Desembervakansie op die treine as kelner gewerk; dit het my finansieel deurgesien. Maar my studentejare was ook lekker en uiters verrykend. Mense onderskat die waarde van studentelewe; iets wat ekstra waardevol is as jy in ’n koshuis bly. Soos klippe mekaar slyp, het my slypwerk by die voormalige Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys (PU vir CHO) en Potchefstroomse Onderwyskollege (POK) my sieninge oor die lewe verander. Ek het as mens gegroei. Om op die studenteraad van POK te kon dien en ander leiersrolle te vertolk, het baie vir my “grootword” beteken. Potchefstroom se studentelewe, saam met die Bult se gereelde snoekersessies en my deelname aan sport was net een groot lekkerte. En boonop was daar mooi meisies oral om jou! Het die dosente tot loopbaan bygedra? Dosente het ʼn groot invloed, en nie net deur kennisoordrag nie. Dosente wat vir my baie beteken het, was prof Fred du Plessis (ekonomie), prof Faul (rekeningkunde) en veral prof de Wet wat vir my statistiese wiskunde doseer het.
En hoe het jy by die SAUK beland? ʼn Vriend, Barend du Plessis, wat voorsitter van ons POK-Studenteraad was, het my gesê daar’s ’n pos in die finansiesafdeling. Was jy bitter toe jy weens transformasie daar weg is? Ek is op ʼn goeie voet by my werk weg; ek het dit bestuur want ek wou ’n ordelike oorgang gehad het. Ná my diensverlating het die SAUK my vir werk op verskeie projekte gekontrakteer. Ek het gereeld ingeloer vir ’n koffietjie by dr Ivy-Matsepe Cassaburi, die raadsvoorsitter, en Zwelakhe Sisulu was tot sy dood toe ’n vriend. Ek het nie bitterheid in my gehad nie. My kolfbeurt was verby. Noudat jy op Plattenbergbaai woon, hoe hou jy jou besig? Ek en my vrou stap baie, ek lees graag nie-fiksie en ons probeer ook die mooie Suid-Kaap en Klein-Karoo – wat op ons voorstoep is – benut. Ons is baie lief vir die natuur. Ons het drie kinders en vier kleinkinders en besoek hulle graag in Pretoria, Kaapstad en Stellenbosch.

CONTENTS

﷯ Wynand Harmse het ʼn boek oor die eerste 60-jaarperiode van die SAUK (1936 – 1996) geskryf. Die eerste deel gaan oor die geskiedenis – die groei, nuwe programdienste, mense, bestuur en kundigheid. Die politieke gedeelte kyk na apartheid se letsels en nalatenskap en die impak op die mandaat van die SAUK, asook na politieke invloed en pogings tot beheer en inmenging. Transformasie, waarvan die SAUK intens deel was, maak ’n prominente deel van die boek uit. In sy slotgedeelte verwys Wynand na die “reg tot bestaan” as openbare uitsaaier teen die agtergrond van vandag se nuwe landsbehoeftes en ’n nuwemediaomgewing.
Die NWU & U het met alumnus Wynand Harmse gesels wat vir 31 jaar, waarvan byna sewe jaar as uitvoerende hoof, by die openbare uitsaaier was. Wat onthou jy uit jou kindertyd? Ek en my ma het by my suster en swaer op ’n plot naby Randfontein gebly; my pa is voor my geboorte oorlede. Ek onthou ’n baie besige, maar produktiewe plotlewe wat ’n arm gesin aan die lewe moes hou. So het harde werk deel van my wese geword. Duidelik kon jy bo jou omstandighede uitstyg? Ja, ek is baie dankbaar vir geleenthede. Onderwyser Pierre du Plooy het my oorreed om universiteit toe te gaan – destyds iets vreemds vir ons plotmense. Hy het alles gereёl en ek het via ’n onderwysbeurs studeer. Was dit harde werk, veral toe jy vir jou BCom-graad begin studeer het? Ja, dit was, want ek het boonop elke Julie- en Desembervakansie op die treine as kelner gewerk; dit het my finansieel deurgesien. Maar my studentejare was ook lekker en uiters verrykend. Mense onderskat die waarde van studentelewe; iets wat ekstra waardevol is as jy in ’n koshuis bly. Soos klippe mekaar slyp, het my slypwerk by die voormalige Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys (PU vir CHO) en Potchefstroomse Onderwyskollege (POK) my sieninge oor die lewe verander. Ek het as mens gegroei. Om op die studenteraad van POK te kon dien en ander leiersrolle te vertolk, het baie vir my “grootword” beteken. Potchefstroom se studentelewe, saam met die Bult se gereelde snoekersessies en my deelname aan sport was net een groot lekkerte. En boonop was daar mooi meisies oral om jou! Het die dosente tot loopbaan bygedra? Dosente het ʼn groot invloed, en nie net deur kennisoordrag nie. Dosente wat vir my baie beteken het, was prof Fred du Plessis (ekonomie), prof Faul (rekeningkunde) en veral prof de Wet wat vir my statistiese wiskunde doseer het.  Vanwaar die besluit om ’n boek oor die SAUK te skryf? Omdat ek op ʼn relatief jong leeftyd op topbestuurvlak aangestel is, het ek die beplanning- en strategiese kante en die politieke druk in die voorste linie leer ken. Die SAUK was ver voor in die transformasieproses in die land en later, as uitvoerende hoof, was ek reg in die middel daarvan – en dit verdien mos om vertel te word. My opvolger, Zwelakhe Sisulu, wie ek self vir die SAUK gewerf het, het my eendag, nadat ook hy al die SAUK se diens verlaat het, aangemoedig om oor die geskiedenis, en veral oor transformasie, te skryf. “Because only you can do it,” het hy gesê. Dit was die werklike “trigger”, maar aanvanklik het ek net so af-en-toe daaraan gewerk – ek het eers die laaste twee tot drie jaar meer ernstig daaraan aandag begin gee. Die boek behoort so teen die einde van die jaar of vroeg in 2018 beskikbaar te wees.

NWU & U