ProfIELE

Dr Jacques Faul, tussentydse HUB van Krieket Suid-Afrika, sê hy het nog altyd baie van krieket gehou.

 

“Ek geniet die stryd tussen kolf en bal, en die balans tussen vaardigheid en die element van geluk. Dit is geïmproviseerde vermaak – ek is mal oor die onsekerheid van die uitslag.”

 

Opgewasse vir die uitdaging

 

Om Krieket Suid-Afrika se skip in ’n stormagtige see te stuur, is glad nie ’n maklike taak nie.

 

Tog glo Conrad de Swardt, NWU-krieketbestuurder wat nou saam met Jacques gewerk het tydens sy tyd by Noordwes-krieket, Jacques sal beslis hierdie taak kan behartig.

 

“Terwyl hy by Noordwes-krieket was, het Jacques die provinsie in ’n sterk, gesonde finansiële posisie gelaat. Hy het ook internasionale spanne en krieketkampe na die provinsie gebring.”

 

“Hy het ’n voorbeeld gestel wat gevolg kan word en is in die geheel ’n goeie ou.”

 

“Met sy kwalifikasies en sy agtergrond in sportadministrasie en sportreg, is daar geen beter kandidaat om Krieket Suid-Afrika uit sy huidige penarie te lig nie,” sê Conrad

 

Alumnus stuur Krieket SA na kalmer waters

Krieket loop dik deur alumnus dr Jacques Faul se are. Sy passie vir die spel, tesame met sy sakevernuf, het daartoe gelei dat hierdie Klerksdorp-boorling en sportadministrateur die hoogste sporte van hierdie “gentleman’s game” in die land bereik het.

Jacques kyk toe terwyl Tebogo Siko, voorsitter van die Noordelike Krieketunie, die trofee vir die Speler van die Wedstryd aan Quinton de Kock oorhandig nadat Suid-Afrika in 2019 die Tweede Kersdag-toets teen Engeland op SuperSport-park, Centurion gewen het.

Jacques, die voormalige HUB van Noordwes-krieket en die Titans, is in 2019 as die tussentydse HUB van Krieket Suid-Afrika (KSA) benoem – ’n posisie wat sekerlik die ywer van hierdie werkesel gaan toets.

 

“Ek het in 2012 my eerste skof as nasionale HUB aangepak en was geëerd toe ek weer die geleentheid gekry het om die leiding te neem.”

 

Stuur die skip deur onstuimige waters

 

Jacques is aangestel om KSA se skip deur die onstuimigste water te stuur wat dit sedert sy hertoetrede tot die internasionale toneel in 1992 moes trotseer.

 

Uitslae is glad nie na wense nie en die organisasie se finansies is in wanorde gedompel. Boonop is die bestuurstruktuur verander, Faf du Plessis het as kaptein uitgetree, en daar is ’n deurlopende geskil tussen die spelers en KSA.

 

“Ons het inderdaad ’n paar uitdagings en ons moet die geloofwaardigheid van KSA herstel, maar ons sal hopelik dinge kan regruk,” sê Jacques.

 

’n PhD as kompas

 

Dit is nie net Jacques se krieketervaring wat sal help om die KSA-skip na kalmer waters te stuur nie.

 

Hy sê die PhD wat hy in 2017 by die NWU verwerf het en oor belanghebberbestuur en megagebeurtenisse gehandel het, is baie toepaslik vir hierdie werk.

 

“Op ’n strategiese vlak kom die vaardighede wat ek in navorsingsmetodologie en die toepassing van kwantitatiewe metodes opgedoen het, ook baie handig te pas.”

 

Met sy omvattende ervaring in krieketbestuur is dit duidelik dat Jacques nie sal toelaat dat die onstuimige waters hom kelder nie. Sy boodskap vir Suid-Afrika se krieketliefhebbers is dat dinge gaan verbeter.

 

“Dankie dat julle ons ondersteun – ons gaan ons bes doen om julle trots te maak.”

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

NWU & U  |

NWU & U  |

NWU & U