X

Voorblad

 

Die gewilde musiekblyspel Fame is op 30 en 31 Augustus en op 1 en 2 September in die Sanlam Ouditorium op die kampus in Potchefstroom opgevoer en watter opwindende, onvergeetlike fees vir die sintuie was dit nie!

Die kreatiewe span verantwoordelik vir Fame, naamlik lede van Artéma, Alabama Produksies en NWU Potch Kunste, het die gehoor getrakteer op ’n reis vol wonderlike uitvoerings deur talentvolle kunstenaars, wat studente en dosente ingesluit het.

 

Alumna Nacia Kruger het hierdie opwindende produksie geregisseer en gechoreografeer, terwyl Pieter de Bruin, die kunsdirekteur van die Artéma-opname-ateljee, in beheer van die musiek was. ’n Orkes met nege musikante het die begeleiding verskaf.

Op die voorbladfoto dans Stephen Bogatsu (as Tyrone Jackson) met Lyrinda Venter (in die rol van die balletdanser Iris Kelly).

 

FOTO: Nacia Kruger

 

 

 

nuus

Toe alumnus Thato Mashishi met die vroue op die kampus in Mahikeng gepraat het, het hy gesê dat nie-seksisme, as een van die grondbeginsels van ons Grondwet, nie net bevorder moet word nie, maar ook beskerm moet word om gelykheid en die bevordering van menseregte en vryhede te verseker.

Hierdie alumni

is gretig om terug te gee

Die afgelope paar maande was produktief vir alumni van die kampus in Mahikeng.

Gaste by die alumni-dinee in Bloemfontein is van links Melamu Shuping, M Sekhokho, en Tabiso Sekhokho van die Vrystaatse Onderwysdepartement, Warren Makgowe, direkteur vir belanghebberverhoudinge by die NWU, Bradley Dibotelo, Puleng Phaka en Tshwaro Kgeth.

Eers het MBA-alumni op 7 Junie 2017 by die Leopard Park Golf Estate in Mahikeng bymekaargekom. Een van die hoofonderwerpe wat hulle tydens die byeenkoms bespreek het, was die belangrikheid om iets aan die universiteit terug te gee en die verskillende maniere om dit te doen. Dit sluit byvoorbeeld in om fondse in te samel vir die Meal-a-Day-projek wat studente van ten minste een gesonde maaltyd per dag voorsien.

 

By die byeenkoms het alumni ook besluit om aan ander MBA-alumni te skryf en te beklemtoon hoe belangrik die rol is wat hulle in die ondersteuning van hul alma mater kan speel.

 

Positiewe gesindheid onder die Bloemfontein-alumni

 

Daarna, op 23 Junie, het Warren Makgowe, die direkteur vir belanghebberverhoudinge, en Susan van Rooyen, alumniverhoudinge-praktisyn, ’n alumnibyeenkoms en dinee by die Protea Hotel in Brandwag, Bloemfontein bygewoon.

 

Hulle het gehoor dat die alumni entoesiasties was om ’n afdeling in daardie stad te stig met die doel om as ’n skakel tussen hulle en die universiteit te funksioneer.

 

Tydens die vergadering het NWU-personeel die alumni ingelig oor die jongste ontwikkelinge by die universiteit en die uitdagings wat die kampus in Mahikeng in die gesig staar. Alumni is ook gevra om hul ervarings van die werkplek te deel, en te vertel wat hulle bereik het sedert hulle aan die NWU gegradueer het.

 

’n Bespreking oor fondsinsameling het ook positiewe reaksie by die alumni uitgelok.

 

Alumnus praat met vroue vanuit ’n man se perspektief

 

Alumnus Thato Mashishi, ’n 25 jaar oue kandidaatprokureur by die regsfirma Fasken Martineau, het op 26 Augustus 2017 met vroulike studente gepraat. Dit was tydens ’n funksie wat deur die Koshuisraad van 2017 in vennootskap met die Mahikeng-afdeling van die Golden Key International Honour Society georganiseer is.

 

Thato, ook ’n Golden Key-lid, het ’n man se perspektief gegee oor die rol van vroue in leierskap onder die tema: “Wees bewus van jou waarde”.

 

 

 

 

die NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

mEER INLIGTING

KLIK

DEEL

MBA-alumni agter van links is Johnson Nimako, Ellse Tsolo en Terrance Seletedi. Voor is Susan van Rooyen, alumniverhoudinge-praktisyn, Lucy Nkopo en Lungile Ntsizwane.

NWU & U  |

NWU & U  |

CONTENTS

NWU & U