ProfIELE

Kgomotso Motladiile glo dis ’n dorpie se verantwoordelikheid om saam ’n kind groot te maak. Haar hartewens is om behoorlike huisvesting te kry vir die 20 kinders wat tans in haar sorg is.

Ruimhartige alumna het groot planne

’n Goeie Samaritaan het grond geskenk en nou hou Kgomotso Ecclesia Motladiile duim vas dat iemand, êrens, op een of ander manier vir haar sal help om ’n groter kinderhuis te bou.

Van die kinders in Kgmotso se sorg kom uit wanfunksionele huise, en van hulle is weeskinders. Hier is ʼn paar van hulle saam met haar in die groentetuin wat aan die huishouding kos verskaf.

Hierdie alumna van die kampus in Mahikeng is tans die sentrumbestuurder van die Legae Motheo Child & Youth Care Centre in die plattelandse dorpie Seweding by Airport View in Mahikeng.

 

“Ons droom is om ons eie gebou te hê,” sê Kgomotso. Die beoogde struktuur moet groot genoeg wees om die meer as 20 kwesbare kinders wat tans in die sentrum se sorg is, asook die 13 personeellede wat na hulle omsien, te huisves.

 

Altyd gereed om te help

 

Kgomotso was nog altyd baie lief vir kinders en soek voortdurend na maniere om diegene te help wat in nood verkeer. “Self toe ek skoolgehou het, het ek kwesbare kinders geïdentifiseer en persoonlik geld ingesamel sodat ek in staat was om hulle kos te gee,” sê sy.

 

Die Legae Motheo Child & Youth Care Centre het in 2011 sy deure geopen. Kgomotso  het vyf jaar lank haar eie geld en dié van ander goedgesindes gebruik om alles by die sentrum aan die gang te hou. Deesdae kan sy haar personeel ’n maandelikse salaris betaal, danksy die befondsing en ondersteuning wat sy van die Noordwes Departement van Maatskaplike Ontwikkeling ontvang.

 

Sy beplan ook om in die nabye toekoms weer by die Nasionale Loterykommissie vir fondse aansoek te doen. Die instelling het vroeër by hulle befondsing ontvang.

 

Kgomotso het ’n BA-graad, ’n honneursgraad in sosiale studies en sielkunde, en ’n meestersgraad in vredestudies en internasionale betrekkinge, alles van die NWU.

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

NWU & U  |

NWU & U  |

NWU & U