X

Voorblad

 

Die gewilde musiekblyspel Fame is op 30 en 31 Augustus en op 1 en 2 September in die Sanlam Ouditorium op die kampus in Potchefstroom opgevoer en watter opwindende, onvergeetlike fees vir die sintuie was dit nie!

Die kreatiewe span verantwoordelik vir Fame, naamlik lede van Artéma, Alabama Produksies en NWU Potch Kunste, het die gehoor getrakteer op ’n reis vol wonderlike uitvoerings deur talentvolle kunstenaars, wat studente en dosente ingesluit het.

 

Alumna Nacia Kruger het hierdie opwindende produksie geregisseer en gechoreografeer, terwyl Pieter de Bruin, die kunsdirekteur van die Artéma-opname-ateljee, in beheer van die musiek was. ’n Orkes met nege musikante het die begeleiding verskaf.

Op die voorbladfoto dans Stephen Bogatsu (as Tyrone Jackson) met Lyrinda Venter (in die rol van die balletdanser Iris Kelly).

 

FOTO: Nacia Kruger

 

 

 

nuus

 

Driejaarlikse vergadering uitgestel

 

Volgens die NWU Statuut moet ’n algemene vergadering van die Konvokasie ten minste elke drie jaar gehou word. Verskeie uitnodigings na hierdie vergadering, wat vir 26 Augustus 2017 geskeduleer was, is uitgestuur. Ongelukkig het die reaksie getoon dat daar nie ’n kworum teenwoordig sou wees nie, en moes die vergadering gekanselleer word. Dit sal vroeg in 2018 herskeduleer word.

 

Totdat ’n nuwe dagbestuurstruktuur vir die Konvokasie verkies is, sal die huidige een van krag bly.

 

 

Hoe kan ek my alma mater ondersteun?

 

Daar is talle maniere waarop jy iets kan teruggee vir alles wat jy by die NWU ontvang het. Ons het julle as alumni byvoorbeeld nodig om ons op hoogte te hou van die relevansie van ons kwalifikasies ten opsigte van die bedryf se behoeftes.

 

Ons het ook ons alumni nodig om rolmodelle vir huidige studente te wees. Besoek asseblief ons kampusse en praat met ons studente. Moedig hulle aan en motiveer hulle. Waarsku hulle teen die uitdagings en vertel aan hulle van die geleenthede wat in die “regte” wêreld op hulle wag.

 

Julle kan ook indiensleer-geleenthede vir ons studente skep deur hulle as interns in diens te neem – stel hulle aan julle loopbaanwêreld bekend en help hulle om hulle vaardighede te slyp.

 

Enige fondse wat jy aan die universiteit wil skenk sal ook baie waardeer en deeglik benut word. Jy kan ’n projek befonds waarvoor jy werklik omgee, of vir ’n spesifieke groep studente, en só tot die toekomstige ontwikkeling van die NWU bydra. Klik hier vir meer inligting oor donasies.

 

Trouens, die bekende gesegdes van “iets aangee” of dit “terugploeg” is nie net tot voordeel van die persoon aan die ontvangkant daarvan nie, maar ook tot dié van die gewer daarvan. Niemand kan ontken dat dit ’n verrykende ervaring is om iets te gee nie, en dat dit jou goed laat voel en aan jou lewe rigting gee.

 

 

Dis ’n wen-wen situasie

Om ’n aktiewe en betrokke alumnus van die NWU te wees, plaas ’n mens ongetwyfeld in ’n wen-wen-situasie.

Dit is die lede van die dagbestuur van die Konvokasie: Voor van links is dr Dirk Hermann (ondervoorsitter), dr Sammy Thekiso (voorsitter), prof Marius Stander (tesourier) en adv Marelize Kruger. Agter is Henk Schalekamp, Albert Sorgdrager, Werner Human en Nelson Mongale.

Dr Sammy Thekiso is die voorsitter van die NWU se Konvokasie.Dit is die mening van dr Sammy Thekiso, voorsitter van die NWU se Konvokasie, wat vas glo dat om met jou alma mater in kontak te bly, jou én die universiteit bevoordeel.

 

Die NWU & U het met hom gepraat oor die vestiging van wedersyds voordelige verhoudings tussen alumni en die universiteit.

 

Eerstens, hoe kan ek as ’n alumnus daarby baat om met die NWU in kontak te bly?

 

Een van die eerste voordele waaraan ’n mens kan dink is netwerking. Ons weet almal hoe belangrik dit deesdae vir die bevordering van jou loopbaan is om op ’n uitgebreide professionele netwerk staat te maak. As alumnus kry jy die geleentheid om deel te wees van ’n wêreldwye netwerk van NWU-alumni wat jou opvoedkundige agtergrond deel, en heel waarskynlik ook jou basiese waardestelsels en werksetiek – alles waardevolle voordele wat deur ’n opvoeding aan die NWU verkry is.

 

Al jou mede-alumni kan vir jou ’n aanwins wees. Jy kan vir ouer lede loopbaanadvies vra en hulle netwerke vir bevorderingsmoontlikhede benut, terwyl jonger alumni met wie jy kontak het vir jou ’n bron van toekomstige werknemers of kollegas kan wees.

 

Deur in kontak met die universiteit self te bly, kry jy die geleentheid om die geriewe en kundigheid van die instelling vir jou professionele lewe te gebruik – byvoorbeeld deur navorsingsresultate aan te wend om jou besigheid te help groei. Dit stel ons ook in staat om jou oor die belangrike ontwikkelinge en prestasies van die NWU ingelig te hou.”

 

Hoe kan ek betrokke raak?

 

Daar is twee hoofkanale beskikbaar – die alumnivereniging en die Konvokasie.

 

Kom ons praat eers oor die Konvokasie. Dit is ’n formele struktuur wat die welstand van die universiteit bevorder en deur verteenwoordiging op die NWU Raad sy sake aktief beïnvloed. Dit bestaan uit voormalige studente (alumni) wat ’n graad of diploma aan die NWU of sy voorgangers verwerf het, asook al die huidige permanente personeellede van die universiteit.

 

Jy kan ’n lid word deur formeel vir lidmaatskap aansoek te doen en die voorgeskrewe R50 vir lewenslange lidmaatskap te betaal. Klik hier vir meer inligting oor lidmaatskap en die aansoekvorm.

 

En die alumnivereniging?

 

Die NWU-alumnivereniging is ’n tak van die Konvokasie en bevorder lewenslange skakels tussen alumni en die universiteit.

 

Elkeen wat ’n diploma of graad by die NWU (of sy voorgangers) verwerf het, kan ’n lid van die alumnivereniging word. Die gades van alumni, asook individuele donateurs wat nie aan die NWU studeer het nie, kan assosiaatlede met dieselfde regte en voorregte as ander lede word.

 

 

 

 

die NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

mEER INLIGTING

KLIK

DEEL

 

Kontak die praktisyns in die alumnikantore op ons kampusse vir meer inligting:

 

Susan van Rooyen (Mahikeng)

Tel 018 389 2388

 

Abigail Leshope (Potchefstroom)

Tel 018 285 2669

 

Zanele Ngobese (Vanderbijlpark)

Tel 016 910 3250

 

 

NWU & U  |

NWU & U  |

situasie

CONTENTS

NWU & U