X

inhoud

nuus

NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto’s of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

“Ons doel is om uitmuntend te wees in innoverende leer en onderrig en baanbrekersnavorsing, om sodoende die gemeenskap deur kennis te dien.”

Met die sterre as kompas:

ons nuwe reis begin

Die NWU staan op die drumpel van 'n nuwe reis waar uitnemendheid, maatskaplike geregtigheid en institusionele eenheid die hoofrigtingwysers sal wees.

 

Dít spruit uit belangrike besluite wat die NWU-Raad tydens hul vergadering op 20 November 2015 geneem het. Die Raad het 'n nuwe strategie en bestuursmodel vir die universiteit aanvaar en daarmee die proses voltooi wat die universiteit se strategiespan in Julie 2014 begin het.

 

Ná 15 maande se harde werk en oorlegpleging met die verskillende NWU-belangegroepe, is ons uiteindelik – met die Raad se seën – gereed om die drumpel oor te steek en ons nuwe reis aan te pak.

 

Kom ons kyk eers na ons nuwe strategie – die sterre wat vir ons as kompas dien. (Klik op elke ikoon hieronder.)

Ons

strategie

ons

droom

Ons

doel

Ons

waardes

Lees meer oor die NWU se nuwe struktuur.

Voorblad

Digter Lesego Matheatau van die Potchefstroomse gemeenskap het aan die Spoken Word Festival wat die NWU-galery gereël het, deelgeneem. Die galery is deel van NWU-PUK Kunste op die Potchefstroomkampus.

Francois Lion-Cachet

Navigasie

>

Volgende artikel

Vorige artikel

Klank

video

meer inligting

Klik

deel

>

NWU & U  |