X

Voorblad

 

Die gewilde musiekblyspel Fame is op 30 en 31 Augustus en op 1 en 2 September in die Sanlam Ouditorium op die kampus in Potchefstroom opgevoer en watter opwindende, onvergeetlike fees vir die sintuie was dit nie!

Die kreatiewe span verantwoordelik vir Fame, naamlik lede van Artéma, Alabama Produksies en NWU Potch Kunste, het die gehoor getrakteer op ’n reis vol wonderlike uitvoerings deur talentvolle kunstenaars, wat studente en dosente ingesluit het.

 

Alumna Nacia Kruger het hierdie opwindende produksie geregisseer en gechoreografeer, terwyl Pieter de Bruin, die kunsdirekteur van die Artéma-opname-ateljee, in beheer van die musiek was. ’n Orkes met nege musikante het die begeleiding verskaf.

Op die voorbladfoto dans Stephen Bogatsu (as Tyrone Jackson) met Lyrinda Venter (in die rol van die balletdanser Iris Kelly).

 

FOTO: Nacia Kruger

 

 

 

NUUS

Bekroon vir navorsing oor hipertensie

 

Prof Alta Schutte is ’n professor in fisiologie en die houer van die Suid-Afrikaanse Navorsingsleerstoel (SANLI) in die vroeë opsporing en voorkoming van kardiovaskulêre siekte in Suid-Afrika.

 

Die Departement van Wetenskap en Tegnologie befonds hierdie leerstoel wat in die Hipertensie in Afrika-navorsingspan (HART) aan die NWU geleë is.

 

Alta is ook die direkteur van die Mediese Navorsingsraad se buitemuurse eenheid vir hipertensie en kardiovaskulêre siekte en ondervoorsitter van die Internasionale Vereniging vir Hipertensie.

 

 

Navorsers hou NWU op die landkaart

Twee navorsers, prof Alta Schutte en prof Melville Saayman, hou die NWU op die navorsingslandkaart nadat hulle onlangs erkenning gekry het by geleenthede waar die voorste navorsers in Suid-Afrika vereer is.

Eers, in Junie 2017, het Alta en Melville die NSTF-South32-toekennings, ook bekend as die “Wetenskap Oscars”, tydens ʼn gala-geleentheid in Johannesburg ontvang. ʼn Paar weke later, in Augustus, het Alta die Departement van Wetenskap en Tegnologie se Vroue in Wetenskap-toekenning ontvang.

 

Die NSTF-South32-toekennings is die belangrikste toekennings vir wetenskap, ingenieurswese, tegnologie (SET) en innovering in Suid-Afrika, en is die eerste wetenskaptoekennings in die land wat daarop fokus om inligting oor SET aan die publiek oor te dra.

 

Alta is die gesamentlike wenner van die TW Kambule-NSTF-toekenning vir navorsing en uitsette deur ’n individu binne 15 jaar nadat hulle ’n PhD verwerf het, terwyl Melville die wenner is van die Spesiale Jaarlikse Tema-toekenning wat toegeken word aan ’n individu wat ’n bydrae tot volhoubare toerisme vir ontwikkeling lewer of dit ondersteun. Naledi Pandor, Minister van Wetenskap en Tegnologie en die toekennings se beskermvrou, het die toekennings oorhandig.

 

Onder die heel bestes

 

Alta se jongste prestasie, die Vroue in Wetenskap-toekenning, is die Departement van Wetenskap en Tegnologie se jaarlikse toekenning wat die prestasies van vroue in wetenskap vier en deur die regering toegeken word.

 

Hierdie toekenning plaas vir Alta in dieselfde liga as van die land se mees geëerde en inspirerende vrouewetenskaplikes.In die verlede is Alta ook vereer met ’n Vroue in Wetenskap-toekenning vir uitsonderlike jong vroue in wetenskap (jonger as 40 jaar) en ’n uitnemendheidstoekenning van die Fisiologie-vereniging van Suider-Afrika.

 

Daarby is sy vir die Volgende Einstein-forum gekies, wat wetenskap, die samelewing en beleid in Afrika en die res van die wêreld verbind.

 

Hierdie toekennings het weereens gewys dat die NWU se navorsers onder die beste in Suid-Afrika is en dat hulle navorsing groot impak maak.

 

 

 

die NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

mEER INLIGTING

KLIK

DEEL

Aan die voorpunt van toerismenavorsing

 

Prof Melville Saayman is die wenner is van die Spesiale Jaarlikse Tema-toekenning wat toegeken word aan ’n individu wat ’n bydrae tot volhoubare toerisme vir ontwikkeling lewer of dit ondersteun.

 

Hy is die direkteur van die Eenheid vir Toerismenavorsing in Ekonomiese Omgewings en die Samelewing (TREES) in die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe.

 

In 2016 is Melville vir die tweede agtereenvolgende jaar as die NWU se Mees Produktiewe Navorser aangewys, wat die deurlopende voortreflikheid van sy navorsing bewys.

 

 

NWU & U  |

NWU & U  |

CONTENTS

NWU & U