X

inhoud

Nuus

NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto’s of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

 

Verandering sal uitstekende alumni oplewer

 

“Dit was nog altyd ons doelwit om suksesvolle graduandi en individue te lewer wat gereed is om ’n bydrae tot ons wonderlike nasie te maak,” het prof Frik van Niekerk, die NWU se adjunkvisekanselier vir navorsing, innovasie en tegnologie, gesê.

 

“Ons verbeter op verskeie maniere, met die mikpunt om studente te lewer wat eendag bekende bakens in ons gemeenskap sal word – mense wat in die toekoms ’n alumni-toekenning waardig sal wees.

 

Sewe skitterende

voorbeelde om te volg

Hulle is rolmodelle – al sewe van hulle – en ons kan maar net probeer om in hul voetspore te volg. Dit is die indruk wat ’n mens kry wanneer jy na die uitstekende prestasies kyk van die sewe NWU-alumni wat op Vrydag 9 Oktober 2015 Alumni-toekennings by die Maslow Hotel in Sandton ontvang het.

Die trotse ontvangers van 2015 se Alumni-toekennings is Sunette Viljoen, prof Braam van Wyk, prof Elain Vlok, Pule Mothibe, prof Anis Karodia en Katlego Maboe. Deon Meyer kon nie daar wees nie, omdat hy in Europa was vir ’n boekbekendstelling.

Die 2015-ontvangers volg in die roemryke voetspore van groot alumni wat met hierdie toekennings vereer is, soos wyle prof TT Cloete, FW de Klerk, regter Yvonne Mokgoroe, dr Bismark Tyobeka, wyle adv Jan Henning, prof Pieter Stoker en Alec Moemi.

 

Toekennings in verskillende kategorieë

 

Dit was die derde keer dat die NWU die Alumni-toekennings gemaak het, en hierdie jaar was daar ’n paar veranderinge. Die kriteria vir 2015 was anders en toekennings is in die kategorieë vir kuns en kultuur, sakeleierskap, gemeenskapsbetrokkenheid, opvoedkunde, navorsing en sport gemaak. Hierdie jaar was ook die eerste keer dat die universiteit ’n Jong Alumnus-toekenning gemaak het.

 

Die NWU se uitstaande alumni

 

Hierdie is die sewe alumni wat hierdie jaar vir hulle professionele prestasies en diens aan die universiteit en internasionaal vereer is:

 

Klik op die foto’s om meer te lees oor die wenners en klik hier om te luister na wat hulle oor hul toekennings sê.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Deon Meyer

Pule Mothibe

Prof Elain Vlok

Prof Anis Karodia

Prof Braam van Wyk

 

Sunette Viljoen

Katlego Maboe

 

Voorblad

Digter Lesego Matheatau van die Potchefstroomse gemeenskap het aan die Spoken Word Festival wat die NWU-galery gereël het, deelgeneem. Die galery is deel van NWU-PUK Kunste op die Potchefstroomkampus.

Francois Lion-Cachet

Navigasie

>

Volgende artikel

Vorige artikel

Klank

video

meer inligting

Klik

deel

>

NWU & U  |