X

inhoud

Redaksioneel

NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto’s of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Prof Dan Kgwadi

Boodskap van

die visekanselier

Ons staan nou op die drumpel van ʼn nuwe era by die NWU.

 

Dit wat aanleiding gegee het tot die aanbreek van hierdie nuwe era was die goedkeuring van ʼn nuwe strategie en struktuur vir die NWU deur die NWU-Raad tydens hul vergadering op 20 November 2015.

 

Dit was ʼn belangrike draaipunt in die geskiedenis van die universiteit en daar kan geen twyfel bestaan oor die betekenisvolheid daarvan nie.

 

Die proses tot dusver

 

Ek is trots om te kan sê dat die robuuste insette van al ons belanghebbers, insluitende formele alumni-strukture, ʼn belangrike rol gespeel het om by hierdie punt uit te kom. Dit is na alles ʼn universiteit – ʼn gemeenskap van wetenskaplikes. ʼn Mens kan nie verwag dat belangrike veranderings sal plaasvind sonder dat mense indringende vrae vra nie.

 

Uiteindelik is eenparige besluite geneem oor al die werklik belangrike kwessies. ʼn Mens sou dus kon sê dat die proses van formulering van ʼn nuwe strategie en struktuur ʼn klinkklare mosie van vertroue was in ons vermoë om agente van verandering te wees.

 

“Die NWU moet ʼn plek word waar ons almal kan groei in ʼn kreatiewe omgewing met diverse idees en benaderings.”Die pad vorentoe

 

In die komende maande sal die uitvoerende span en ek uitspel wat hierdie nuwe strategie en struktuur presies behels. Daar is egter nog heelwat sake wat bespreek moet word en waarop ooreen gekom moet word met betrekking tot die uitvoer en implementering daarvan. ʼn Strategie is nog nie ʼn bedryfsplan nie – dit sal volg.

 

Maar daar moenie enige misverstande wees oor die implikasies van die nuwe rigting wat ons inslaan nie. Dit kan nie "besigheid soos gewoonweg" wees nie.

 

Laat gemaksones agter

 

Om ʼn instansie van hoogstaande akademiese uitnemendheid en ʼn internasionaal erkende universiteit in Afrika wat bekend is vir sy wetenskapsbeoefening en voorpunt-navorsing te kan wees, bring mee dat ons uit ons gemaksones moet beweeg.

 

Ons moet met ou paradigmas en modelle breek en nuwes met die nodige geesdrif aanvaar. Die NWU moet ʼn plek word waar ons almal kan groei in ʼn kreatiewe omgewing met diverse idees en benaderings. Dit sal ons grootste uitdaging vir 2016 en die komende jare wees.

 

Ek weet dat ons op u ondersteuning kan reken wanneer ons die opwindende uitdagings aanpak wat op ons wag in 2016. Ons het immers dieselfde doel voor oë – ʼn groeiende en florerende NWU.

 

Met vriendelike groete,

Prof Dan Kgwadi

Visekanselier

 

 

Voorblad

Digter Lesego Matheatau van die Potchefstroomse gemeenskap het aan die Spoken Word Festival wat die NWU-galery gereël het, deelgeneem. Die galery is deel van NWU-PUK Kunste op die Potchefstroomkampus.

Francois Lion-Cachet

Navigasie

>

Volgende artikel

Vorige artikel

Klank

video

meer inligting

Klik

deel

>

NWU & U  |