X

Voorblad

Die gewilde musiekblyspel Fame is op 30 en 31 Augustus en op 1 en 2 September in die Sanlam Ouditorium op die kampus in Potchefstroom opgevoer en watter opwindende, onvergeetlike fees vir die sintuie was dit nie!

Die kreatiewe span verantwoordelik vir Fame, naamlik lede van Artéma, Alabama Produksies en NWU Potch Kunste, het die gehoor getrakteer op ’n reis vol wonderlike uitvoerings deur talentvolle kunstenaars, wat studente en dosente ingesluit het.

Alumna Nacia Kruger het hierdie opwindende produksie geregisseer en gechoreografeer, terwyl Pieter de Bruin, die kunsdirekteur van die Artéma-opname-ateljee, in beheer van die musiek was. ’n Orkes met nege musikante het die begeleiding verskaf.

Op die voorbladfoto dans Stephen Bogatsu (as Tyrone Jackson) met Lyrinda Venter (in die rol van die balletdanser Iris Kelly).

FOTO: Nacia Kruger

nuus

previous

<

Anria van Heerden is die stigter van Caring Daisies. Sy sê die mense in die organisasie gebruik hulle sakenetwerke om mense te help wat soms meer as geld nodig het.

“Ons het besef dat elke persoon die krag, geduld en passie het om goed te doen en die wêreld ’n beter plek te maak.”

Hulle roeping is om aan die gemeenskap terug te gee

Die missie van die NWU-alumni Anria van Heerden en Annelise de Jager is om Suid-Afrika ’n beter plek te maak – een dag op ’n keer.

Anria is die stigter van Caring Daisies, ’n fondsinsamelingsinisiatief wat daarop fokus om gewone mense te help wat nie vir hulp van groot liefdadigheidsorganisasies kwalifiseer nie. Annelise het Loslitdag en later Nasionale Tekkiebelastingdag begin. Dit is ’n fondsinsamelingsveldtog waar lede van die publiek 'n plakker en skoenveters koop en hulle tekkies werk toe dra. Gebruik hulle invloed vir almal se beswil Anria is ’n sakevrou met ’n groot hart. Agt jaar gelede het hierdie moeder van twee van Pretoria met die idee vorendag gekom om Caring Daisies te begin toe haar seun se onderwyser fondse ingesamel het vir haar drieling om op ’n skoolbesoek oorsee te gaan. “Ons wou R44 000 vir die drieling insamel, maar tot ons verbasing het ons ’n totaal van R200 000 ingesamel. Die sukses van hierdie eerste insamelingspoging en die entoesiasme van almal wat my gehelp het, het my laat besef dat ons ’n geskenk gekry het om lewens mee te verander. En so is Caring Daisies gebore,” sê Anria. ﷯Benewens haar deeltydse werk by Caring Daisies, bedryf Anria haar eie finansiële adviesmaatskappy, waar sy ’n finansiële beplanner is. Sy het haar eerste kwalifikasie, ’n BCom-graad in rekreasie- en sportbestuur, in 1995 aan die NWU behaal, en haar honneursgraad in bemarking in 1996 voltooi – ook aan die NWU. ’n Vrou met talle fasette Annelise sê sy wou nog altyd die wêreld verander, en honneursgrade in maatskaplike werk en kommunikasie aan die NWU het haar die basis gegee wat sy nodig gehad het om haar passie uit te leef om ander se lewens te raak. Sy het in 1994 Loslitdag, ’n nasionale fondsinsamelingsveldtog vir mense met gestremdhede, begin. Sy het die veldtog 18 jaar lank suksesvol bestuur onder die vaandel van haar destydse maatskappy, The Marketing Team. Sy het toe aanbeweeg en in 2012 Nasionale Tekkiebelastingdag begin – ’n veldtog wat die breër spektrum van welsynsorganisasies bedien: diere, ouer mense, kinders, ongeskiktheid en onderwys. Nadat Annelise die veldtog vier jaar lank suksesvol bedryf het, het sy besluit om dit aan die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie (SAVF) en Epilepsie SA oor te dra sodat sy op haar NRO-bemagtigingsprogram kan fokus. “Deur hierdie program lei ek mense op, bemagtig hulle en verander hulle lewens. Ek smee langtermynverhoudings en lei die organisasies met wie ek saamwerk deur middel van persoonlike ontwikkeling, en opleiding in tegnologie en bemarking. Ek glo as jy daardie elemente in plek het, sal suksesvolle fondsinsameling ’n gegewe wees,” sê sy. Hierdie ma van een uit Centurion is ook ’n passievolle openbare spreker en adviseer maatskappye dikwels oor hoe hulle die grootste impak met hulle BSEB-bydraes kan maak. Inisiatiewe soos Tekkiebelastingdag en Caring Daisies verskaf vreugde aan diegene wat minder bevoorreg is en maak Suid-Afrika ’n beter plek – een tree op ’n slag.

