NUUs

Vorige

<

Prof Willem den Heijer (links), direkteur van die Skool vir Meganiese Ingenieurswese, deel ’n lighartige oomblik met alumnus Charl Marais.

Ingenieurswese loop op al sy silinders

Die Fakulteit Ingenieurswese se eerste alumnidinee van die jaar, wat op 20 Januarie in Sandton, Johannesburg gehou is, het seepglad verloop.

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

Die uitvoerende dekaan van die fakulteit, prof Liezl van Dyk, het die 24 alumni verwelkom en gesê sy is opgewonde om tydens dié geleentheid met hulle te gesels. Sy het beklemtoon hoe belangrik dit is om ’n goeie verhouding met alumni te hê en om saam aan toekomstige projekte te werk.

 

Prof Marco le Roux, direkteur van die Sentrum vir Ingenieursonderrig, het die alumni uitgenooi om by die fakulteit se gemeenskapsprojekte betrokke te raak.

 

Die dinee het sy doelwit bereik – om verhoudings met alumni uit die bedryf te vestig en te koester. Alumni wat die geleentheid bygewoon het, is vanaf verskeie organisasies, waaronder Sasol, Siemens, die WNNR, Afrisam, en Mass and Heat Transfer Technology.

 

Aan die einde van die aand het die alumni saamgestem dat die geleentheid ’n groot sukses was en hulle aan ’n aangename familiebyeenkoms herinner het.

NWU & U  |

NWU & U  |

NWU & U