nUUs

 

Ons maskot, Eagi, verteenwoordig die handelsmerk-eienskappe van ʼn verenigde NWU.

 

Die arend het in talle kulture ’n positiewe betekenis. Dit verteenwoordig positiewe eienskappe wat perfek by die NWU se strategie en doelwitte pas. Dit sluit in sukses, ambisie, dapperheid, uitbreiding, nuwe lewe, leierskap en vryheid.

 

Eagi simboliseer ons toewyding om die lewe met kreatiwiteit aan te pak en bo die res uit te styg.

 

Hy verteenwoordig ook ons strewe om geleenthede te vind om uit te blink en voortdurend te verbeter.

 

Jaco du Preez het hierdie foto van Eagi op 17 Februarie 2020 in Potchefstroom geneem gedurende die NWU se Varsitybeker-wedstryd teen die Shimlas.

 

Eagi vertel wat gebeur

Eagi, ons NWU-maskot, help julle om tred te hou met alles wat by die NWU gebeur. So, laat ons sonder meer na die nuuskamer toe gaan waar Eagi vir julle ’n oorsig sal gee.

Ons vertrou dat julle die volgende stories interessant sal vind:


COVID-19 hou duidelike en besliste gevaar vir SA-ekonomie in

“Marktendense en ander ekonomiese data bevestig dat die coronaviruspandemie (Covid-19) nou ’n duidelike en besliste gevaar vir die Suid-Afrikaanse ekonomie inhou. Die rimpeleffek van die ekonomiese ontwrigting op ander plekke en die geweldige onbestendigheid in die finansiële markte het Suid-Afrika reeds bereik.”

 

So sê prof Raymond Parsons, ’n bekende ekonoom en akademikus van die Noordwes-Universiteit (NWU) Besigheidskool.

 


NWU vereer uitstaande dosente

Die NWU het sy allerbeste dosente tydens die Toekennings vir Onderriguitnemendheid (TOU) vereer. Hierdie jaarlikse gebeurtenis het op 12 Maart in Potchefstroom plaasgevind.

Dr Deon van Tonder van die Fakulteit Opvoedkunde het die gesogte Toekenning vir Uitsonderlike Onderriguitnemendheid ontvang.

 


NWU-akademikus aangestel as lid van Oorsigraad vir Geestesgesondheid

Die Noordwes-provinsie se LUK vir Gesondheid, Madoda Sambatha, het prof Leepile Alfred Sehularo, ’n medeprofessor in die Skool vir Verpleegkunde op die kampus in Mahikeng, vir ’n tweede termyn as lid van Noordwes se Oorsigraad vir Geestesgesondheid aangestel.

 

Hierdie aanstelling geld van 3 Februarie 2020 tot 31 Januarie 2022.

 

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL


NWU vier internasionale Oop Onderwys-week

Die NWU het van 2 tot 6 Maart 2020 die internasionale Oop Onderwys-week 2020 met verskeie aktiwiteite gevier.

 

Die doelwit van hierdie wêreldwye gebeurtenis is om bewustheid oor oop onderwys en die impak daarvan op globale onderrig en leer te bevorder.

 

NWU & U  |

NWU & U  |

INHOUD

NWU & U