REDAKSIONEEL

 

 

Gaan vir goud

 

Alumnus Katlego Maboe het opwindende nuus:

 

“Ek is baie geseënd om in 2020 weer ’n geleentheid te kry om terug te keer as die gasheer van Tropika Island of Treasure, wat op die eiland Curaçao in die Karibiese See verfilm gaan word.

 

“Dit is die eerste keer in die reeks se nege seisoene dat ’n gasheer gevra is om vir ’n daaropvolgende seisoen terug te keer.

 

“Ek hoop dat julle almal om 19:30 op Dinsdae by SABC 3 inskakel, met herhalings op Saterdae om 20:00, aangesien die nuwe seisoen reeds begin het.

 

“Julle is welkom om @mytropika te volg en jul insette op die reeks se inhoud op sosiale media te lewer.”

 

 

Katlego styg steeds hoër

Beste NWU-alumni,

 

Ek is geëerd om aan julle te kan skryf en ek vertrou dat dit met julle almal baie goed gaan, en dat die jaar wat voorlê vir julle vol seëninge en belofte sal wees.

 

Dit voel soos ’n leeftyd gelede dat ek as ’n student in die gange en op die wandelpaadjies van die Potchefstroomkampus kon rondstap. Ai, hoe verlang ek na daardie sorgelose dae …

 

Daar het soveel dinge in die jare daarna gebeur. Daar was vele oomblikke om te kon feesvier en selfs nog meer om van te leer terwyl ek op hierdie lewensreis was.

 

TV is my tuiste

 

Ek was geseënd genoeg om amper ’n dekade lank ’n loopbaan in die TV-uitsaaibedryf te hê, en ek groei steeds in hierdie medium, wat ek nou as my tuiste beskou. Ek is seker ’n paar van julle het dalk my baie opgewonde gesig op ’n paar episodes van Suid-Afrika se inspirerende ontbytprogram Expresso op SABC 3 gesien.

 

Julle moes seker ook al – dalk al een keer te veel – my talle onderhoude met ’n klompie ewe opgewonde kliënte van ’n sekere versekeringsmaatskappy gesien het terwyl die uwe vanaf die passasiersitplek toekyk.

 

Moenie bekommerd wees nie, ek het reeds al die grappies gehoor, en ek verseker julle almal dat ek wel ’n geldige Suid-Afrikaanse rybewys het en dat ek my eie motor bestuur!

 

Om weer te vlieg

 

Intussen is ek ook besig om my passie vir musiek weer op te neem, wat op ’n jong ouderdom begin het en vlerke gekry het om mee te vlieg toe ek as student by Flip-a-Coin aangesluit het. (Diegene wat daardie tyd by was toe ons op die ouditorium se verhoog opgetree het, kan dit dalk nog onthou.)

 

Ek het daarin geslaag om die dienste en bystand van goed gevestigde professionele persone in die musiekbedryf te bekom, en nou begin die harde werk: tyd in die ateljee, skryfsessies, oefentyd, die verfyning van die finale produk, ens.

 

Hopelik sal ons eendag ná ’n vertoning mekaar weer op ’n verhoog raakloop. Ek is ewe opgewonde en senuweeagtig oor die reis na hierdie nuwe wêreld as solokunstenaar, en ek hoop dat alles harmonieus sal saamval.

 

Ten slotte hoop ek dat julle almal en julle geliefdes ’n wonderlike 2020 sal hê. Mag julle wildste ambisies en drome vrugte dra, en mag die vrugte van julle arbeid almal wat julle op hulle lewensreis teëkom tot seën wees.

 

Vriendelike groete

 

Katlego Maboe

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

Skryf gerus en vertel ons waar in die wêreld julle jul bevind en hoe dit met jul loopbane gaan, of skryf sommer oor ditjies en datjies wat julle na aan die hart lê.

 

Stuur julle briewe na nelia.engelbrecht@nwu.ac.za, faks dit na 086 614 3222 of pos dit aan Nelia Engelbrecht, Korporatiewe Kommunikasie, Noordwes-Universiteit, Privaat Sak X1290, Potchefstroom, 2520.

 

ONS HOOR GRAAG VAN JULLE!

NWU & U  |

NWU & U  |

INHOUD

NWU & U