REDAKSIONEEL

Prof Dan Kgwadi

 

“Van ons 2020-inisiatiewe sluit in vennootskappe vir fondsinsameling en samewerking met belangrike belanghebbergroepe in die openbare en privaat sektor sodat ons ’n volhoubare finansiële basis vir die toekoms kan ontwikkel.

 

“Ons sal ook ons globaliseringspogings in die toekoms konsolideer en behoorlik fokus op die manier waarop ons met internasionale universiteite en entiteite vennootskappe sluit om waarde vir ons belanghebbers te kan skep.”

 

 

Boodskap van

die visekanselier

Beste alumni

 

Opregte groete vanaf die NWU!

 

Ná hul vergadering op Maandag 16 Maart 2020, het die universiteitsbestuur besluit dat die NWU se reses nou van 17 Maart tot 29 Maart sal wees. Hulle het hierdie besluit geneem as ’n voorsorgmaatreël teen die verspreiding van die COVID-19-virus. Om op hoogte te bly van die NWU se reaksie op die virus, klik hier.)

 

Ons bly egter daartoe verbind om alles moontlik te doen sodat ons kan voortgaan om ons strategie vanjaar verder te implementeer.

 

Die fokus hierdie jaar gaan al ons gewone kernbesigheidsaktiwiteite insluit, asook ’n paar spesiale inisiatiewe wat van groot strategiese belang is.

 

Ons gaan byvoorbeeld ’n digitale strategie vir die NWU ontwikkel wat na verwagting ’n medebepaler van ons oorkoepelende strategie vir die universiteit sal wees.

 

Dit verteenwoordig ’n reaksie op die talle geleenthede en risiko’s wat verband hou met die vierde industriële revolusie, wat waarskynlik ’n groot invloed sal hê op ons besigheidsmodel en op die manier waarop ons ons kerndienste lewer.

 

Ons gaan ook hierdie jaar fokus op die belyning van leierskapsontwikkeling onder personeel en studente sodat hulle op ’n transformerende manier beheer kan uitoefen, lei en bestuur. Dit behels die afbreek van kunsmatige skeidings, samewerking regoor departemente en eenhede, aanspreeklikheid vir belangrike strategiese uitkomste, en om almal met die vaardighede en kennis te bemagtig om leiers te kan wees.

 

Deel van ons poging gaan toegewy word om ons personeel- en studentekultuur-inisiatief, waarmee ons verlede jaar begin het, te voltooi. Ons kultuurveranderingspan sal ná konsultasie met personeel en studente die NWU-manier formuleer – ’n kultuur wat sal verseker dat almal by die NWU tuis voel en die sorgsaamheidsetiek ervaar.

 

Die Sosiale en Etiekkomitee van die Raad het aan ons ’n mandaat gegee om in 2020 die etiek-risiko omvattend te evalueer om langtermynvolhoubaarheid te verbeter en te verseker dat ons vanuit ’n vaste etiese basis waarde lewer.

 

Ons fokus steeds op diens aan belanghebbers om aan die belofte van ’n sorgsaamheidsetiek te voldoen en uitmuntende diens te lewer aan ons talle belanghebbergroepe – insluitende julle, ons hoogs gewaardeerde alumni.

 

 

Vriendelike groete,

 

 

 

Prof Dan Kgwadi

Visekanselier

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

NWU & U  |

NWU & U  |

NWU & U