NUUS

Remmone Ramotete sê die Ikateleng-projek is beslis die moeite werd, en het hom gehelp om te kom waar hy vandag is.

 

Hoe Ikateleng Remmone se lewe verander het

 

Remmone Samuel Ramotete, wat in Maart 21 jaar oud word en besonder goed gevaar het in sy 2019-matriekeksamen, is ’n trotse begunstigde van die projek.

 

Hy is nou vir ’n BSc-graad in aktuariële wetenskap by die NWU se kampus in Potchefstroom ingeskryf.

 

“Alles wat ek tot dusver bereik het, is aan die Ikateleng-projek te danke,” sê Remmone.

 

“Dit is werklik die wonderlikste geleentheid, en ek moedig enige student aan om dit tot hul voordeel te gebruik. Hulle sal akademies en sosiaal by hierdie projek baat.”

 

3 maniere waarop jy kan help

Gee deur wat jy ontvang het. Ploeg dit terug. Wys jy gee om deur te deel. Herken julle hierdie ietwat holrug geryde uitdrukkings wat vir alumni vra om tyd, kundigheid of geld aan hul alma mater te skenk?

Wel, dit mag dalk effens afgesaag klink, maar daar steek beslis waarheid in. Die kern van die saak is dat ons jou nodig het – jou tyd, jou geld, en jou kundigheid.

 

Kom ons kyk na drie maniere waarop jy ’n bydrae kan lewer. (Klik op die pers skakels by elke kolpunt om meer daaroor te lees.)

 

  • Berei studente vir die werksomgewing voor
    Om met ’n loopbaan te begin, kan vir enige finalejaarstudent oorweldigend lyk. Dit maak ’n groot verskil as ons alumni die kampusse besoek en met studente praat. Inligting en wenke oor die werksomgewing berei hulle voor en stel hulle gerus.

 

  • Sluit aan by die Konvokasie, wat ’n statutêre liggaam met verteenwoordiging op die Raad van die universiteit is. Jy kan ook by die Alumni-vereniging aansluit.

    Die doel van die Konvokasie is om die welstand van die NWU te bevorder deur sy beeld en belange te beskerm en as skakel tussen lede van die Konvokasie en die universiteit te dien.

    Die Alumni-vereniging, wat deur die Konvokasie gestig is, verbind alumni met hulle alma mater.

  • Gee algemene donasies of finansiële ondersteuning vir spesifieke beurse of projekte (byvoorbeeld vir die Meal a Day- of Ikateleng-projek).

    In 2019 het die finansiëlebystandskantore op die kampusse R2 023 miljoen geadministreer. Hierdie bedrag sluit fondse in vanaf die regering se finansiëlebystandskemas, asook R208,8 miljoen uit ons eie hulpbronne.

    Ongelukkig is daar verskeie faktore in ons eksterne omgewing wat die druk op ons finansies groter maak. ’n Belangrike faktor is die regulering van fooie deur die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding.

    Dit is egter nie net ons studente wat fondse nodig het nie.

    Ons navorsers is gretig om oplossings vir werklike probleme in die samelewing te vind, maar hul werk word soms in die wiele gery deur die afname in eksterne navorsingsbefondsing.

    NSFAS befonds byvoorbeeld nie meer nagraadse studies nie, wat dit al hoe moeiliker maak om ons navorsingsuitsette te verhoog.

    Ons wil graag ’n groot en blywende impak in die gemeenskappe om ons kampusse maak, asook op nasionale en internasionale gebied. Daarvoor het ons toenemend finansiële ondersteuning van belangegroepe soos julle, ons lojale alumni, nodig.

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

 

Stel jou die volgende voor:

 

John kyk na die muntstukke in sy hand. Hy moet kies of hy vir hom ontbyt gaan koop of ’n taxi gaan haal om by die kampus te kom.

 

Die geur van die varsgebakte lekkernye van die kafee laat sy maag grom. Hy kyk na die pad wat voor hom uitstrek. As hy kampus toe stap, gaan hy dalk laat wees vir sy klas.

 

Hy draai weg van die kafee af en wink vir ’n taxi.

 

Die scenario hierbo is meer dikwels deel van studente se lewens as wat ons dink.

 

As ’n mens met dosente en maatskaplike werkers praat, hoor jy dat studente amper flou word in die klas omdat hulle nie genoeg gehad het om te eet nie. Ander studente slaap op die vloer in leë vertrekke omdat hulle nie meubels kan bekostig nie.

 

Die universiteit is daartoe verbind om behoeftige studente te ondersteun, maar ons het julle hulp nodig.

 

Cliché al dan nie, gee asseblief deur wat julle ontvang het, ploeg dit terug of deel wat julle kan. Julle kan ’n verandering in die lewens van mense maak.

 

Die universiteit is daartoe verbind om behoeftige studente te ondersteun, maar ons het jou hulp nodig. Jy kan ʼn verskil in mense se lewens maak.

 

NWU & U  |

NWU & U  |

NWU & U