die NWU & U

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

mEER INLIGTING

KLIK

DEEL

Annelise de Jager het Loslitdag en Nasionale Tekkiebelastingdag begin.

Laasgenoemde word elke jaar op die laaste Vrydag van Mei gevier. Ongeveer 300 welsynsorganisasies gebruik hierdie projek as hulle jaarlikse fondsinsamelingsveldtog.

next

>

NWU & U  |

NWU & U  |

Hulle roeping is om aan die gemeenskap terug te gee
Anria is die stigter van Caring Daisies, ’n fondsinsamelingsinisiatief wat daarop fokus om gewone mense te help wat nie vir hulp van groot liefdadigheidsorganisasies kwalifiseer nie. Annelise het Loslitdag en later Nasionale Tekkiebelastingdag begin. Dit is ’n fondsinsamelingsveldtog waar lede van die publiek 'n plakker en skoenveters koop en hulle tekkies werk toe dra. Gebruik hulle invloed vir almal se beswil Anria is ’n sakevrou met ’n groot hart. Agt jaar gelede het hierdie moeder van twee van Pretoria met die idee vorendag gekom om Caring Daisies te begin toe haar seun se onderwyser fondse ingesamel het vir haar drieling om op ’n skoolbesoek oorsee te gaan. “Ons wou R44 000 vir die drieling insamel, maar tot ons verbasing het ons ’n totaal van R200 000 ingesamel. Die sukses van hierdie eerste insamelingspoging en die entoesiasme van almal wat my gehelp het, het my laat besef dat ons ’n geskenk gekry het om lewens mee te verander. En so is Caring Daisies gebore,” sê Anria. ﷯Benewens haar deeltydse werk by Caring Daisies, bedryf Anria haar eie finansiële adviesmaatskappy, waar sy ’n finansiële beplanner is. Sy het haar eerste kwalifikasie, ’n BCom-graad in rekreasie- en sportbestuur, in 1995 aan die NWU behaal, en haar honneursgraad in bemarking in 1996 voltooi – ook aan die NWU. ’n Vrou met talle fasette Annelise sê sy wou nog altyd die wêreld verander, en honneursgrade in maatskaplike werk en kommunikasie aan die NWU het haar die basis gegee wat sy nodig gehad het om haar passie uit te leef om ander se lewens te raak. Sy het in 1994 Loslitdag, ’n nasionale fondsinsamelingsveldtog vir mense met gestremdhede, begin. Sy het die veldtog 18 jaar lank suksesvol bestuur onder die vaandel van haar destydse maatskappy, The Marketing Team. Sy het toe aanbeweeg en in 2012 Nasionale Tekkiebelastingdag begin – ’n veldtog wat die breër spektrum van welsynsorganisasies bedien: diere, ouer mense, kinders, ongeskiktheid en onderwys. Nadat Annelise die veldtog vier jaar lank suksesvol bedryf het, het sy besluit om dit aan die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie (SAVF) en Epilepsie SA oor te dra sodat sy op haar NRO-bemagtigingsprogram kan fokus. “Deur hierdie program lei ek mense op, bemagtig hulle en verander hulle lewens. Ek smee langtermynverhoudings en lei die organisasies met wie ek saamwerk deur middel van persoonlike ontwikkeling, en opleiding in tegnologie en bemarking. Ek glo as jy daardie elemente in plek het, sal suksesvolle fondsinsameling ’n gegewe wees,” sê sy. Hierdie ma van een uit Centurion is ook ’n passievolle openbare spreker en adviseer maatskappye dikwels oor hoe hulle die grootste impak met hulle BSEB-bydraes kan maak. Inisiatiewe soos Tekkiebelastingdag en Caring Daisies verskaf vreugde aan diegene wat minder bevoorreg is en maak Suid-Afrika ’n beter plek – een tree op ’n slag.

CONTENTS

NWU & U