X

Voorblad

 

Die gewilde musiekblyspel Fame is op 30 en 31 Augustus en op 1 en 2 September in die Sanlam Ouditorium op die kampus in Potchefstroom opgevoer en watter opwindende, onvergeetlike fees vir die sintuie was dit nie!

Die kreatiewe span verantwoordelik vir Fame, naamlik lede van Artéma, Alabama Produksies en NWU Potch Kunste, het die gehoor getrakteer op ’n reis vol wonderlike uitvoerings deur talentvolle kunstenaars, wat studente en dosente ingesluit het.

 

Alumna Nacia Kruger het hierdie opwindende produksie geregisseer en gechoreografeer, terwyl Pieter de Bruin, die kunsdirekteur van die Artéma-opname-ateljee, in beheer van die musiek was. ’n Orkes met nege musikante het die begeleiding verskaf.

Op die voorbladfoto dans Stephen Bogatsu (as Tyrone Jackson) met Lyrinda Venter (in die rol van die balletdanser Iris Kelly).

 

FOTO: Nacia Kruger

 

 

 

Nuus

Ou vriende, goeie wyn en ʼn warm, knus atmosfeer: wat meer kan ʼn alumnus vra?

Geesdriftige alumni

kuier die winter warm

Die koue het nie ʼn kans gestaan teen die warm atmosfeer toe De Wilgers-manskoshuis hul 25-jaar-reünie van 21 tot 23 Julie in Potchefstroom gevier het nie, en ook nie toe Nelspruit-alumni op 28 Julie in die Laeveld bymekaargekom het nie.

Die naweek van 21 tot 23 Julie het op ʼn hoë noot afgeskop toe De Wilgers se Timmies-rugbyspan die Vrydag met 24-21 oor Ratau se eerste span geseëvier het. Daardie aand het die alumni stories – die een erger as die ander – oor hulle universiteitsdae vertel terwyl hulle om die vuur in die koshuis se boma gekuier het.

 

Saterdag het almal by ʼn toer deur die universiteit se argief aangesluit, waarna die manne saam rugby gekyk het. Tydens die aand se funksie het prof Hendré Reyneke en prof Hans de Ridder, albei voormalige koshuisvaders, saam met oud-HK-lede met die alumni gesels.

 

Die huidige koshuisvader, Dries Marais, het Sondagoggend ná ontbyt ʼn spreekbeurt gekry voordat die alumni die pad huis toe aangedurf het.

 

Kuier in die Laeveld

 

’n Week later was dit pure Laeveld-lekkerte toe NWU-vriende op 28 Julie 2017 by Umbali in Nelspruit (Mbombela) bymekaargekom het.

 

Ongeveer 50 gaste, insluitende alumni, ouers van huidige studente en ander vriende van die NWU, het trotse NWU-bande gevier en versterk.

 

Benewens die kuier het hulle ook geluister na prof Fika Janse van Rensburg, die adjunk-visekanselier op die NWU se kampus in Potchefstroom, wat vir hulle vertel het hoe dit by die universiteit gaan.

 

 

 

 

die NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

mEER INLIGTING

KLIK

DEEL

NWU & U  |

NWU & U  |

CONTENTS

NWU & U