X

inhoud

NuuS

Soos dit die hof behaag

Potch-studente wen skynverhore

’n Span derdejaarstudente van die Fakulteit Regte op die Potchefstroomkampus is 2015 se wenners van die NWU se skynverhore.

 

Dwayne Bisschoff, Jacques Hattingh, Elaine Pretorius en Julian Pretorius het hul regsvernuf getoon terwyl hulle tydens die finale rondte van die skynverhore wat op die Potchefstroomkampus gehou is, die “staat” in ’n aanrandingsaak verteenwoordig het.

 

Regter Frits van Oosten van die Gautengse Hoë Hof was voorsitter van die hofverrigtinge toe die span van Potchefstroom die span van die “verdediging” van die Vaaldriehoekkampus gepak het.

 

Die regter het ten gunste van die klaer beslis – ’n vrou wat na bewering deur haar man aangerand is. Die titel van NWU Juta se skynverhoor-wenner is hiermee aan die wenspan van Potchefstroom toegeken.

 

Die skynverhore was, soos in vorige jare, baie gewild. Sowat 250 studente het deelgeneem en spanne van al drie NWU-kampusse was betrokke.

 

Waarnemende regter, adv Matthew Klein, was aan die hoof van die halfeindrondte. Hy het aan feitlik alle regsforums in Suid-Afrika deelgeneem, insluitende die Konstitusionele Hof, Hoogste Hof van Appèl, hoë hof, kommissies van ondersoek en die parlement.



“Dit is die enigste kompetisie van hierdie aard in die land waar tweede- en derdejaar-regstudente teen mekaar meeding,” sê adv René Koraan, dosent in die Fakulteit Regte van die Potchefstroomkampus.Die Juta-skynverhoorkompetisie is aanvanklik deur René begin as ’n geleentheid vir tweede- en derdejaarstudente om broodnodige ervaring op te doen. “Die skynverhore het ’n positiewe uitwerking op studente. Dit help om hulle voor te berei op hul loopbane en leer hulle hoe om die reg in die praktyk toe te pas.

 

“Ons bedank almal, veral ons hardwerkende studente, kollegas en Juta, wat betrokke was om 2015 se skynverhore so suksesvol te maak,” sê René.

 

 

Die span van die Potchefstroomkampus het tydens die NWU Juta-skynverhore koning gekraai. Links is Jacques Hattingh en Dwayne Bisschoff, en regs Elaine Pretorius en Julian Pretorius, almal derdejaar-LLB-studente van die Fakulteit Regte in 2015. Saam met hulle, in die middel, is adv René Koraan, dosent in die Fakulteit Regte op die Potchefstroomkampus, en regter Frits van Oosten, wat die eindrondte van die kompetisie hanteer het

 

Prof Nicola Smit, uitvoerende dekaan van die Fakulteit Regte op die Potchefstroomkampus, sê hierdie tydsintensiewe inisiatief is ’n toonbeeld van die innovering en toewyding van die fakulteit se personeel, die entoesiasme van die regstudente, en – baie belangrik – ook die verbintenis om regsvaardighede by opleidingsgeleenthede van die NWU se regsonderrig te inkorporeer. “Ek is uiters trots op almal wat betrokke is,” sê sy.

 

Gedurende die skynverhore was regter Frits van Oosten die voorsitter van die hofverrigtinge.

NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto’s of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Juta het die NWU Juta-skynverhore geborg. Dit is die tweede jaar dat studente van al die kampusse van die NWU aan die kompetisie deelneem.

Voorblad

Digter Lesego Matheatau van die Potchefstroomse gemeenskap het aan die Spoken Word Festival wat die NWU-galery gereël het, deelgeneem. Die galery is deel van NWU-PUK Kunste op die Potchefstroomkampus.

Francois Lion-Cachet

Navigasie

>

Volgende artikel

Vorige artikel

Klank

video

meer inligting

Klik

deel

>

NWU & U  |