X

inhoud

Nuus

Prof Thanyani Mariba, voorsitter van die NWU se Mediese Skool-komitee, sê die NWU is reeds ’n goed gevestigde navorsingsuniversiteit wat net verder bevorder kan word deur tegnologie te deel, gesondheidsuitkomste te bevorder en hulpbronne effektiewer en doeltreffender te gebruik. Hy glo dat dit veral in hierdie opsig is dat ’n mediese skool vir die universiteit voordelig kan wees.

Mediese skool dalk

op die horison vir die NWU

Suid-Afrika moet meer dokters oplei en dit lyk asof die NWU dalk in die toekoms hiermee sal kan help. Die NWU & U het met prof Thanyani Mariba, voorsitter van die NWU se Mediese Skool-komitee, oor die moontlikheid en voordele van ’n mediese skool vir die NWU gepraat.

Gerugte oor ’n mediese skool vir die NWU, moontlik in Potchefstroom, is al jare lank ’n bron van groot opgewondenheid.

 

Meer onlangs is die NWU se Mediese Skool-komitee aangestel om die voor- en nadele van so ’n skool te ondersoek. Hierdie baie bekwame komitee is reeds besig met onderhandelings met die regering en ander belangrike rolspelers om die droom van ’n mediese skool vir die NWU ’n werklikheid te maak.

 

Prof Thanyani Mariba, voormalige rektor van die Vaaldriehoekkampus, is die voorsitter van die komitee. Ander lede van die NWU sluit in prof Mashudu Davhana-Maselesele, rektor van die Mafikengkampus, prof Awie Kotze, dekaan van die Fakulteit Gesondheidswetenskappe op die Potchefstroomkampus, en mnr Hannes Malan-Scriber van die Institusionele Kantoor.

 

Dr Andrew Lekalalkala, die hoof van die Departement van Gesondheid van Noordwes, het die komitee in 2015 aangestel. Ander lede is van die Provinsiale Departement van Gesondheid, die Sefako Makgotho Gesondheidswetenskappe Universiteit, en Wits se mediese skool.

 

 “Nie die regering óf die universiteit kan die skool op hulle eie begin nie, omdat dit baie groot uitgawes behels.”Die regering is ’n belangrike rolspeler

 

“’n Mediese skool in Noordwes sal ongetwyfeld die lae dokter-pasiënt-verhoudings in hierdie provinsie en in Suid-Afrika verlig. Ons weet dat die stigting van ’n mediese skool ’n duur onderneming vir die NWU, die provinsie en die land is, maar opleiding buite Suid-Afrika, byvoorbeeld in Kuba, is nóg duurder,” sê Thanyani.

 

“Dit is die rede waarom ek nie die behoefte aan noue samewerking tussen die universiteit en die regering genoeg kan beklemtoon nie. Nie die regering óf die universiteit kan die skool op hulle eie begin nie, omdat dit baie groot uitgawes behels.”

 

Hy sê Noordwes se Departement van Gesondheid het reeds ’n komitee, naamlik die Noordwes Departement van Gesondheid se tersiêre-dienstekomitee. Hierdie komitee het ’n dokument gepubliseer wat daarop dui dat die provinsie daaraan moet werk om ’n mediese skool met tersiêre hospitale in Klerksdorp en Rustenburg te begin.

 

Hupstoot vir Noordwes

 

Thanyani sê ’n mediese skool wat aan die NWU verbonde is, sal broodnodige spesialiste en hul ondersteuningspanne na die provinsie lok. Dit sal dus ook werk skep en die ekonomie bevorder.

 

Die provinsie sal verder baat omdat dit dan ’n groter deel van die gesondheidsbegroting van die nasionale tesourie sal kan ontvang.

 

Groot voordele vir die NWU

 

Die universiteit het reeds ’n Fakulteit Gesondheidswetenskappe en die stigting van ’n mediese skool sal sorg dat van die duur navorsingstoerusting ten volle benut word.

 

Die navorsing en opleiding wat by die mediese skool gedoen sal word, sal ook lei tot publikasies in hoë-impak-vaktydskrifte, verhoogde status en toenemende befondsing van die regering ten opsigte van subsidies en studentegelde.

 

 

 

NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto’s of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

 

Twee opsies om van te kies

 

Die keuse van ’n kurrikulum sal groot hulpbron-implikasies ten opsigte van personeel en geriewe hê. Daar is basies twee soorte kurrikula wat vir die mediese skool oorweeg word: (Klik op die ikone.)

 

 

 

Aangesien dit ’n suiwer akademiese kurrikulumkwessie is, sal die NWU elkeen van hierdie programme moet ondersoek en besluit watter een om te aanvaar. Die besluit oor die kurrikulum sal ook die behoeftes van die skool en personeel beïnvloed.

 

Insette van Wits en Sefako Makgatho sal help om die besluit oor die kurrikulum te neem, aangesien albei groepe reeds lede van die provinsiale komitee is.

 

Voorblad

Digter Lesego Matheatau van die Potchefstroomse gemeenskap het aan die Spoken Word Festival wat die NWU-galery gereël het, deelgeneem. Die galery is deel van NWU-PUK Kunste op die Potchefstroomkampus.

Francois Lion-Cachet

Navigasie

>

Volgende artikel

Vorige artikel

Klank

video

meer inligting

Klik

deel

>

NWU & U  |