X

inhoud

Nuus

NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto’s of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Prof Nicholas Allen, institusionele direkteur vir internasionale skakeling, het die NWU se indieningsproses gelei. Hy sê die NWU is nou gereed om, saam met die ander sowat 150 instellings in die 701+ groep, die arena van die internasionale elite te betree.

NWU skitter onder

die wêreld se beste 3%

Die NWU kan met trots sy plek tussen die top 3% van hoëronderwysinstellings in die wêreld inneem.* Dit kan afgelei word uit die resultate van ’n spesiale oudit deur die internasionale Quacquarelli Symonds (QS) World University Rating System.

Die oudit het getoon dat die NWU nou onder die top 701+ universiteite val wat deur hulle geëvalueer is, en dit plaas ons tussen die wêreld se top 3%.

 

Die QS internasionale graderingstelsel is die vergelykingstelsel vir universiteite wat die algemeenste gebruik word. Hierdie graderings is die eerste keer in 2004 gepubliseer en klassifiseer sommige van die topuniversiteite ter wêreld aan die hand van ses sleutelprestasie-aanwysers.

 

Hierdie aanwysers sluit in akademiese reputasie, werkgewer-reputasie, sitasies per akademiese personeellid, persentasie van internasionale akademiese personeel en studente, en die personeel:studente-verhoudings. Vir baie hiervan is die NWU in die boonste 401+ geplaas.

 

NWU blink uit in lewenswetenskappe

 

Die gebiede waar die NWU die meeste sitasies toon, is hoofsaaklik in die lewenswetenskappe, met die sosiale wetenskappe en bestuursdissiplines kort op hulle hakke.

 

“Oor die algemeen is die NWU se posisie op 701+ geplaas, ’n goeie status wat ons deel met sowat 150 ander universiteite wat almal gereed is om die arena van die internasionale elite te betree,” sê prof Nicholas Allen, die institusionele direkteur vir internasionale skakeling, wat die NWU se indieningsproses gelei het.

 

NWU op die speelveld

 

Nicholas sê hoewel die gradering aan die hand van net ses kriteria nie spesifieke grade van uitnemendheid aandui nie, plaas die posisionering van die universiteit onder die boonste 701+ plekke die NWU onder die top 3% van alle instellings vir hoër onderrig ter wêreld.

 

“Ons is op die speelveld en kan nou ons oog beter vestig op die mediumtermyndoelwit om onder die top 500 universiteite te tel.”

Hy sê om dit te doen, moet die NWU sy oorkoepelende gehalte verder verbeter.

 

 “’n Driester-universiteit handhaaf tipies ’n betroubare vlak van navorsing en sy graduandi is aantreklik vir werkgewers.”Maak seker dat die NWU na die sterre reik

 

Nicholas glo dat die QS Stars Rating-metodologie, wat nie ses nie, maar elf stelle kriteria en 51 aanwysers gebruik, ’n baie meer objektiewe en selfondersoekende instrument is om ’n instelling se prestasie te kwantifiseer – een wat elke aspek van ’n universiteit se kernbesigheid kan meet.

 

“In 2012 het die NWU ’n oorkoepelende QS Stars Rating-telling van 455 gekry, wat aan ons ’n oorkoepelende driesterstatus gee, en bevestig dat die NWU nasionaal goeie erkenning geniet en begin het om internasionale erkenning te lok.”

 

’n Driester-universiteit handhaaf tipies ’n betroubare vlak van navorsing en sy graduandi is aantreklik vir werkgewers. Die NWU het ook ’n vierstergradering ontvang vir sy uitstekende geriewe en ’n indrukwekkende vyfstergradering vir sy innovering.

 

NWU-telling sal in 2016 styg

 

Nicholas sê dat alles daarop dui dat, in die lig van die universiteit se huidige rigting, die NWU in 2016 hierdie aanvanklike telling aansienlik sal verbeter.

“Die NWU kan maklik ’n totale telling van 550 of beter kry – wat ons posisioneer om ’n vierster-universiteit te word. Hierdie hoë status sal ons droom bevestig om ’n suksesvolle internasionale universiteit te wees wat uitnemendheid toon in ons navorsing en onderrig-leer en in die geriewe wat ons vir personeel en studente het.”

 

* Volgens die publikasie, World List of Universities and Other Institutions of Higher Education, is daar meer as 16 000 hoëronderwysinstellings in die wêreld, terwyl die International Handbook of Universities 2015 sowat 18 000 instellings lys.

 

 

Voorblad

Digter Lesego Matheatau van die Potchefstroomse gemeenskap het aan die Spoken Word Festival wat die NWU-galery gereël het, deelgeneem. Die galery is deel van NWU-PUK Kunste op die Potchefstroomkampus.

Francois Lion-Cachet

Navigasie

>

Volgende artikel

Vorige artikel

Klank

video

meer inligting

Klik

deel

>

NWU & U  |