ONTDEK DIE NWU

Dit is ons:

 

Die digitale ekonomie en die impak daarvan op lande se ekonomiese groeivooruitsigte en uitvoerpogings ontvang tans baie aandag, ook van die NWU se navorsingsentiteit TRADE.

 

TRADE is deel van die Wêreldhandelsorganisasie (WHO) se leerstoelprogram.

 

Ter erkenning van die uitnemende werk wat prof Wilma Viviers oor die afgelope paar jaar in hierdie entiteit gedoen het, het die WHO ingestem dat die NWU die leerstoel vir nog ’n vierjaartydperk sal huisves.

 

In die video regs vertel Wilma – wat die houer van die leerstoel sal bly – vir ons iets oor die opwindende projekte wat TRADE in 2020 gaan onderneem.

 

Ons vat steeds hande met Wêreldhandelsorganisasie

Die projekte wat vir TRADE voorlê, sluit die skryf van ’n boek met die titel Africa’s digital future: From theory to action in, asook samewerking met die WHO se leerstoel in Tunisië. Kyk na die video om meer hieroor uit te vind.

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

NWU & U  |

NWU & U  |

NWU & U