X

Voorblad

 

Die gewilde musiekblyspel Fame is op 30 en 31 Augustus en op 1 en 2 September in die Sanlam Ouditorium op die kampus in Potchefstroom opgevoer en watter opwindende, onvergeetlike fees vir die sintuie was dit nie!

Die kreatiewe span verantwoordelik vir Fame, naamlik lede van Artéma, Alabama Produksies en NWU Potch Kunste, het die gehoor getrakteer op ’n reis vol wonderlike uitvoerings deur talentvolle kunstenaars, wat studente en dosente ingesluit het.

 

Alumna Nacia Kruger het hierdie opwindende produksie geregisseer en gechoreografeer, terwyl Pieter de Bruin, die kunsdirekteur van die Artéma-opname-ateljee, in beheer van die musiek was. ’n Orkes met nege musikante het die begeleiding verskaf.

Op die voorbladfoto dans Stephen Bogatsu (as Tyrone Jackson) met Lyrinda Venter (in die rol van die balletdanser Iris Kelly).

 

FOTO: Nacia Kruger

 

 

 

PROFIELE

Betty het die Instituut vir Mensebestuur se Opkomende Praktisyn van die Jaar-toekenning vir 2016 ontvang. Hier is sy by die toekenningseremonie.


Besige Betty

 

Betty het met groot sukses ’n aantal inisiatiewe by Transnet se departement vir talent- en leierskapontwikkeling aangepak en deurgevoer.

 

Dit sluit in die ontwikkeling van MH-hulpmiddels wat MH-administrateurs met hul bevoegdhede help en hul vaardighede verbeter, die ontwikkeling en bekendstelling van Transnet Spoorvrag se werknemerwaardeproposisie en sertifiseringstoekennings vir topwegewers.

 

Vir laasgenoemde het Betty die ontwikkeling, bywerking en voorlegging van alle MH-menspraktyke vir hulle gekoördineer.

 

Klik hier om na die oorspronklike artikel terug te gaan.

Goed! Beter! Betty!

Onthou die naam Betty Mahlatsi. Hierdie 28-jarige alumna van die NWU se kampus in Vanderbijlpark het haar oog op sukses, en as haar professionele pad tot dusver enige aanduiding is, is sy op pad na iets groots.

Betty, ’n talent- en leierskapsontwikkelingskoördineerder by Transnet Spoorvrag, is onlangs geloof as die Instituut van Mensebestuur (IMB) se opkomende praktisyn van die jaar vir 2016.

 

Die jaarlikse IMB-toekennings gee erkenning aan innoverende en bekwame leiers in die mensehulpbron- (MH-) asook die algemene sakegemeenskap. As die IMB se opkomende praktisyn van die jaar het Betty duisende jong mensehulpbronpraktisyns (MH-praktisyns) regoor bedrywe by die luisterryke jaarlikse konferensie van die IMB stof in die oë geskop.

 

Terwyl sy op die NWU se kampus in Vanderbijlpark studeer het, het Betty ’n BCom-graad in mensehulpbronbestuur verwerf, wat sy in 2010 met ’n nagraadse onderwyssertifikaat opgevolg het.

Sy het haar loopbaan met ʼn internskap by Transnet begin en het van die begin af haarself onderskei.Volgens Tumelo Mokwena, die hoofbestuurder vir mensekapitaal by Transnet Spoorvrag, maak Betty se nuuskierigheid, inisiatief en energieke houding haar ’n uiters waardevolle MH-praktisyn. “Betty skram nooit van ’n uitdaging weg nie,” sê Tumelo.

Passie, dryfkrag, motivering, geesdrif… noem dit wat jy wil, dit is ’n selfgedrewe houding wat jou op die pad van sukses in jou loopbaan sal lei.

Passievol oor mense

“Ek is passievol oor die ontwikkeling van mense," sê Betty en skryf haar resultaat-gedrewe werksetos aan haar aanpasbaarheid en fokus toe.

In haar daaglikse werksomgewing bied Betty werkswinkels en adviessessies aan vir lynbestuurders en werknemers ten opsigte van leierskapsontwikkelingsintervensies en -prosesse. Sy fasiliteer ook talentbestuursopleiding op verskillende vlakke en ook verteenwoordig Transnet Spoorvrag by verskeie loopbaan- en vaardigheidsontwikkelinguitstallings.

Op die walle van die Vaalrivier

Betty het in 2007 by die NWU ingeskryf nadat sy haar hoërskoolopleiding by die Ed-U-College in Vereeniging voltooi het. As lid van die Acacia-dagkoshuis het Betty ’n aktiewe studentelewe geniet en verskeie studenteleierskapsposisies beklee.

Sy het as tesourier en transformasiebeampte, onderprimaria en primaria van Acacia gedien, asook ’n termyn as kuns-en-kultuurbeampte van die Verteenwoordigende Studenteraad.

Toe sy gevra is wat haar beste herinneringe as student was, het Betty gelag en gesê die interaksie en kameraderie tussen Acacia en Oryx (’n mansdagkoshuis) was “legendaries”. Wanneer sy nou die kampus besoek, tref die talle infrastruktuurontwikkelinge haar.

“Dit was altyd vir my pragtig, maar hierdie ontwikkelings maak dit net nog wonderliker,” sê sy.

Wat die toekoms betref, voorsien Betty dat sy binne die volgende vyf jaar haar meestersgraad sal voltooi, en as sy nie ’n groot leierskapsrol beklee nie, sal sy aan die stuur van haar eie onderneming wees.

“Ek het só baie by die NWU geleer en sal vir ewig dankbaar wees vir die lesse en geleenthede wat na my kant toe gekom het.”

 

 

 

die NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

mEER INLIGTING

KLIK

DEEL

Student Betty (middel) neem deel aan ’n kulturele opvoering tydens ’n Kultuurdag-fees.


Vinnige feite oor Betty

 

• Byname terwyl ek studeer het: First Lady, Bettista, Pain Train

• Waarna ek luister terwyl ek bestuur: 94.7

• Rolmodel: Ek is my eie rolmodel. Ek laat dinge gebeur omdat ek weet wat ek wil hê en hoe om dit te kry.

• My mantra: Wees die verandering wat jy in ander wil sien.

• Wat my nalatenskap moet wees: Enigiets is moontlik as jy glo.

 

NWU & U  |

NWU & U  |

CONTENTS

NWU & U