X

inhoud

PROFIELE

Los probleme op

en laat dinge gebeur

Spronge in tegnologiese voortuitgang beteken dat die meeste van dít wat hy destyds op universiteit geleer het, nie meer van toepassing is nie. Maar die lewenslesse wat Hamilton Ratshefola – hoofbestuurder van IBM Suid-Afrika – daar geleer het, is blywend.

 

Die onlangse landswye studentebetogings het Hamilton laat terugdink aan sy eie studentedae as aktivis aan die destydse Universiteit van Noordwes, vandag die Mafikengkampus van die NWU.

 

“Jy moet jou studentejare gebruik om opinies te lug en ingesteldhede te bevraagteken. Dis 'n tyd wanneer jy uitvind wat werk en bewys dat jy dinge kan laat gebeur. Daarna kan jy konsentreer om 'n suksesvolle loopbaan te bou en probleme in die gemeenskap, soos behuisingstekorte en misdaad, te help oplos. ”

 

Dis min of meer die trant van Hamilton se eie verhaal – behalwe dat hy so amper nie sy BCom-graad voltooi het nie.

 

Nadat hy in 1989 die meesterbrein agter 'n studentebetoging teen menseregteskendings in Bophuthatswana was, is hy in sy finale jaar geskors. “My inligtingstelselsdosent het namens my geappelleer en ek kon my finale jaar as deeltydse student voltooi.”

 

Werkgewers nie afgeskrik

 

Ondanks sy kleurvolle agtergrond – of dalk juis as gevolg daarvan – het Hamilton heelwat aantreklike werksaanbiedinge gekry en nadat hy sy BCom-graad verwerf het, het hy by IBM in Johannesburg aangesluit

 

“Ek is gekies om met groot stelsels – voorheen die hoofraamomgewing – te werk.”Later, toe die ‘groot data’-era aanbreek, was hy presies op die regte plek. Naday hy homself as stelselingenieur bewys het, het hy na verkope oorgeskakel.

 

In die eerste jaar het hy IBM se Golden Circle-toekenning ontvang en is hy met 'n vakansie vir hom en sy vrou in die Kanadese Rotsgebergte beloon. Toe hy die jaar daarna weer die prys wen, is hulle na die Hamilton-eilande in Australië.

 

Nuwe horisonne

 

Hy het vir 'n ruk in IBM se reis- en vervoerafdeling gewerk. “In 1997 sê die grootbaas in die Verenigde Koninkryk toe, ‘Kom ek gee jou iets nog beter om te doen’.” En, soos belowe, kry Hamilton toe die soort blootstelling waarvan die meeste mense maar net kan droom.

 

Hy het tyd saam met IBM se topbestuurslede regoor die wêreld deurgebring – tussen een en ses weke in Londen, Rome, Duitsland, Denemarke en Noorweë, met 'n finale drie maande in die VSA.

 

Hy is later as IBM Suid-Afrika se hoof van openbare dienste aangestel, en die afdeling het in een jaar gegroei van 'n besigheid wat R30 miljoen per jaar verdien het, na een wat R400 miljoen verdien.

 

Tog het sy entrepreneursgees steeds gewink. In 1999 het Hamilton IBM verlaat om saam met 'n vennoot 'n aantal hoogs winsgewende ondernemings onder hul maatskappynaam, Cornastone, te begin.

 

Twaalf jaar later het Cornastone voor 'n kruispad gestaan. “Ek wou die maatskappy uitbrei, maar my vennoot wou dit hou soos dit was, naamlik 'n Iewenstylbesigheid.”

 

Hulle is op goeie voet uitmekaar en kort daarna het IBM hom die pos van verkoopsdirekteur in Suid-Afrika aangebied. Van Junie 2015 beklee hy die topposisie van hoofbestuurder, IBM Suid-Afrika, waar hy sy teenwoordigheid laat tel: kwartaallikse groei het reeds dubbelsyfers bereik

 

Om probleme op te los

 

Hamilton hou baie van IBM se verweefdheid in Suid-Afrikaners se alledaagse maatskaplike en ekonomiese aktiwiteite.

 

Sonder IBM se tegnologie sal kredietkaart- en OTM-transaksies nie moontlik wees nie. Ons harde- en sagteware is verantwoordelik vir die transaksies wat in winkels en banke verwerk word. Ons bring massiewe hoeveelhede data bymekaar en verander dit in betekenisvolle inligting.”Hy sê IBM se sterk punt lê in die toepassing van analitiese vermoëns om probleme op te los. “Hierdie werk gaan eintlik oor die oplos van probleme,” sê hy.

 

So, watter probleem het die maatskappy dan onlangs opgelos? “In Johannesburg het hulle voorbeeld probleme met diewe by verkeersligte ervaar. Ons het ons tegnologie by hoëkonsentrasieareas ("hotspots") aangewend om die polisie te help om potensieel riskante individue te identifiseer.

 

“Daar is elke week 'n nuwe probleem om op te los, of dit nou verband hou met belasting, onderwys, gesondheidsorg, of behuising. As jy met behulp van analise sin uit 'n probleem kan maak, kan jy dit oplos.”

 

Probleem opgelos. Saak afgehandel. Dinge gebeur...

 

 

Vroeër in sy loopbaan het Hamilton Ratshefola tyd saam met sommige van IBM se topbestuurslede regoor die wêreld deurgebring . “Dit was die beste leerskool oor bestuur. Daar is niks so leersaam as om die voorste leiers in aksie te sien nie.”

NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto’s of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

 

Om dinge anders te doen

 

"Die belangrikste verandering wat ek waarskynlik gemaak het, is om baie tyd saam met kliënte te spandeer," sê Hamilton. "Interaksie met kliënte beloon jou met kennis van wat die mark nodig het en helderheid oor wat gedoen moet word om te wen. As 'n leier kan mens nie jou inligting derdehands kry nie; jy moet dit self kry sodat jy nie in ’n waan leef nie.”

 

Voorblad

Digter Lesego Matheatau van die Potchefstroomse gemeenskap het aan die Spoken Word Festival wat die NWU-galery gereël het, deelgeneem. Die galery is deel van NWU-PUK Kunste op die Potchefstroomkampus.

Francois Lion-Cachet

Navigasie

>

Volgende artikel

Vorige artikel

Klank

video

meer inligting

Klik

deel

>

NWU & U  |