REDAKSIONEEL

 

Redakteur

Nelia Engelbrecht

 

Redaksie

Belinda Bantham

Willie du Plessis

Bertie Jacobs

Maryke Laas

Phenyo Mokgothu

Christopher Motabogi

Tumelo Muteme

Marelize Santana

Kiewiet Scheppel

Annette Willemse

 

Ontwerp en uitleg

Karen Viljoen

 

Fotografie

Redaksie en diensverskaffers

 

Redaksie

Nelia Engelbrecht

Tel 018 299 4937 of nelia.engelbrecht@nwu.ac.za

 

Die NWU & U word deur die NWU se Korporatiewe Kommunikasie-departement in Afrikaans en Engels uitgegee.

 

Alumniverhoudinge-praktisyns

 

Tshepisho Sebeela (Mahikeng) tshepisho.sebeela@nwu.ac.za

 

Abigail Leshope (Potchefstroom) abigail.leshope@nwu.ac.za

 

Zanele Ngobese (Vanderbijlpark) zanele.ngobese@nwu.ac.za

 

 

Tyd vlieg – régtig?

Geagte alumni

 

Kan julle glo die meer gematigde Maartmaand is reeds hier? Die skroeiende somer is verby en die herfs klop aan ons deur.

 

Ja, sê ons, tyd vlieg. 2019 is nou iets van die verlede, 2020 is glad nie meer so nuut nie, en die jaar wat nog kom het ’n nuwe naam: 2021.

 

Die meeste mense kyk na tyd vanuit hierdie lineêre perspektief: dat ’n mens met ’n reguit lyn uit die verlede deur die hede in die toekoms inbeweeg.

 

Is tyd ʼn illusie?

 

Die meeste van ons besef egter ook dat dit is hoe ons tyd “organiseer” om dit meer verstaanbaar te maak. Volgens die wetenskap is tyd nielineêr – selfs ’n illusie, sê sommige wetenskaplikes.

 

Nadat die beroemde fisikus Albert Einstein die idee van ruimte-tyd as deel van sy relatiwiteitsteorie help ontwikkel het, het ander wetenskaplikes ná hom nog talle ingewikkelder teorieë oor tyd tot stand gebring.

 

Volgens sommige van daardie teorieë is daar geen verwysingspunte nie, asof alles binne tyd óf aan mekaar verbind is, óf gelyktydig plaasvind. As ek dit vir my probeer voorstel, sien ek myself bokant hierdie lineêre tydlyn sweef terwyl ek terselfdertyd na die verlede, die hede en die toekoms kyk.

 

Tik-tak-tyd

 

In ons alledaagse lewens sien ons tyd egter steeds as iets wat deur ’n horlosie bepaal word – iets wat vanaf die verlede deur die hede na die toekoms toe loop. Hierdie ietwat beperkte perspektief gee ons ten minste die geleentheid om uit die verlede te leer, in die oomblik te leef, en vir die toekoms te beplan.

 

By die NWU sal hierdie jaar sy loop neem: dosente en navorsers sal nuwe inligting ontdek en hul kennis met ons studente deel.

 

Waar jy jou ook al in 2020 bevind, die lewe sal voortgaan – soms soos jy dit verwag, en op ander tye met verstommende onvoorspelbaarheid.

 

Kom ons maak die beste gebruik van hierdie “vlieënde” gebeurtenis met sy vele fasette, wat ons tyd noem. Kom ons gebruik elke oomblik om die beste moontlike keuses te maak sodat ons die beste moontlik toekoms kan skep.

 

 

Groete,

 

Nelia en die

NWU & U-span

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

NWU & U  |

NWU & U  |

INHOUD

NWU & U