X

Voorblad

 

Die gewilde musiekblyspel Fame is op 30 en 31 Augustus en op 1 en 2 September in die Sanlam Ouditorium op die kampus in Potchefstroom opgevoer en watter opwindende, onvergeetlike fees vir die sintuie was dit nie!

Die kreatiewe span verantwoordelik vir Fame, naamlik lede van Artéma, Alabama Produksies en NWU Potch Kunste, het die gehoor getrakteer op ’n reis vol wonderlike uitvoerings deur talentvolle kunstenaars, wat studente en dosente ingesluit het.

 

Alumna Nacia Kruger het hierdie opwindende produksie geregisseer en gechoreografeer, terwyl Pieter de Bruin, die kunsdirekteur van die Artéma-opname-ateljee, in beheer van die musiek was. ’n Orkes met nege musikante het die begeleiding verskaf.

Op die voorbladfoto dans Stephen Bogatsu (as Tyrone Jackson) met Lyrinda Venter (in die rol van die balletdanser Iris Kelly).

 

FOTO: Nacia Kruger

 

 

 

Profiele

Regsgeleerde lei nou

universiteit vir gesondheidswetenskappe

Die Sefako Makgatho Gesondheidswetenskappe Universiteit is gelukkig om iemand te hê met die ondervinding, kennis en vermoëns wat prof Chris de Beer het om die instelling die toekoms in te lei.

Prof Chris de Beer se loopbaan in tersiêre onderwys strek oor ’n tydperk van 46 jaar, met 24 jaar in die senior bestuur van verskeie hoëronderwysinstellings. Hy het onlangs die eerste visekanselier van die Sefako Makgatho Gesondheidswetenskappe Universiteit geword.

Kombineer regte en hoër onderwys

 

Die Minister van Hoër Onderwys en Opleiding het vir prof Chris de Beer in 2014 in die Raad op Hoër Onderwys aangestel met ’n projek wat gemik was op die hersiening van die Wet op Hoër Onderwys, 1997, soos gewysig.

Die gewysigde Wet op Hoër Onderwys wat in Mei 2016 aanvaar is, het uit hierdie inisiatief voortgevloei.

 

 

Klik hier om na die oorspronklike artikel terug te gaan.

Dit was die woorde van  Dr Edna Molewa, minister van Omgewingsake en kanselier van hierdie nuwe universiteit toe sy vir Chris as die eerste visekanselier en prinsipaal van hierdie instelling verwelkom het.

 

Chris, ʼn regskenner en NWU-alumnus, het ʼn lang reis gehad vanaf Lichtenburg in die hart van die destydse Wes-Transvaal – nou Noordwes – waar hy gebore en getoë is.

 

Hy het in die laat sestigerjare en vroeë sewentigs aan die voormalige Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys (PU vir CHO) studeer, waar hy die grade BJur et Art en LLB (cum laude) verwerf het.

 

Hierdie voormalige inwoner van die Over de Voor-manskoshuis sê sy fundamentele benadering tot die lewe en sy lewensfilosofie is gedurende sy studentejare in Potchefstroom gevorm. Dit was ook waar sy strewe na uitnemendheid gekweek is.

 

Vir die liefde van die reg

 

Nadat hy sy LLB voltooi het, het Chris ’n voltydse aanstelling as lektor by die Fakulteit Regte aan die PU vir CHO (nou die NWU) aanvaar, waar hy later tot senior lektor en professor bevorder is.Gedurende daardie tyd het hy ’n aantal artikels in eweknie-beoordeelde en geakkrediteerde vaktydskrifte gepubliseer en tot die regspublikasies en navorsingsverslae oor verhandelbare instrumente, die regsposisie van slawe en toegang tot vroeë regspleging in die Kaap bygedra.

 

Chris het tussen 1981 en 1992 as hoof van die Departement Handelsreg gedien, en daarna as adjunkdekaan en later dekaan van die Fakulteit Regte.

 

Sprei sy vlerke

 

Daarna, in 1993, het sy loopbaan in tersiêre onderwys hom na die Universiteit van Pretoria geneem. Hy het deur die range gevorder van registrateur tot viseprinsipaal en, in 2009, tot senior viseprinsipaal. Hy was sedert Julie 2014 ’n emeritus senior viseprinsipaal.

 

Tydens sy loopbaan het hy twee LLM-grade verwerf: een aan die voormalige Randse Afrikaanse Universiteit en die ander een aan die Universiteit van die Wes-Kaap, gevolg deur ’n Drs Juris en LLD aan die Leiden Universiteit in Nederland.

 

Hy is ’n lid van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns en die Academy of Science South Africa. Hy het ’n groot belangstelling in sport en het ’n impak gemaak as sportbestuurder en administrateur van die Pretoria-rugbyklub en die Blou Bulle-rugbyunie.

 

Hy is met Ingrid getroud en het drie kinders en vier stiefkinders.

 

 

 

 

die NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

mEER INLIGTING

KLIK

DEEL

Die groter prentjie

 

Prof Chris de Beer het ’n aantal ministeriële aanstellings gehad, soos administrateur van die Universiteit van Zululand, lid van die Interim Raad van die pasgestigte Universiteit van Mpumalanga, en later as ministeriële aanstelling op die volle Raad, administrateur en as nakomingsbeampte van die Nasionale Instituut vir Hoër Onderwys (NIHO) in Mpumalanga en die Noord-Kaap, met die mandaat om hierdie NIHO’s te ontbind.

 

 

NWU & U  |

NWU & U  |

CONTENTS

NWU & U